Аннотация

What does a pretty Afrikaans wife in the 1950s do when the walls start closing in? When her husband is an embittered Ben Schoeman-supporter who struggles with an asthma pump, and her father sees communists and Catholics behind every bush. When the only relief is the annual ATKV concert in Hartenbos? And – especially – when her salt-of-the-earth neighbours are suddenly forced to pack up and move away? Jeanne Goosen tells the story of how Doris van Greunen tries to break out of her world: with her job as an usherette at the bioscope, with her Cavallas, with friends like Aunt Mavis and Uncle Tank – and with Barnie, the swank. Through the eyes of a child – Doris’s daughter, Gertie – the story explores the universal yearning for love and romance.

Аннотация

Wat het ’n mooi Afrikanervrou in die 1950’s gedoen as die lewe begin druk? As haar man ’n verbitterde Ben Schoeman-man is wat moet aansukkel met ’n asmapompie en haar pa ’n kommunis en Katoliek agter elke bos raaksien? As die enigste afleiding die jaarlikse ATKV-konsert op Hartenbos is? Veral as haar doodgoeie bure skielik aangesê word om te trek? Deur die oë van ‘n kind vertel Jeanne Goosen hoe Doris van Greunen van dié wêreld probeer ontsnap: in die bioskoop, met haar Cavallas, met vriende soos Ant Mavis, Uncle Tank – en met Barnie, die swank. Bekroon met die M-Net Boekprys, die CNA-prys en die Rapportprys.

Аннотация

Die rand val en Damnville se honde is op No Name Brand. Solly Kramer’s lewer nie meer af nie en die gholfbolposbus is vol rekenings. Mabeline Beeslaer is geretrench en soek vergetelheid in 'n Loslyf op die stoep. Mignon, die Wôterkloofpoedel, word deur die noodlot in Frik du Preezstraat uitgespoeg en word deel van die bestaanstryd van betaaldag tot betaaldag. Maar dan kom Tango du Toit met sy wit suit en laat die mense weer van voor af droom en hoop. 'n Pawpaw vir my darling is rou, polities inkorrek en skreeusnaaks. Dis bowenal 'n warm, menslike roman vol patos.

Аннотация

Oplaas weer ’n kortverhaalbundel (van sowat vyftien verhale) deur die veelsydige en bekroonde skrywer, Jeanne Goosen. Plante kan praat beskryf opnuut die gryse voorstedelikheid van Parow in verhale soos «Spokie Snygans maak sy buiging» en «Lemoenboom», maar tegelykertyd roep Goosen ook ’n ander wêreld op: waar dooie siele met mekaar kommunikeer, waar Lubbert Das tuinier word vir ’n hertogin, en plante – nes woorde en musiek – uiteindelik al balsem vir die droefheid en ontgogeling van ons bestaan is