Скачать книгу

nie, geen betaling is vir hom genoeg nie.

      Dink vir ’n oomblik terug aan daardie eerste liefde in jou lewe. Kan jy die vlinders in jou maag onthou? Of hoe jou hart skielik gebokspring het as jy daardie spesiale persoon tussen ’n skare mense gewaar het? Jy sou baie moeite doen om uit te vind waarvan daardie persoon hou en wat hy of sy verafsku, nie waar nie? Só sou jy immers kon verseker dat ’n glimlag op sy of haar gesig verskyn.

      Ons staan ook in ’n liefdesverhouding met God. Hy wil ons eerste liefde wees. Maar ken jy sy hart? Weet jy waarvan Hy hou en wat Hy verafsku? In Spreuke 6:16 skryf Salomo: “Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ’n afsku het …”

      Hier is die dinge wat God verafsku:

      Een: oë wat straal van hoogmoed

      Jakobus 4:6: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”

      Wees vir ’n oomblik eerlik met jouself. Vergelyk jy soms jou motor, jou huis, jou skoonheid of selfs jou intellek met jou buurman of -vrou of jou kollega by die werk s’n terwyl jy dan trots voel op jouself? Besef jy dat alles wat jy het, genade uit God se hand is?

      Twee: ’n tong wat lieg

      Psalm 34:13: “As iemand die lewe liefhet en ’n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.”

      Praat jy altyd die waarheid – selfs al kan dit jou benadeel? Onthou, ’n witleuentjie bly ’n leuen.

      Drie: hande wat met bloed bevlek is

      Eksodus 20:13: “Jy mag nie moord pleeg nie.”

      Pleeg jy karaktermoord deur skinderstories oor jou vyand te help versprei? Of kies jy om doelbewus ’n skinderstorie in iets positiefs en opbouends oor die persoon te verander?

      Vier: gedagtes wat met komplotte besig is

      Romeine 12:2: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

      Maak jy planne om wraak te neem teen jou vyand of vertrou jy dat God namens jou die oordeel sal vel?

      Vyf: voete wat net een koers ken, dié van die kwaad

      Psalm 119:105: “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.”

      Wandel jy in God se lig of is daar ’n paar “duistere stegies” waarin jy soms in die geheim gaan draai?

      Ses: ’n getuie wat lieg

      1 Petrus 3:10: “As iemand die lewe liefhet en ’n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.”

      Praat jy te alle tye en in elke situasie die waarheid?

      Sewe: iemand wat rusie tussen broers stook

      Hebreërs 12:14: “Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ’n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie.”

      Soek jy doelbewus na maniere om vrede in jou werkplek, jou huisgesin, jou huwelik of jou kerk te bevorder, of is jy die een wat eerste die foute raaksien en kritiek lewer?

      Onthou, God begeer ’n liefdesverhouding met jou. Wat doen jy vandag daaromtrent?

      Gebed

      Vader God, baie dankie dat ek U beter kan leer ken deur u Woord. Maak my bewus van tye wanneer hoogmoed in my hart kom, help my om ’n wag voor my mond te plaas en net die waarheid te praat en help my om altyd daarna te streef om u pad te volg terwyl ek in liefde teenoor die mense rondom my optree. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

      Besprekingsvrae

      1 In Spreuke 6:16 lees ons van die sewe dinge wat God haat. Hoe lyk jou lewe rondom hierdie sake? Is daar een aspek waaraan jy moet werk? Hoe doen jy dit?

      2 Lees Spreuke 6:1–5, 17:18, 22:26–27 en 27:13. Waarom is dit vir God belangrik dat ons nie vir ’n ander sal borgstaan nie? Wat moet jy doen as jy dit wel gedoen het?

      3 In Spreuke 6:6–9 en 26:15–16 word ons aangemoedig om na die mier te gaan kyk en by hom te leer. Waarom is dit belangrik om vooruit te beplan in ons lewens? Wat is die gevolge vir ’n lui mens? Wat moet ons houding teenoor sulke mense wees?

      4 Lees Spreuke 6:12–16. Wat is die gevolge vir iemand wat vir ander lieg en hulle bedrieg?

      5 In Spreuke 6:26–35 word ons teen die gevare van owerspel gewaarsku. Watter stappe doen jy in jou huwelik om lojaal teenoor jou lewensmaat te bly?

      6 Watter teksverse het vir jou in Hoofstuk 6 uitgestaan? Hoekom?

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RDqRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABBtIAAAEBAAMAAAABCasAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA0odpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzow OToyNCAxMjowMjowNAAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAEAAQAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMA BAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAD2QAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0A DEFkb2JlX0NNAAH/7gAOQWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMV ExMYEQwMDAwMDBEMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQO Dg4OFBEMDAwMDBERDAwMDAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQD ASIAAhEBAxEB/90ABAAH/8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEB AQAAAAAAAAABAAIDBAUGBwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYU kaGxQiMkFVLBYjM0coLRQwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5Sk hbSVxNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQAC EQMhMRIEQVFhcSITBTKBkRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2R

Скачать книгу