Аннотация

In hierdie roman betree die leser weer saam met die eksentrieke Aga en Jesse (met wie ons in Die Neus kennis gemaak het) ’n vreemde wêreld, dié van die amper Amish-agtige sekte in die Oos-Vrystaat. Wanneer Jesse verneem dat die kleinseun van moeder Motle, hoof van die Susters en lewenslange vriendin van haar ouma, vermis en vermoedelik vermoor is, besluit sy en Aga om daar te gaan ondersoek instel. Hulle maak kennis met die groep nonne en die patriargale Volgelinge wat leef volgens die ouderwetse geskrifte van hul menslike Herder. En, soos mens kan verwag by hierdie skrywer se unieke, heerlike vorm van speurverhaal, is dit nie lank voor hulle ’n rits rare, fantastiese ervarings beleef nie. Hulle word weer eens bygestaan deur deur die rowwejack dude, Claude. Dié slag met die verdere hulp van sy nuwe vriendin, die wit sangoma Stasi Soldatos. Satiries, lig, vars

Аннотация

’n Verbeeldingryke speurroman of ’n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak. Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot. Die ontrafeling van die moord op Aga se ma, Rosalie Schwarzbraun, en op die olfaktoriese wetenskaplike Boas Birkenbaum, haar biologiese pa, geskied boonop met die hulp van Claude, die rowwejack mechanic-buurman wat nooit op sy mond geval is nie. Die intrige spin vinnig ‘n web wat selfs die Chinese Mafia insluit en beweeg van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria. Ongewoon en boeiend. ‘n Vaardige skrywer met ‘n goeie oog, ‘n heerlike sin vir humor en fyn taalhantering. Die karakters is interessant en die storie is verleidelik.– Hettie Scholtz ’n Vars bries tussen die hedendaagse misdaadverhale en rillers. Hier is ’n uitstekende storieverteller aan die woord. Dis ’n “annerlike” roman wat in menige opsig ’n leesplesier is en ten spyte van sy ligte aanslag nie sonder diepte is nie, versteek soos dit mag lyk.– Linda RodeDit is die soort boek wat lesers gaan boei vanweë ’n hele spektrum van kleurvolle karakters en ’n interessante intrige. Die vertelstyl is lewendig, oorspronklik en veral onderhoudend.– Louise Viljoen

Аннотация

Die verteller, Maud, sien van kleinsaf dinge wat nie daar is nie. Bedags word sy bloots gery deur «lukrake visioene en snags deur ingewikkelde drome». Wat sy gedeeltelik in hierdie roman verhaal, is niks meer as een van hierdie drome nie, maar sy vertel ook van werklike dinge in haar lewe: moederskap, liefdesverhoudings, periodieke werkloosheid.