Скачать книгу

ElohayDie HERE my GodSagaria 14:5YHWH ElohekaDie HERE jou GodEksodus 20:2YHWH EloheenuDie HERE ons GodDeuteronomium 6:3YHWH ElohimGod die SkepperGenesis 2:4-25YHWH ElyonDie AllerhoogstePsalm 7:17YHWH GmolahDie Een wat vergeldJeremia 51:56YHWH GaolDie HERE jou VerlosserJesaja 44:24YHWH HosenuDie HERE ons SkepperPsalm 95:6YHWH JirehGod sal voorsienGenesis 22:8-14YHWH MekkaddishkemDie HERE wat julle heiligLevitikus 20:8YHWH MakkehDie HERE wat strafEsegiël 7:9YHWH NissiDie HERE my BanierEksodus 17:15YHWH RohiDie HERE my HerderPsalm 23:1YHWH RaphaDie HERE wat gesond maakEksodus 15:26YHWH SabaotDie HERE van die Leërskare1 Samuel 1:3YHWH ShalomDie HERE gee rus; God is vredeRigters 6:24YHWH ShammahDie HERE is daar; die Oorvloedige; die ewig teenwoordige EenEsegiël 48:35YHWH ShammalGod is met myPsalm 23:4YHWH TsidkenuDie HERE verskaf reg aan onsDie HERE ons geregtigheidJeremia 23:6; 33:16

      (Hierdie lys Name is geneem uit die boek Verander jou wêreld deur gebed geskryf deur Bennie Mostert.)

      Wat beteken hierdie Naam vir my in my alledaagse lewe?

      Hierdie Een wat onafhanklik bestaan, is van die begin af, toe tyd nog nie bestaan het nie, en sal tot in alle ewigheid wees: EK IS wat jy My op hierdie oomblik nodig het om vir jou te wees.

      Elke oomblik van elke dag van jou lewe is Hy daar vir jou, bereikbaar, beskikbaar en kragtig om te red, om raad te gee, om eenvoudig bý jou te wees. Onthou wat Hy vir Moses gesê het:

      Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.

      – Eksodus 4:12

      Dit is wat Hy vir Moses gesê het, maar dit is ook wie Hy is, dit is sy karakter – Hy is dáár om diegene by te staan wat Hom aanroep.

      En onthou, nie EK WAS of EK SAL WEES nie, maar EK IS, op hierdie oomblik, en hierdie een, en hierdie een …

      Hoe om te bid oor die Naam YHWH

      Vra Hom om jou, deur die krag van sy Gees, te help om die hele dag lank van Hom bewus te lewe. Praat dan deur die dag met Hom oor die dinge waarmee jy besig is. Onthou om Hom te onthou. Onthou dan ook om te onthou dat Hy tot alles in staat is en dat Hy waarlik elke oomblik vir jou IS wie jy Hom nodig het om vir jou te wees.

      In Jesaja 11 staan die volgende oor Yeshua die Messias geskryf:

      En op Hom sal die Gees [Ruach] van die HERE [YHWH] rus, die Gees [Ruach] van wysheid en verstand, die Gees [Ruach] van raad en sterkte, die Gees [Ruach] van kennis en van die vrees van die HERE [YHWH].

      – Jesaja 11:2

      Bid elke dag dat hierdie “Gees van YHWH” ook oor jou en in jou vaardig word. Bid dat Hy waarlik die Asem van jou lewe sal word. Dat Hy Homself adem oor alles waarmee jy besig is, in al jou verhoudings en veral in jou binneste.

      Leer om te leef met HalleluYAH op jou lippe. Dit maak nie saak waarmee jy besig is of wat teen jou te staan kom nie, Hy is altyd groter en magtiger en het die oorwinning reeds behaal, ook die oorwinning oor jou onvermoë. Erken Hom. Gee alles in totale vertroue oor aan Hom terwyl jy jou oë op Hom hou en nie skrik vir enigiets nie.

      En sing daaroor jou eie HalleluYAH.

      YHWH! Ek wil saam met Paulus uitroep dat niemand u diepte, u wysheid en u kennis kan peil nie! U is die Enigste wat groter as die lewe self is. U plan en u pad wat na u doel lei, u oordele is waaragtig onnaspeurlik. Omdat U alles ís en alles kán, is daar niemand wat vir U raad gee nie. Ja, uit U en deur U en tot U is alle dinge.

       In die Naam van Yeshua bid ek, stroop my van elke flenter grootheidswaan en eiegeregtigheid. Plant in my ’n dieper saad van nederigheid as wat aan my bekend is. Ja, Vader, ek wil in diep nederigheid en absolute afhanklikheid laag voor U buig en erken dat U God is! Mag ek met elke asemteug bely dat U IS WIE U IS.

       Ek kies om U lief te hê met my hele hart, my hele verstand en al my kragte.

       HalleluYAH ! Amen.

      El Olam

      Die ewige Almagtige

      Daar is woorde wat ons lukraak gebruik soos dit het “toevallig” of “per ongeluk” gebeur. Of jy hoor mense verwys na hulle “lot” of “lotsbestemming”, asof daar ’n eksterne mag is wat nie noodwendig vriendelik is nie. Ander klink of hulle klaar boedel oorgegee het wanneer hulle sê: “Wat help dit om te kla?” of: “Môre is nog ’n dag.” Ek onthou sowaar mense wat in die ou dae uitgeroep het: “Gode sy dank!” Vandag wonder ek na watter gode hulle verwys het.

      Teenoor al hierdie uitsprake staan El Olam.

      Stel jou ’n almagtige Skepper voor wat groter is as tyd – wat nie eens deur tyd begrens word nie. Hierdie Skepper het selfs “tyd” in al sy betekenisse geskép. Voordat daar enigiets was, het Hy die einde van alles geken. Hoewel die mens besluite neem en reaksies het wat teen sy plan ingaan, kan Hy steeds tussenbeide tree om sy doel te bereik – sodat alles aan sy wil sal antwoord.

      El Olam ís die mens se lot – in die sin van eindbestemming. Niks gebeur per ongeluk nie, maar volgens die beplanning van El Olam.

      “Toevallig” is eintlik “toe val die Lig”.

      Gebruik van die Naam El Olam in die Woord

      Hoewel daar tientalle plekke in die Skrif is waar daar verwys word na die ewige kwaliteite van die almagtige El, asook na beloftes wat vir ewig bly staan, word die kombinasie El Olam waarlik net een maal gebruik en dit is in Genesis 21:33:

      En hy het ’n tamarisk in Berséba geplant en daardie Naam van die HERE [YHWH], die ewige God [El Olam], aangeroep.

      Die feit dat hierdie Naam so min in die Skrif voorkom, beteken nie dit is onbelangrik nie. Inteendeel, die begrip van ewigheid ten opsigte van YHWH Elohim, wat uitdrukking kry in die Naam El Olam, is sekerlik een van die belangrikste waarhede oor Hom wat ons moet snap om altyd te onthou.

      Kyk hoe eggo die belangrikheid van die feit dat Hy die ewige God is uit die volgende psalmvers:

      Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid [olam] tot ewigheid [olam] is U God [El].

      – Psalm 90:2

      Lees ook Psalm 93:1-2.

      Dit is egter belangrik om behoorlik te kyk na die gebeure wat opgeskryf staan in Genesis 21, waar Abraham die Naam El Olam gebruik.

      Abram het stabiliteit geken toe hy in Ur gebly het. Hy het eiendom besit en op een plek met sy vrou en familie gebly. Toe kom die opdrag om te trek en niks in Abram se lewe was daarna meer stabiel nie. Hy het ’n nomadiese bestaan gevoer terwyl hy weer en weer moes trek. Die enigste grond wat hy na sy vertrek uit Ur besit het, was die spelonk van Magpela wat hy bekom het omdat hy Sara wou begrawe.

      Let op dat die hele tyd dat Abram bly verskuif, daar ook geen vaste verbintenisse is wat hy aangaan met die mense om hom nie. Melgisedek, die koning van Salem, wat ’n priester van God die Allerhoogste was, seën Abraham, maar niemand anders erken hom as mens, as vriend, as ’n betroubare persoon of vir enige ander deug nie.

      En intussen leef hy met hierdie groot beloftes van die almagtige YHWH Elohim:

      En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

      – Genesis 12:2-3

      En die HERE [YHWH] sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde

Скачать книгу