Аннотация

Liora word groot op 'n volstruisplaas in Algerië. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, 'n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums. Maar onrus bou op in Algerië, en eindelik word sy en haar familie gedwing om landuit te vlug. Ná jare in Parys kom Liora in die Klein-Karoo aan, op soek na haar oom Moshe. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer, nes in haar jeug, lê daar 'n grens voor haar wat sy moet oor.

Аннотация

Hierdie is die tweede roman in die drieluik wat Jan van Tonder beoog oor die jong man Sagie en sy lewe van onskuld en halfverstaan. Dit hervat Sagie se verhaal vier jaar nadat hul bure die De Wets met hul dogter Ansie vertrek het uit die Ladismith-distrik in die Klein-Karoo. Sagie boer steeds saam met sy pa, Barend, maar wanneer hy ook al ’n tydjie kan afstaan, bou Sagie aan Ansie se huis: hy glo dat Ansie sal terugkeer sodra daar rook uit die skoorsteen trek … Sagie se kinderlike geloof en onrealistiese verwagting kwel Barend al hoe meer. Hy weet sy hart is nie meer sterk nie en sy kommer oor die dag dat hy nie meer daar sal wees om sy seun teen die werklikheid te beskerm nie vreet aan hom.
Is weer Sagie is ’n aangrypende, deerniswekkende leeservaring oor Sagie se groei na volwassewording. Die trefkrag van die verhaal lê in die fyn en onderbeklemtoonde uitbeelding van emosies in hierdie wêreld van eenvoud en onskuld. Soos die eerste roman oor Sagie is hierdie weer eens ’n diep-menslike verhaal wat tot baie lesers sal spreek.

Аннотация

Hierdie gesins- en inisiasieroman speel af in ’n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is jong Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasie-prosesse in ’n grootmenswêreld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom. Timus is deel van ’n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa se beheptheid met die kerk ontstellende gevolge het. As jongste in die gesin is hy toegespin in sy eie droomwêreld en ook agter by sy portuurs oor die soet en duister dinge van die lewe. Hy het ’n sterk verbeelding en sy weergawe van insidente verleen ’n magies-realistiese gevoel aan die gebeure in die roman.

Аннотация

A translation of the Afrikaans novel Roepman, done by Elsa Silke. Both funny and terrible, magical and grimly realistic, this is a coming of age novel about a young boy living in a railway settlement in Durban in the mid-sixties. Its narrator, thirteen-year-old Timus, is part of a large family who struggles to make ends meet, and where the father’s obsession with the church has distressing consequences. As youngest member of the family, he is cocooned in his own world and lags behind his peer group when it comes to the sweet and dark things in life. Although the life he observes around him is often sad and disturbing, the narration is suffused with a sense of wonder and has an emotional resonance that touches the reader’s heart. From reviews of the Afrikaans edition: “Roepman is a great South African novel.” – David Williams on Litnet“an absorbing reading experience . . . it entertains and shocks” – Willie Burger in Beeld“enjoyable and disturbing . . . a bittersweet reading experience” – Philip John in Die Burger“Van Tonder is a master of subtlety and suggestion” – Joan Hambidge in Die Volksblad

Аннотация

’n Gewone uitgawe vir boekwinkels. Hierdie is ’n heruitgawe van ’n boek wat in 1987 verskyn het en die jaar daarna as die naaswenner in die ATKV-prosaprys aangewys is. Jan van Tonder, skrywer van die gewilde roman Roepman verken ook in Is Sagie die wêreld van onskuld. ’n Verhaal wat in die Klein-Karoo afspeel – op die oog af eenvoudig, maar diep-menslik, ’n verhaal wat elke leser se hart sal raak. Die jong man Sagie boer saam met sy pa op ’n plasie in die Dwarsriviervallei en is skaars bewus van die dinge waaroor die meeste ander mense hulle normaalweg bekommer, hy leef gewoon soos sy oë sien en sy lyf voel. Sy vriendskap met Ansie, die dogter van die nuwe bure, laat hom die wonder van die liefde ervaar. Maar wanneer die werklikheid dit verbreek, het hy geen verweer nie.