Аннотация

Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal. Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ’n krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld ’n kluis in ’n winkeltrollie sleep. Willemien is vasbeslote om dit oor ’n afgrond te boender. Voor hul eindbestemming het die langpad se strepe Willemien soos ’n ritssluiter oopgetrek. Dit smaak haar daar is ’n heelal op haar tong. Vir eens moes sy haar sprokieskarakter opgee om haar ware self te wees én te wys. Sy het dekades laas haar lyf bewoon. Haar suster moes hoor van die verlede. Van hul aardige ouers wat banger was vir oorgewig as ’n grondeis. ’n Ma wat paniekaanvalle oor suiwel en selluliet gekry het en ’n pa wat geen imperfeksie by sy vrou of dogters geduld het nie. Kilogram vir kilogram wou Willemien bieg en haarself dun praat. Die tong het immers mag oor lewe en dood. Dié is ook die storie van Pa. Húlle pa. ’n Lagslimme Afrikaanse Al Capone, wie se innoverende sakeondernemings hom soms gedwing het om sy kantoor van agter tralies te bedryf. In Palm Springs dra Pa se lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle die dollarboer en sy trigger-happy brigade dophou. Van Kaapstad na San Francisco en ’n dwelmdieet in Sri Lanka – met ontvoerings, partytjies, ’n seksles in Hongkong se hawe en ’n onvermydelike ontmoeting met ’n onbekende man – tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons soekende, spirituele wesens maak.

Аннотация

Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart. Hierdie boek is bekroon met die M.E.R.-Prys vir Jeuglektuur, die Jan Rabie / Rapport-Prys en die M-Net-Prys (kort-formaat).

Аннотация

She is Helena Bosman, from a tiny little town lost in the vast expanses of the Northern Cape, but Grandpa and Grandma call her Vaselinetjie. She is their little angel from the veldt, the beginning and the end of their world. But when Vaselinetjie is ten years old, two officials from Welfare step in and she is sent away to a boarding school in Gauteng.It’s a strange, hard, dangerous world where no one bothers about anyone else, and where you too learn not to give a damn. But as the months turn into years, one name crops up again and again: Texan Kirby. And that name does strange things to Vaselinetjie’s heart.