Скачать книгу

is om Hom te kan dien. As die gesindheid van jou hart nog nie reg is nie, moet jy die vlees kruisig en ’n volle oorgawe maak sodat die Heilige Gees absolute beheer oor jou lewe kan kry. Die Here kan ons harte reinig en van ons skoon kanale maak waardeur Hy kan werk. Geen vleeslike werke is vir Hom aanvaarbaar nie – slegs die vrug van die Heilige Gees in ’n oorgegewe lewe. Dan sal ons ook met vrymoedigheid voor die regterstoel van Christus kan verskyn. Die krone wat by die regterstoel aan oorwinnaars toegeken sal word, is:

       Die kroon van roem vir mense wat deur hul getuienis en prediking siele gewen het (vgl 1 Thess 2:19–20).

       Die onverwelklike kroon vir ’n heilige en diensbare lewenswandel (vgl1 Kor 9:24–27).

       Die kroon van die lewe vir Christen-martelaars en ander swaar beproefdes (Op 2:10; vgl Jak 1:12).

       Die kroon van heerlikheid vir getroue herders en opsieners oor die Here se kudde (1 Pet 5:2–4).

       Die kroon van geregtigheid vir ’n wederkomsgerigte lewe wat op die hemel ingestel is (vgl 2 Tim 4:8).

      Christus se amp as regter het ook verskeie ander implikasies. Ná sy wederkoms sal Hy die nasies oordeel:

      En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei.

      – Matthéüs 25:31–32

      Diegene uit alle nasies wat die groot verdrukking oorleef het, sal voor hierdie troon verskyn.

      Aan die einde van die vrederyk wanneer die tweede opstanding plaasvind, sal al die knieë van die verlorenes van alle eeue ook voor Jesus moet buig en sal hulle moet erken dat hy die Lam van God is wat deur hulle verwerp is (vgl Hand 17:31; Op 20:11–15). Dan sal die goddeloses die ewige straf tegemoet gaan en die regverdiges die ewige hemelse koninkryk beërf. ’n Ontmoeting met die Here Jesus kan deur geen mens op aarde ontwyk word nie. Óf jy ontmoet en aanvaar Hom nou as jou Verlosser, óf jy sal eendag voor Hom moet verskyn as jou Regter wat jou na die plek van ewige verdoemenis sal stuur. Die keuse is joune.

      Beskrywende name

      Daar is verder ook ’n groot aantal beskrywende name van die Here Jesus in die Bybel. Hierdeur word die klem op bepaalde aspekte van sy Persoon en werke geplaas, sodat ons Hom nóg beter kan ken, verstaan en liefhê. Die volgende is nie ’n volledige lys beskrywende name nie, maar slegs ’n aantal van die bekendstes.

      Lig van die wêreld

      Een van die mees sprekende simbole van die koninkryk van die hemele is dié van lig. God self bewoon ’n ontoeganklike lig wat deur geen mens aanskou kan word nie (1 Tim 6:16). In sy volmaakte heiligheid is Hy baie ver verhewe bo die sondige en verganklike orde van die gevalle mens op aarde.

      Jesus het as “die opgaande Lig uit die hoogte” (Luk 1:78) van die hemel af na ’n geestelik donker aarde neergedaal en ons op ons dwaalweë kom opsoek; daarom kon Hy sê: “Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê” (Joh 8:12).

      Brood en water van die lewe

      “Die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie” (Joh 6:33–35).

      Ons is nie net vir die weergeboorte van die Here Jesus afhanklik nie, maar ook vir die daaglikse versterking en opbouing van die nuwe lewe. Hy self wil vir ons dag na dag soos vars manna uit die hemel wees, sodat ons opgebou kan word in die allerheiligste geloof.

      Geestelike voedsel is om die wil te doen van ons Vader in die hemel. Die kennis van sy wil kry ons onder die leiding van die Heilige Gees in die Bybel. Soek daarna en word vervul met die kennis van sy wil.

      Rots en fondament

      Christus is die ewige rots wat vir ons geklief is. Sy gebroke liggaam het die stroom van God se genade na ons toe laat vloei. Hierdie rots is ook die enigste fondament waarop ons ons lewe kan bou (1 Kor 3:11). Dit gee aan ons vastigheid en onwankelbaarheid in die storms van die lewe wat oor ons mag toesak (Matt 7:24–27).

      Kan jy saam met die psalmis getuig dat die Here jou lewe van ondergang en vernietiging gered en ook op hierdie vaste rots geanker het? “Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak” (Ps 40:3).

      Die weg, die waarheid en die lewe

      Jesus is die enigste weg na die hemel, want niemand kan na die Vader kom behalwe deur Hom nie (Joh 14:6). Hy is die waarheid, sy Woord is die waarheid, en die Gees van die waarheid getuig van Hom. Hy is ook die opstanding en die lewe (Joh 11:25–26). Slegs deur Hom kan iemand wat dood is in sy sonde en misdade tot ’n nuwe lewe opgewek word (vgl Ef 5:14). Alle sondaars is die straf van die ewige dood skuldig (Rom 6:23). Net Jesus het hierdie doodstraf namens sondaars gedra, daarom kan net Hy aan hulle die ewige lewe skenk. Hy het gesterwe sodat ons kan lewe.

      Die ware wynstok

      “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder my kan julle niks doen nie” (Joh 15:5). Die wynstok word as simbool van die heiligste dinge gebruik: die sap van sy vrugte is tiperend van die bloed van Christus, terwyl sy stam en lote die volmaakte beeld van die verborgenheid van Goddelikheid is – Christus se vereniging met sy volgelinge.

      Die uitdrukking “in My” verwys na ons regverdigmaking en vereniging met Christus wanneer ons in die wynstok ingeënt word. Die uitdrukking “Ek in hom” verwys na ons dieper vereniging met Christus in heiligmaking, wanneer Hy ons hele lewe word. Die hoofdoel met heiligmaking is inderdaad Christus in al sy volheid.

      ’n Ander waarheid wat hier beklemtoon word, is gemeenskap met Christus: “Bly in My, soos Ek in julle” (vers 4). Ons moet ’n noue verhouding met Hom handhaaf – dit moenie ’n los en vas verhouding wees nie, maar ’n oomblik na oomblik afhanklikheid van Hom. Paulus sê: “Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom” (Kol 2:6). Om in Hom te bly, hang van ons gehoorsaamheid af: “As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly … en [sal] julle blydskap volkome kan word” (Joh 15:10–11).

      Heiligmaking

      Die Here Jesus is nie net ons verlossing nie, maar ook ons geregtigheid en heiligmaking (1 Kor 1:30). Israel is sedert die uittog uit Egipte al geleer dat hulle ná die Pasga vir ’n week lank die fees van die ongesuurde brode moes vier. Dis ’n tydperk van heiliging en selfondersoek. Paulus sê: “… ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid” (1 Kor 5:7–8).

      Ons moet onsself gereeld ondersoek om vas te stel of daar nie moontlik suurdeeg van sonde in ons lewe ingekom het nie. “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring” (2 Kor 7:1). Daar is geen ander lewe wat vir die Here aanvaarbaar is nie: “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking … Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ’n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het” (1 Thess 4:3, 8).

      Terwyl ons toeneem in kennis van ons Here en Saligmaker, moet ons ook in genade en heiligmaking toeneem. Gelykvormigheid aan sy beeld van heiligheid moet steeds ons groot ideaal wees, daarom moet daar geen skaduwees van sonde oor ons lewe val nie. Hoe kan ons seker maak dat sonde nie weer heerskappy oor ons lewe verkry nie? “Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal 5:16).

      Die wortel en geslag van Dawid

      Jesus Christus het gesê: “Ek is die wortel en die geslag van Dawid” (Op 22:16). Die “wortel” van Dawid bevestig Jesus se Godheid – Hy is die Here van Dawid! Deur die “geslag” van Dawid word sy

Скачать книгу