Аннотация

Ons is almal op ’n reis na die ewigheid. Die pad wat ons loop is besaai met versoekings. Om heilig te leef is ’n uitdaging. Dit kom nie maklik nie en dit gebeur nie vanself nie. Tog roep die Here alle gelowiges op tot heiligmaking. Hoe doen ’n mens dit? Deur die krag van die Heilige Gees is dit moontlik om gehoorsaam te wees aan hierdie opdrag en die wil van God te doen. Hierdie boek oor heiligmaking wys jou hoe. Dit bespreek al die verskillende aspekte van heiligheid sodat die gelowige toegerus kan word om dit uit te voer. Die Here wil jou heilig en toerus om ’n lewe van vervulling te lei.

Аннотация

Baie min mense weet wat die sewe feeste is waarvan daar in Levítikus 23 gepraat word. Ons weet van paasfees en pinkster, en ons het dalk al van die loofhuttefees gehoor. Maar wat is dit werklik en waarna verwys dit? In Die sewe feeste verduidelik Johan Malan wat hierdie sewe feeste is asook watter geweldige belang dit vir elke gelowige inhou. Die nuus wat dalk vir mense verbasend mag wees is dat hierdie sewe feeste nie net vir Israel belang inhou nie, maar vir elkeen van ons! Want hierdie sewe feeste hou verband met sewe profesieë waarvan vier reeds vervul is, onder meer toe Jesus Christus gesterf het en opgestaan het uit die dood. Dit hou dus verband met Jesus Christus en die verlossing wat Hy vir ons bewerkstellig het. Die Ou Testament bevat die profesie, en die Nuwe Testament die vervulling. Dis ’n boek wat elke Christen behoort te lees, want dit sal ’n verdieping in hul geloof meebring, ’n beter verstaan van iets wat so ’n prominente deel van ons geloof uitmaak. Dis ’n boek wat geen gelowige behoort mis te loop nie.

Аннотация

Jesus Christus en ons lewe in Hom is ’n sistematiese, evangeliese leerstelling oor die Persoon en werke van die Here Jesus. Die skrywer wil gelowiges help om aan die hand van beter kennis weerstand te bied teen die stygende vloedgolf van teologiese dwalinge oor wie Jesus Christus werklik is. Hy wil lesers ook help om die ware Christus van die Skrifte te ontmoet, as hulle Verlosser aan te neem, en ’n persoonlike verhouding met Hom op te bou.