Аннотация

"Chimera – ’n monster in jou kop. Wie luister? Hoor hoe hy jou gedagtes fop. Is dinge anders as wat jy kan onthou? Omdat die monster reeds aan jou memories kou? Voor die meester jou analyze, doen dit self en vat hom by surprise. Anders is jou dokter, soos myne, ook ene Fitzpatrick, en sit jy, nes ek, ook in Psychiatric!"– Skadujagter. 17 jarige Heibrandt bevind homself in 'n buitengewone skool, waar hy gedurig deur streng sekuriteit dopgehou word. In groepsterapiesessies word hy aangemoedig om sy lewensverhaal te vertel. Geleidelik ontvou die nagmerrieverhaal van hoe hy hier beland het – met 'n verband om die gat in sy kop. Hierdie sielkundige riller is 'n spanningsvolle reis waarin die grense tussen werklikheid en hallusinêre beelding getoets word terwyl ons die ontrafeling van Heibrandt se psige beleef.

Аннотация

Lehandi se matriekjaar begin slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereën het. Haar ma is verloof aan haar aartsvyand se pa en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. Is matriek nie veronderstel om die beste skooljaar van jou lewe te wees nie? Dis wat Lehandi gedink het, maar nou lyk dit asof dinge skielik uitbom! Want die nerdy Peyton het van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense, en dit krap haar hart deurmekaar. En alles verander handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in. In Ek en Prins Donkerkuif en Die Engelsman in my slaai – die vorige titels in hierdie gewilde trilogie – moes Lehandi haar tienerjare oorleef te midde van drama en uitdagings met bakleierige ouers, skool, vriendinne, ouens en wie weet wat nog . . . Maar dit lyk asof sy haar matriekjaar beslis met ’n bang gaan afsluit!

Аннотация

Lehandi trek dikbek saam met haar ma terug Vrystaat toe en moet al weer in ’n vreemde dorp aanpas. Haar pa en sy flooze verwag ’n nuwe baba en boonop is Drayke myle ver in Pretoria en besig om haar boodskappe te ignoreer. Dit lyk nie of die long-distance-relationship-ding vir haar gaan werk nie, al probeer sy hoe hard. Veral aangesien Garth Johnson – elke girl se droomou en elke onderwyser se nagmerrie – sy bes doen om dinge behoorlik om te krap. Wanneer Lehandi in sy seegroen oë kyk, weet sy net een ding: Hier kom mega-groot moeilikheid. In Ek en Prins Donkerkuif – die eerste titel in hierdie reeks – was Lehandi se graadtien-jaar vol struikelblokke en drama. Maar dit lyk beslis of die nuwe jaar nóg interessanter dinge gaan opdis.

Аннотация

Dis ’n nagmerrie om die nuwe girl in die skool te wees. Veral aangesien Lehandi se enigste pel ’n nerd met vlegsels en ’n vispatee-asem is. En dis gou duidelik dat haar droom om gewild te word sodat sy ’n boyfriend kan kry, soos in totally by die drein af is. Al wat haar lewe van verwoesting sal kan red is om Frans Bruwer, met sy breë skouers en donker hare, se hart te verower. Maar al staan Frans se naam in harte en krulle in haar huiswerkboek geskryf, kan sy nie help om te wonder hoekom Drayke Hunter, die creep met sy oe-ek’s-blerrie-oulik-houding, haar maar net nie wil uitlos nie.