Скачать книгу

dat Basson net altyd petrol op sy pa se vuur gegooi het, al het sy pa wat ook al probeer. □

      8.Hy dwing Basson om sy begrafnis by te woon, want hy is bang dat sy eie seun nie sal opdaag vir die begrafnis nie. □

      9.Basson erf al die aandele in sy pa se besigheid. □

      10.As hy nie daarin slaag om binne vyf dae in die Kaap te kom nie, sal hy slegs 49 % van die beherende aandeel in die maatskappy kry en nie meer 51 % soos voorheen nie. □

      11.Sy pa gee vir hom ’n volledige lys opdragte wat hy moet uitvoer by elk van die dorpe waar hy moet aangaan voor hy in die Kaap aankom. □

      12.Sy pa sê op die DVD dat hy sy karsleutels moet weggee aan iemand anders wat dit meer nodig het as hy. □

      13.Die DVD is deur ’n professionele videograaf verfilm. □

      14.Basson se pa sê aan hom dat hy en Basson se Ma weer slow-danceen bedoel daarmee dat hy en sy weer bymekaar is. □

      15.Basson senior se laaste woorde aan sy seun is: “Ek is lief vir jou, my seun.” □

      16.Basson senior het gehuil terwyl hy op die DVD met sy seun praat. □

      17.André is ’n prokureur. □

      18.Binne-in die koevert wat André vir Basson gee, is daar net ’n naam en adres. □

      19.Basson is so kwaad vir sy pa dat hy van die bekers op die tafel stukkend gooi. □

      20.Net voordat Basson by die kantoor uitloop, maak hy die kompas oop en binne-in staan: VIND JOU WARE NOORD. □

      Verwikkeling

      Die verwikkeling beteken dat vele dinge nou gebeur as gevolg van die aksie wat aan die gang gesit is. Ons kry meer inligting oor dit waaraan ons in die eksposisie bekend gestel is.

      In hierdie verhaal bestaan die verwikkeling uit drie fases:

      •Ons leer Basson ’n bietjie beter ken.

      •Amory kom in die prentjie.

      •Hein maak weer sy verskyning.

      Fase 1

      Leestoets: Hoofstuk 9–22

      Eerste Addisionele Taal en Huistaal

      Vul die ontbrekende woorde in om jou kennis van die storielyn in hoofstuk 9−22 te toets en vas te lê.

      In hoofstuk 9−11 stel Basson vir ________ in kennis dat hy die uitdaging aanvaar. Nou begin die reis. Vir Basson is dit bloot ’n taak wat so vinnig moontlik ­­­­­­­­­­­­­­­­_____________ moet word. Hy wil Vecto Petroleum besit en daarom moet hy doen wat sy pa sê. Van ’n innerlike reis (soos wat sy pa dit voorsien het) is daar in hierdie stadium nie sprake nie. Sy eerste opdrag is om ’n man met die naam Thomas __________ te soek in die informele nedersetting naby die pragtige dorpie __________ in die Oos-Vrystaat. Hy soek lank totdat hy ’n klein seuntjie, ________, wat aan hom ’n draadblom probeer verkoop, vra om hom te beduie waar Thomas bly. Toe Thomas besef wie hy is, word hy hartlik ontvang en toe vertel Thomas hom dat hy saam met Basson senior in ___________ studeer het en dat Basson se pa hom gevra het om vir hom ’n paar ___________ (vellies) te maak. Hy oorhandig ’n koevert aan Basson wat ontstellende nuus bevat: sy pa versoek hom om sy kar se _________ aan Thomas te oorhandig in ruil vir die geskenk van die skoene. Sy pa probeer hom hierdeur leer dat _______ nie alles in die lewe is nie en beslis nie die enigste manier om suksesvol te wees nie. Hoewel hy duidelik bitter ontsteld is hieroor, doen hy dit tog. Wanneer hy daar wegloop met die R50 se ____________ in sy broeksak, besef hy die eerste keer tog dat hy iets gedoen het wat ’n _______________ in ’n ander mens se lewe kan maak. (10)

      Fase 2

      In hoofstuk 12−15 loop hy in die pad af en probeer homself motiveer deur net aan sy _____ %-aandeel in die maatskappy te dink. Skielik trap hy in ____________ en verruil noodgedwonge sy duur ontwerperskoene vir die __________ wat heerlik loop, al wil hy dit nie erken nie. Dan sien hy die ou, klein Ford ___________ raak, maar net toe hy homself daarin begin tuis maak, roep ’n vrouestem na hom en toe hy omkyk, sien hy sy hou ’n _________ op hom gerig. Sy is mooi en hy begin dadelik met haar flankeer. Sy hou ’n _______________ na hom toe uit sodat hy die pap band kan omruil. Sy noem hom Verdwaalde Besigheidsman en verwys na haarself as ___________. Dit lyk asof hulle dieselfde siening oor verhoudings het en hy neem aan sy sal hom ’n geleentheid gee om saam met haar te ry, maar hy staan verstom toe sy ná hul gesprek ________ met sy tas. Vervolgens stap hy ____ kilometer tot by die eerste dorpie, waar hy haar kar by die __________ sien staan. Hy blaas haar kar se _____ af om haar terug te kry omdat sy hom in die stof gelos het. Hy stap na die Budget Car Hire toe, maar nie een van sy ________________ werk nie. Hy bel vir André, wat verduidelik sy pa wou hê hy moet by die ______________ ’n brief gaan haal (daarom het hy die silwer ___________ gekry). Die aanwysing is dat hy nie te _________ moet wees om vir iemand ’n _________ te vra nie. Hiermee wil sy pa hom weer daaraan herinner dat hy moet leer geld kan nie alles koop nie. Hy steek sy trots in sy sak en gaan vra vir Kettiemeisie ’n saamrygeleentheid ___________ toe. Toe sy huiwer, maak hy die voorstel dat hulle net daar ’n ______________________ moet hou wat sal bepaal of hy mag saamry of nie. Hy wen ________ en terwyl hy skiet, vra hy haar uit na haar motivering om Kaap toe te gaan. Sy antwoord net dit is die ____ na haar hart. Sy stel haarself voor as Amory en die twee vertrek saam Kaap toe. (20)

      Fase 3

      In hoofstuk 16−22 kom ______, die antagonis, in die prentjie. Hy ry met sy ____________ na Vecto Petroleum se kantore. Daar is skielik ’n dreigende toon in die film. Intussen ry Basson en Amory na die __________________ dam. Sy bestuur en hy raak al rustiger, namate die mooi ______ ’n kalmerende invoed op hom het. Tog is hy geskok wanneer hy agterkom dat sy besluit het om net daar by die dam te oornag. Hy is gewoond aan weelderige verblyf, maar sy gaan doodgewoon aan om af te pak en die ______ op te slaan. Later, om die _____________, is die atmosfeer gemoedelik. Hy sien hoedat sy twee _____ sluk, maar steur hom nie daaraan nie. Sy sit met ’n lysie op haar skoot, wat sy verduidelik haar __________________________ is (bucket list) en sien hoe sy die eerste item daarop, Help ’n vreemdeling, _________________ en hy besef dit is omdat sy hom gehelp het. Die ______________ wat hy in die vuur gebraai het, steek per ongeluk sy broekspyp aan die brand en Amory gooi ’n bottel ________ oor hom om die vuur te blus. Hy vertel later aan haar een van die items op sy emmerskoplysie is dat hy graag in Meksiko wil __________ drink, asook dat hy ’n vrees vir _____ het. Amory slaap op die ______________ van haar Anglia, terwyl Basson binne-in die kar probeer slaap. Hulle flankeer liggies met mekaar en hy hou van die uitdaging om haar te probeer verlief maak op hom, omdat sy ________ as ander meisies is. Die volgende dag word hy wakker van haar wat op die _____ staan en die nuwe dag vier met ’n bottel ______________ in die hand. Hy sien die pragtige natuur en sy merk nog iets op haar lysie af wanneer daar ’n ster verskiet: Maak ’n ___________.

      Intussen is Hein aggressief op pad om ____________ te kom neem. André, weer, moet die ontstelde werkers kalmeer nadat Basson se plan om die ____________ deur masjiene te vervang na die ________ uitgelek het. Hoewel gefassineer deur Amory se andersheid en haar positiewe __________ van die lewe, dink Basson tog sy is ’n bietjie naïef omdat sy nog nie, soos hy, deur die lewe ontnugter is nie. Sy _______________ word pap. Amory merk op ’n mens moenie altyd op ________________ steun nie en haal haar padkaart weer uit. (24)

      Ontwikkeling

      Die volgende ontwikkelingsfases in die verhaal is nou die gedeeltes waar die spanning oplaai; soos dit in Engels beskryf word, the plot thickens. Dat daar interessante belewenisse voorlê vir Basson en Amory word gou duidelik, want Basson senior wil hê sy seun moet ’n hele paar lewenslesse leer alvorens hy die besigheid mag bestuur. Die konflik met Hein dreig ook al meer.

      Fase 1

      In hoofstuk 23−30 kom hulle op sy oom se plaas (Basie se plasie) aan. Ondanks die haelgeweer waarmee tannie Magriet hulle eers

Скачать книгу