Аннотация

Granate bloei in Jerusalem: Marc, 'n jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd. Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy groot besluite neem: Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef – al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle 'n toekoms saam? En wie is Yeshua? Hatikvah: Land van hoop: Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebore kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoë na kinders rondom hom. Maar 'n tragiese gebeurtenis bring onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah en lei tot huwelikspanning. Sal Rivkah hoop vir die toekoms vind?

Аннотация

Ou vriende keer terug Israel toe: Henok kry 'n aangename verrassing wanneer sy vrou Sarah laat weet dat sy wil kom kuier. Waar Marc hom weer in die Hadassah-hospitaal vind, gee hy opnuut sy seuntjie in God se hande. Maar hy voel verskeurd tussen sy familie in Israel en sy bekommernis oor sy ma in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is. Hierdie boek is die tiende titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se topverkoper- Israel-reeks. Marzanne toer steeds een keer per jaar, in samewerking met die tydskrif Lééf, na Israel. Met haar in-diepte kennis skryf sy die Joodse wêreld vir haar lesers oop.

Аннотация

Twee maande nadat Rivkah na die Filippyne vertrek het, word sy deur die hospitaal ontslaan. Die Krige-huishouding het skaars weer na normaal teruggekeer toe drie Israeli-tieners ontvoer word en 'n paar regses meen Jode het ook die reg om wraak te neem. Dan wanneer die Tzuk Eitan-grondoffensief afgekondig word, word Marc saam met 40 000 ander reserviste na die Gasa-grens gestuur. Ná 'n baie moeilike jaar sien beide Rivkah en Marc uiteindelik uit na hul “geskenkweek” in Parys, waarheen Marc vir 'n simposium genooi word. Maar selfs in hierdie betowerende stad, met sy kunstenaars en keisteenstrate, kan Marc en Rivkah nie van die terreuraanvalle ontsnap nie en kort voor lank is hulle in lewensgevaar…

Аннотация

Die nou al bekende Krige-gesin uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks maak weer hul verskyning in hierdie sewende boek in die reeks. Hoewel Marc en Rivkah in die vorige boek verlig was dat hul jongste veilig uit ’n baie gevaarlike operasie gekom het nadat daar ’n gewas op sy brein gevind is, is hy nog lank nie buite gevaar nie. Natan moet weer vir ’n breinskandering gaan. Spanning loop uiteraard hoog in die Krige-huishouding. Veral omdat Natan die afgelope tyd weer bleek en lusteloos was. Ná ’n ongeluk op die Beit-Shemesh-pad bevind Rivkah haar in ’n ambulans saam met Aviel, die man met wie sy ’n seksuele verhouding gehad het in Tahiti . . . Sal sy haar skuldgevoelens en verlange na hom te bowe kan kom? Marc kry ’n horlosie as geskenk van sy grootmoeder Ruwth en Ofer Doron merk dat Ruwth nie heeltemal haarself is nie.

Аннотация

Dis die somer van 2006 in Jerusalem en die tweede Libanese oorlog breek uit. Marc, Rivkah en hul babaseuntjie word in die gewelddadige gebeure rondom hulle vasgevang. Wanneer die oorlog in intensiteit toeneem, word dit duidelik dat Marc, gevoelige kunstenaar wat hy is, beslis opgeroep gaan word. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is, terwyl sy brand om as paramedikus haar deel tot die land se verdediging by te dra. Dit is iets wat Marc ten sterkste afkeur. Terselfdertyd maak hulle kennis met Henok en Sarah Kambungu, twee Suid-Afrikaners wat hulle op hul eerste besoek aan Israel midde-in ’n oorlog bevind. Henok dra ná dertig jaar nog swaar aan sy donker herinnerings van die Kassinga-slagting gedurende die grensoorlog in Namibië. En terwyl die oorlog rondom hom woed, kom rabbi Chaim Cohen, Marc se skoonpa, voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan. Hoe gaan hy bekend maak dat Yeshua wel die Joodse Messias is, en wat gaan die gevolge van dié belydenis wees? Shomer Yisra’el is die derde roman in die gewilde Israel-reeks.

Аннотация

Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks word weer in hul geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande. Marc word weer opgeroep, hierdie keer vir militêre diens in Gasa. Skadu’s van Suid-Afrika se eie gewelddadige samelewing val ook oor Marc wanneer sy ma ’n slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word. Wanneer hy terug in Stellenbosch is, sien hy weer sy jeugliefde, Nicola. Boonop maak Henok Kambungu ’n verrassende ontdekking wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, Sarah. Skokkende herinnerings van ou Zvi, ’n Holocaust-oorlewende, laat die leser algaande besef waarom die Israeli’s so verbete vasklou aan hul beloofde land.

Аннотация

Dit is Augustus 2011 in Jerusalem. Marc verlaat die Ou Stad vir sy verpligte jaarlikse reserwediens van een maand in die Negev, terwyl die kinders somerskoolvakansie hou in Bat Yam, naby Tel Aviv by die see. Dis dan wanneer Rikvah die nuus van die skietaanval hoor. Geweld en terreur is steeds deel van die normale gang van lewe in Israel. Tog probeer Marc dit by die seuns tuisbring dat geweld nie ’n oplossing is nie, terwyl hy self worstel om die grusame ervarings van oorlog te verwerk. Dan kontak Gadi Marc en nooi hom uit om hom in Parys te besoek. Dis daar wat Marc gekonfronteer word met herinneringe van sy eerste liefde, sy pa wat gay was, en die verlokkinge van die wêreld . . . Klein Natan word siek en hy moet hom huis toe haas. Ten spyte van al sy vrese plaas Marc sy vertroue inHaShem, die Een wat Adonai is, die Koning van die Heelal, wat doen wat reg is in sy oë. Kavod Adonai, die vrese van die Here, is die sesde titel in Marzanne-Leroux Van der Boon se gewilde Israel-reeks. Lesers sal hul opnuut verdiep in die lief en leed van Marc Krige en sy gesin.

Аннотация

Ruud, 'n gewone Suid-Afrikaner, kind van 'n bruin vrou en 'n Nederlandse diplomaat, keer ná dekades terug om sy verlede na te speur en verslaggewing te doen. In die spitstyd voor 1994 word die enigmatiese maar ruimhartige Anne, wat woon in die gerestoureerde kothuisie waarin hy self lank gelede (as Roedie) saam met sy grootouers gewoon het, sy skakel met hede en verlede in Suid-Afrika.

Аннотация

Marc, 'n uitgeweke jong Suid-Afrikaner, bevind hom in Nederland. Hier leer ken hy Anneliese met haar borrelende, argelose instelling teenoor seks, maar ook vir Jurgen, wat 'n donker las dra uit sy vroeëre verhouding met sy gestorwe vriend Tako. Marc en Jurgen se reis deur die papawervelde vavn Engeland, hul wedersydse bewuswording van aangetrokkenheid en terselfdertyd die groeiende besef van onafweerbare onheil, betrek die leser emosioneel en maak die karakters onvergeetlik.

Аннотация

Hierdie bundel is ’n versameling uit die keur van Marzanne Leroux-Van der Boon se essays wat die afgelope agt jaar in Lééf met hart en siel verskyn het. Haar vertellings is kort sketse oor die lewe wat handel oor al dié dinge wat ons lewens inkleur, soms met sagte pastelle, en soms met harder hale. Dit vertel van die weerloosheid van die mens, maar ook van hoop en vertroue. Dit beskryf die uitdagings wat die lewe ons bied, maar ook die vertroosting van die Here se liefde en genade wanneer ons dit die nodigste het. Dit teken die afwagting en onsekerheid van reis en verhuis, die kommer en chaos van siekte en dood, maar ook die teenwoordigheid en die voorsiening van die Een wat ons hartseer laat bedaar en ons soms ’n dubbelporsie van sy goedheid gee, sodat ons blymoedig van blydskap kan dans.