Скачать книгу

miskien jok respondente bloot omdat hulle nie anorgasmies wil wees nie.

      Baie vroue wat nié anorgasmies is nie kry in elk geval net 50-70% van die tyd ’n orgasme. En vroue met kinders trek aan die kortste ent: In ’n Britse studie (2010) is bevind vroue sonder kinders kry die meeste orgasmes (41%), teenoor net 12% van vroue met een kind. (Minder seks om mee te begin of net te moeg?)

      Daar is drie soorte anorgasme:

      1. Primêre orgasmiese disfunksie – die vrou het nog nooit op enige manier ’n orgasme gehad nie.

      2. Situasiegebonde (situational) orgasmiese disfunksie – die vrou het al ’n orgasme gehad deur byvoorbeeld masturbasie of stimulasie deur haar maat, maar nie tydens seks nie. In een studie (1996) is bevind vroue se kans om “byna altyd” of “altyd” ’n orgasme te kry is beter wanneer hulle enkellopend is as in ’n verhouding.

      3. Sekondêre orgasmiese disfunksie – het gereeld ’n orgasme gehad, maar toe droog dit skielik op.

      Weer eens is die oorsaak dieselfde fisieke of sielkundige probleme. In 90% van gevalle is dit blykbaar sielkundig. Weer eens performance anxiety, verhoudingsprobleme met jou maat, of jou siening van seks, hoe jy grootgemaak is.

      (“Siesa, moenie daar vat nie!”)

      As dit vir jou ’n probleem is, tel die telefoon op: “Hallo, kan ek ’n afspraak by dr. Woelmuis kry? Nee, dis privaat …”

      6. Vaginismus

      Nóg ’n groot probleem vir sommige vroue (en hul mans, natuurlik, veral hul mans). Navorsingsresultate verskil hemelsbreed: Van 5% tot 47% van vroue sukkel glo hiermee.

      Wêreldwyd het dermiljoene mense iewers elke sekonde van die dag heerlike, begeerlike seks – en hulle het geen benul hoe júlle voel nie …

      Dis wanneer die spiere in die vagina in só ’n mate (onwillekeurig) saamtrek of in ’n spasma gaan dat penetrasie pynlik of heeltemal onmoontlik is. Dis juis die vrees vir pyn wat dit pynlik maak. Die gevolg is geen seks nie, soms jare lank.

      Daar is vier grade van vaginismus, van nie so erg nie tot baie erg. Maar dis behandelbaar, emosioneel en ook fisiek, deesdae nogal met ’n soort Botox (botulientoksien).

      ◊◊◊

      Soos jy sou agtergekom het, het die woord “antidepressant” al ’n paar keer hier voorgekom. Dit saai in die algemeen amok in jul sekslewe.

      Sogenaamde SSRI’s (selective serotonin reuptake inhibitors) vat jou libido én jou orgasme weg. Dit kan mans ook laat sukkel. SSRI’s word onder meer ook voorgeskryf vir angstoestande, persoonlikheidsteurnisse, slaaploosheid. Ook vir premature ejakulasie, want SSRI’s vertraag die proses.

      Weer eens: ’n Afspraak met jou dokter, hoe gouer hoe beter.

      Mite 12: Grootte maak nie saak nie

      Ja, en ja-nee …

      As hy dit nog nie vir jou gesê het nie, mag jy dit nou maar weet: Daar is een ding wat ’n man die een of ander tyd in sy adolessensie gedoen het. Hy het sy skoolliniaal uitgehaal en sy penis gemeet. Êrens tussen klein en groot het ’n man al gewonder of syne nie te klein is nie. Dit kan lei tot ’n gróót onsekerheid. (Die één ding wat jy nooit moet doen wanneer jy ’n man se penis die eerste keer sien nie: Moenie lag nie.)

      ’n Man se perspektief op sy penis is gewoonlik van bo af (voëlperspektief?), wat dit kleiner kan laat lyk as wat dit werklik is, te meer as sy maag êrens in die pad is.

      In 2002 het Hollandse uroloë vroue gevra hoe belangrik is die grootte van hul maat se penis. Vir 20% was die lengte “belangrik” en vir net 1% “baie belangrik”. Vir 55% was lengte “onbelangrik” en vir 22% “totaal onbelangrik”. Vir 21% was dikte “belangrik” en vir net 2% was dit “baie belangrik”.

      Dit blyk dat dikte in die algemeen belangriker is as lengte. ’n Studie in 2001 het dit reeds bevestig: Vir 90% van vroue (hoewel dit ’n klein groepie van net 50 vroue was) was dikte bepalend vir seksuele genot, terwyl mans gewoonlik dink “lank” is gelyk aan “groot”.

      Dis natuurlik nie.

      Dis in elk geval net die eerste derde van jou vagina, skaars 3 cm, wat die gevoeligste is vir genot. Met enigiets meer kan jy streng gesproke nie veel doen nie. Boonop rek of krimp die elastiese wande van die vagina met behulp van die pelviese spiere sodat feitlik enige grootte penis sal “pas”.

      In ’n internetstudie (2006) waaraan meer as 52 000 mense deelgeneem het, is bevind 85% van vroue was tevrede met die grootte van hul man se penis, maar net 55% van die mans self was tevrede daarmee. (Net 0,2% van die mans het gewens hulle s’n was kleiner.)

      Hoe meet jy ’n penis?

      Jy laat die man regop staan, mét ’n ereksie, parallel met die vloer. Dan meet jy aan die bokant, van die basis van sy penis tot by die punt. (Hy moenie sit of lê of so nie.) Die dikte meet jy deur die gemiddelde te kry van drie metings: om die basis, om die middel, en net agter die glans (kop).

      Sommige navorsers meet dit deur die penis in die slap posisie uit te rek tot waar dit begin seermaak.

      En dis nie ’n goeie voorstel om ’n man self te laat meet en terug te rapporteer nie, het navorsers agtergekom. Hy las gewoonlik ’n sentimetertjie of wat by. Daarom is internetstudies van dié aard enigsins onbetroubaar.

      Hou ook die temperatuur in gedagte wanneer jy meet. Koue het ’n effek – noem dit die krimpvarkie-effek.

      ’n Penis is gemiddeld 12,9 cm lank, volgens die Amerikaanse vaktydskrif The Journal of Urology (1996). Die navorsers het ook opgemerk dat die lengte van ’n slap penis geen aanduiding is van wat kan gebeur as dit styf word nie. ’n Kleiner penis in die slap posisie raak dikwels net so groot soos ’n groter een in die stywe posisie, indien nie groter nie. (Dis hoekom jy nie moet lag nie, jy kan op jou neus kyk. Die Johannesburgse seksuoloog Elna McIntosh praat van showers en growers, “want wat jy sien, is nie noodwendig wat jy gaan kry nie”.)

      Volgens die International Journal of Impotence Research (2000) is die gemiddelde lengte 13,6 cm, terwyl ’n studie deur ’n Amerikaanse kondoomvervaardiger (2001) getoon het dis 14,9 cm, met ’n afwyking van 2,1 cm alkante toe. Nóg ander waarnemers sê die gemiddelde lengte is tussen 13,9 en 15,7 cm.

      In 2007 het navorsers gekyk na 12 soortgelyke studies in verskillende lande en besluit die gemiddelde lengte is tussen 14 en 16 cm en klaar, hou op stres.

      In ’n Italiaanse studie (2001) is vasgestel ’n man se penis hou op met groei op 17 jaar, of moontlik vroeër. En dis so lank soos daardie penis gaan bly vir die res van die man se lewe. (Dieselfde geld jou klitoris.)

      Wat van omvang/dikte?

      In die 2007-studie is ook bevind die dikte van ’n man se penis is tussen 12 en 13 cm, met ’n gemiddelde van 12,3 cm. Navorsers aan die Kinsey-instituut het dieselfde bevind: 12,2 cm. Die kondoomvervaardiger se studie het ’n gemiddelde omvang van 12,6 cm getoon, met ’n standaardafwyking van 1,3 cm alkante toe.

      Kortom (of lankom): In verhouding tot liggaamsmassa is ’n man se penis in elk geval gemiddeld die grootste in die diereryk. Grote gorillas is baie klein, en kleine sjimpansees baie groot.

      Die langste penis wat amptelik aangeteken is, was in 1940 deur ene dr. Robert Latou Dickinson (dit was inderdaad sy van, no pun). Daardie penis was 34,3 cm lank en 15,9 cm in omtrek. Dis langer as ’n liniaal en dikker as die meeste stoelpote! (Daar is ook syfers beskikbaar uit studies oor die lengte van ’n man se penis wanneer dit slap is, maar wat gaan dít hom nou help?)

      Ja, en ja-nee …

      Mite 13: As jy wil weet hoe groot ’n man se penis is, kyk hoe groot sy skoene of voete is

      Dis soos om te kyk hoe groot ’n vrou se mond is … Dit werk nie so nie.

      Twee Londense uroloë het weliswaar hierdie mite getoets (2002) en te lig bevind: Geen statistiese korrelasie nie, ou Grootvoet.

      Lang

Скачать книгу