Аннотация

Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van 'n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.

Аннотация

Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer raaisels soos ’n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie ’n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op ’n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde wêreld van kuberkrakers. Hy moet ’n gewelddadige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, maar hoekom lyk dit of die rekenaarskelms hom heeltyd een stap voor is? Hierdie is miskien sy gevaarlikste saak nóg.
’n Opwindende speurreeks vir beginnerlesers! Die eenvoudige woordeskat, lewendige illustrasies en spannende intriges sorg dat Kwaaikofski se avonture gewild bly.

Аннотация

Een van die beroemde Sirkus Zampano se jongleurs roep Kwaaikofski se hulp in. Pedro se suster, Vanessa, is die ster van die vertoning, maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en die sirkusbaas ruik lont. Kwaaikofski sal gou moet uitvind wie besig is met skelmstreke in die sirkustent, voordat Vanessa dalk in gevaar is. ’n Opwindende speurreeks vir beginnerlesers! Die eenvoudige woordeskat, lewendige illustrasies en spannende intriges sorg dat Kwaaikofski se avonture gewild bly.

Аннотация

Kwaaikofski is g’n amateur nie – hy verkies om agter die skerms te werk. Maar in sy nuutste ondersoek beland hy in die kollig op die verhoog! Drie akteurs met hoofrolle in die skoolopvoering het onder vreemde omstandighede bedank . . . En net die mees talentvolle speurder in die dorp sal nou die skoolfees kan red!
’n Opwindende speurreeks vir beginnerlesers! Die eenvoudige woordeskat, lewendige illustrasies en spannende intriges sorg dat Kwaaikofski se avonture gewild bly.

Аннотация

Bloot ’n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om ’n nuwe saak op te los. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na ’n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in ’n baie gevaarlike situasie. Alleen en verdwaal in ’n doolhof van donker tonnels, kry die speurder uiteindelik snuf in die neus.

Аннотация

Olga is ontroosbaar: haar luukse motor is beskadig! Kwaaikofski kom gou agter daar is meer as een motor met krapmerke op. Die leidrade neem hom na die karwassery in Kerkstraat. Maar die eienaar en sy skropborsels en skoonmaakmiddels is dalk baie gevaarliker as wat hy lyk . . .

Аннотация

Kwaaikofski het kompetisie: ’n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself “Koning” en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie – hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. ’n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is!

Аннотация

Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter ’n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit ’n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net ’n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in.
Die Speurder Kwaaikofski speurreeks is deur een van Duitsland se mees gleiefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Honde, hoede en hande is die sesde storie in die Afrikaanse reeks.
Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n avontuurlike stokperdjie: hy’s ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!
Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 6 tot 10).

Аннотация

Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangslenter. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n wêreldklas speurder te word.
Die Speurder Kwaaikofski-speurreeks is deur een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Die slinkse slangslenter is die vyfde storie in die Afrikaanse reeks.
Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n avontuurlike stokperdjie: hy’s ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!
Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 6 tot 10)

Аннотация

Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig – hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee – en nou lyk hy soos ’n blou paaseier. Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . . Die Speurder Kwaaikofski speurreeks is deur een van Duitsland se mees gliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Die aand van die blou kaalkoppe is die vierde storie in die Afrikaanse reeks. Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n avontuurlike stokperdjie: hy’s ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 7 tot 10).