Аннотация

In Hanlie Retief se gereelde onderhoude in Rapport oorreed sy doodgewone én beroemde mense om hulle harte behoorlik oop te maak en hul geheime met lesers te deel. Anderkant uit is 'n versameling van onderhoude met dié mense wat trauma en teenspoed beleef het – van verslawing, misdaad en siekte tot verlies – en daarin geslaag het om weer op te staan. Die onderhoude word opgevolg deur 'n kort bespreking oor die impak van trauma op dié mense se lewens deur die sielkundige Louis Awerbuck en Lise Swart, aanbieders van die radioprogram Wie is ek? Op RSG. Ons kan nie kies wat met ons gebeur nie, maar – soos hierdie aangrypende onderhoude wonderlik illustreer – kan ons wel kies hoe ons reageer op die onverwagte wat na ons kant toe kom.

Аннотация

Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief.  Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad. Aangrypend, eerlik en vol humor: Dit is die lewe van Anton Goosen. ’n Lewe teen die stroom op.