Скачать книгу

is plooitjies om sy oë. Waardig, reëlmatig.

      “Maar ons moet die ergste aanvaar?”

      “Ja, meneer. Ons moet die ergste aanvaar.” Sy sien daar is nie paniek nie. Net rustigheid.

      “I … I have the disk.”

      “Wonderful. Now we have just one more problem, Monica.”

      “What?”

      “You’re in Cape Town, and I’m not.”

      “I’ll bring it to you.”

      “You will?” ’n Lag. Gedemp.

      “Yes. Just tell me where.”

      “I will, my dear, but I want you to know – I can’t wait forever.”

      “I understand.”

      “I don’t think so. You have seventy-two hours, Monica. And it is a long way.”

      “Where must I take it?”

      “Are you very sure about this?”

      “Yes.”

      Weer ’n stilte wat rek.

      “Meet me in the Republican Hotel, Monica. In the foyer. In seventy-two hours.”

      “The Republican Hotel?”

      “In Lusaka, Monica. Zambia.”

      Sy trek haar asem hoorbaar in.

      “Have you got that?”

      “Yes.”

      “Don’t be late, Monica. And don’t be stupid. He is not a young man, you know. Old men die easily.”

      En dan is die lyn dood.

      Die direkteur knik. “Dit is nie al nie.” Hy weet.

      “Ja, meneer.”

      Klik weer. Die geluid van ’n telefoon wat geskakel word. Dit lui.

      “Ja?”

      “Kan ek met Tiny praat?”

      “Wie praat nou?”

      “Monica.”

      “Hou aan.” Gedemp, asof iemand ’n hand oor die gehoorstuk hou.

      “Een van Tiny se girlfriends wat hom soek.”

      Dan, ’n nuwe stem. “Wie praat?”

      “Monica.”

      “Tiny werk nie meer hier nie. Al amper twee jaar.”

      “Waar is hy nou?”

      “Jy kan Mother City Motorrad probeer. In die stad.”’

      “Dankie.”

      “Tiny?” vra die direkteur.

      “Ons kon nog nie vasstel nie, meneer. Daar is niks op die prioriteitslys nie. Die nommer wat sy geskakel het, is dié van ’n Orlando Arendse. Ook onbekend. Maar ons volg dit op.”

      “Daar’s nog.”

      Janina knik, kry die programmatuur weer aan die gang.

      “Motorrad.”

      “Kan ek met Tiny praat, asseblief?”

      “Tiny?”

      “Ja. “

      “Ek dink jy het die verkeerde nommer.”

      “Tiny Mpayipheli?”

      “O, Tobela. Hy’s al huis toe.”

      “Ek moet hom dringend in die hande kry.”

      “Hou aan.” Papiere wat ritsel, ’n gedempte swets.

      “Hier’s ’n nommer. Jy moet maar probeer. 555-7970.”

      “Baie dankie.” Maar die lyn is al dood.

      Nuwe oproep.

      “Hallo.”

      “Kan ek met Tiny Mpayipheli praat, asseblief.”

      “Tiny?”

      “Tobela?”

      “Hy is nog nie by die huis nie.”

      “Wanneer verwag u hom?”

      “Wie praat nou?”

      “My naam is Monica Kleintjes. Ek … hy ken my pa.”

      “Tobela is gewoonlik teen kwart voor ses by die huis.”

      “Ek moet dringend met hom praat. Kan u asseblief vir my sê wat die adres daar is? Ek moet hom kom sien.”

      “Ons is in Guguletu. Govan Mbekilaan 21.”

      “Baie dankie.”

      “Daar is ’n span wat haar agtervolg en ’n span na Guguletu, meneer. Die huis behoort aan ’n mevrou Miriam Nzululwazi en ek vermoed dit was haar stem. Ons sal uitvind wat die verhouding tussen haar en Mpayipheli is.”

      “Tobela Mpayipheli, ook bekend as Tiny. En wat gaan jy nou doen, Janina?”

      “Die agtervolgingspan het gerapporteer dat sy op pad is lughawe se kant toe. Dit kan ook wees dat sy Guguletu toe gaan. Ons gaan haar inbring, meneer die direkteur, sodra ons seker is.”

      Hy vou sy klein handjies op die lessenaar se blink blad. “Hoe goed ken jy die werke van Worsie Visser, Janina?”

      “Nie te goed nie, meneer.”

      “Ken jy die uitdrukking ‘gee die hond wind’?”

      “Ja, meneer.”

      “Ek wil hê jy moet so bietjie terugsit.”

      “Goed, meneer.”

      “Laat ons kyk hoe dinge ontvou.”

      Sy knik.

      “En ek dink jy moet vir Mazibuko bel.”

      “Meneer?”

      “Kry die RU op ’n vliegtuig. ’n Vinnige een.”

      “Meneer … ek het die ding onder beheer.”

      “Ek weet. En ek het absolute vertroue in jou, Janina. Maar as ’n mens ’n Rolls Royce koop, moet jy dit die een of ander tyd vir ’n toetsrit neem. Kyk of dit al die geld werd is.”

      “Meneer, die Reaksie-eenheid …”

      Hy hou sy klein, fyn hand in die lug. “Al doen hulle niks, Janina. Ek dink Mazibuko het soms nodig om ’n bietjie uit te kom. En ’n mens weet nooit.”

      “Ja, meneer.”

      “Ons weet waarheen sy en die data wil gaan, Janina. Die eindpunt is bekend. Dit skep ’n veilige toetsomgewing. ’n Beheerbare situasie.”

      “Ja, meneer.”

      “Hulle kan …” Die direkteur kyk na sy vlekvryestaal-polshorlosie. “… binne honderd-en-veertig minute hier wees.”

      “Ek maak so, meneer.”

      “En ek neem aan die Opskamer gaan ook aangeskakel word?”

      “Dit was volgende op my agenda.”

      “Jy is in beheer, Janina. Ek wil net op die hoogte gehou word, maar jy moet weet ek laat dit volkome in jou hande.”

      “Dit is goed, meneer.” Sy word getoets. Sy en haar span én Mazibuko en die RU. Sy sien al lank uit hierna.

      3

      Die seun staan nie op die straathoek nie en daar kom ’n onrustigheid oor Tobela Mpayipheli.

      Dan sien hy die huurmotor voor Miriam se huis. Nie ’n minibus nie – ’n sedan,

Скачать книгу