Аннотация

Sommer van die begin af gebeur snaakse dinge op die plaas Arep, in die Klein Karasberge, waar ses jongmense vir die herfsvakansie kamp. Uschi von Kritzner, ’n Duitse meisie, gaan met behulp van haar e-posvriend, Wessel de Lange, na Namibië om na die graf van haar oupagrootjie, wat in die Duits-Nama oorlog op Arep gesneuwel het, te soek. Jurgen, die plaaseienaar se seun, het sy hande vol om almal tevrede te hou, en Lukas, Namakleinseun van oorlede Frik Visioen wat vir jare op die plaas gewerk het, is besig om almal vir die gek te hou – of dra hy ’n lastige geheim met hom saam? Toe die Arep eindelik sy geheime prysgee, is dit veel anders as waarop hulle gereken het.

Аннотация

Nina Joubert verloor haar pos in die SAPD en sit boonop met die nadraai van ’n mislukte verhouding wat sy moet verwerk. Toe sy ’n pos as polisie-informant in Zambië aangebied word, huiwer sy g’n oomblik om dit te aanvaar nie. Op Nyati Lodge word daar klaarblyklik onwettig gesmokkel met die swartwang-parkiet, ’n uiters bedreigde spesie wat slegs in die gebied van die Victoriavalle voorkom. Gunther Becker, die eienaar van die lodge, is die vernaamste verdagte. Die enigste probleem is dat Nina van die man hóú – en baie ook. Tussen haar eintlike missie en haar verraderlike hart word Nina so amper in twee geskeur.