Аннотация

CNA-prys (1978), Louis Luyt-prys (1979), WA Hofmeyr-prys (1979), Winifred Holtby-prys (1981). Die swerfjare van Poppie Nongena het by verskyning in November 1978 die gemoed van die hele land beroer. Binne vier maande is dit drie keer herdruk. Dit is verskeie kere bekroon en Elsa Joubert word ook ‘n Fellow van die Society. Sedertdien is die roman vertaal in Frans, Spaans, Duits, Nederlands en Italiaans. In 1985 het ‘n Amerikaanse uitgawe verskyn. Hoë lof is van kritici ontvang. Audrey Blignault het die betekenis van die roman só saamgevat: 'n Aangrypende, onvergeetlike boek wat die sluier tussen die witmens en die swartmens in Suid-Afrika afruk." André P. Brink het dit in Rapport as die boek van die jaar in die Afrikaanse prosa uitgesonder: «'n Visioen van menslike gevangenskap… Ontstemmend en indrukwekkend… Verpligte literatuur vir elke mens wat oor hierdie land wil saampraat.» Oorsee het die gesaghebbende Sunday Times Literary Supplement ‘n entoesiastiese bespreking van die roman geplaas. En The Times se resensent skryf: «(The novel) unfolds with the inexorable force of a Greek tragedy.» As voorhoogstuk was Poppie eweneens suksesvol. Dit is in sowel Afrikaans as Engels landwyd opgevoer. In New York is dit eers in ‘n eksperimentele teater aangebied; daarna het dit as Off Broadway-opvoering die Obi-toekenning verwerf vir die beste dramateks. Dit is gekies vir die Edinburgh-toneelfees, en later ook in Londen opgevoer, waar Thuli Dumakude as Poppie die gesogte Olivier-prys verower het. Vervolgens is dit opgevoer in Australië, Kanada en Chicago. Die skrywer self sê oor dié suksesverhaal: «Die lewe van die werklike Poppie het my diep geraak, en my beklem. Hier was ‘n vrou, magteloos vasgevang in ‘n onmenslike sisteem, wat veg vir die bestaan van haar gesin. Deur die boek wou ek aan haar ‘n stem gee.»

Аннотация

Die jare 1894 tot 1994 is vir die Afrikaner ’n tydperk van grootse maar veral pynlike gebeure. ’n Gewone Suid-Afrikaanse familie beleef in hierdie roman die Anglo-Boereoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die 1914-Rebellie, 1918 se tragiese Groot Griep en 1938 se besielende Voortrekkereeufees, die Tweede Wêreldoorlog se gruwels, die 1948-verkiesing wat tot apartheid se hoogbloei lei, en die tagtigerjare se opstande. Belangwekkende historiese gebeure bly egter kil feite voor dit deur die individu deurleef word. Daarin lê die groot krag van hierdie meesterlike roman: Dit gebeur met mense – iedereen met sy persoonlike oortuiging en ideale – wat nie net op persoonlike vlak met andere bots nie maar ook vasgevang word in burgeroorloë en lotsbepalende besluite. Smutsmanne, apologete vir apartheid, liberale en oorlogshelde en bekende volksfigure soos die patriargale dominee en die oujongnooitante spreek tot die leser as onvergeetlike mense in eie reg. Wie en wat is die Afrikaner? En wat is verraad? Wie is “my mense”? Wanneer word die mens bloot vermink en wanneer is die stryd sinryk? Dit is die diepgaande vrae waaraan hierdie karakters dimensie verleen. As sodanig gooi die roman sy net so wyd dat dit ook aktuele werklikheid inhou vir meer as net die Afrikaner.

Аннотация

Celebrated author Elsa Joubert has been a traveller to foreign places all her life. With this memoir, completed in her 95th year, she explores the continent of old age. It is a searing, honest account of ageing, as she settles into a cosmopolitan Cape Town retirement home along with the Englishman across the passage, her Dutch friend Jo Struik, and the support of StomJapie. It also tells of the force of returning memories; of her sister's early death, rivalry with her brother, family holidays in Strand, and the delights of a garden. Interspersing acute insights with dark humour, this book is wise, courageous and deeply moving.

Аннотация

“Daar is ’n dun skilletjie om ons brein wat ons in die hede anker. Maar soos ’n mens oud word, kom daar skeurtjies in die skil, soos ’n ou laken skif. Dan stroom die verlede daardeur, ontydig of nie. Dis hoekom oumense deurmekaar raak, of hulle konsentrasie swak word, of hulle dinge soos sleutels verloor.” Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken in besondere detail en met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Selde, indien ooit, is daar al só eerlik, met so ’n totale afwesigheid van sentimentaliteit geskryf oor die oudwordproses. Dit is egter allermins ’n swaartillende leeservaring, want deernis en humor bly nooit agterweë nie. Spertyd is ’n boek wat geen leser onaangeraak sal laat nie – dit bied nie alleen helder insig in die skrywer se lewensbeskouing nie, maar nooi ten slotte elke leser uit om diep na te dink oor sy of haar eie bestaan.