Скачать книгу

die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).1.Noem twee ander kenmerke van volksverhale in hierdie verhaal.2.Waarom word “Leeu”, en “Boerbok” met hoofletters gespel? Skryf net die regte antwoord neer: Hulle is die belangrikste karakters in hierdie verhaal / dit word hulle name want daar staan nie “die” vooraan nie.3.Wat is Renoster se “ete en sy drinke”?4.Verduidelik in een sin wat beteken: “Ai, maar mooi is nie die woord nie!”5.Wat beteken “glad” in die volgende sin: “Padda woon glad poedelkaal in die water.” Skryf net die regte antwoord neer: heeltemal / glibberig.6.Hierdie verhaal leer vir ons ’n lewensles / leer nie vir ons ’n lewensles nie. Skryf in twee sinne hoekom jy so sê.7.As jy nee antwoord op vraag 6, beteken dit dan dit is nie ’n volksverhaal nie? Hoekom sê jy so?8.Watter persoon het hierdie verhaal vertel? Hoekom sê jy so?

      Sê nou maar die volgende diere was nie by Leeu se party nie. Probeer in vyf sinne vertel wat Leeu vir een van hulle sou gegee het: kat, muskiet, vlieg.

kort_hd_fmt.jpg

      Kenmerke van kortverhale

      Karakters in ’n kortverhaal

      ’n Kortverhaalhet gewoonlik een hoofkarakter; die ander karakters word bykarakters genoem. Omdat ’n kortverhaal juis kort is, is daar nie altyd karakterontwikkeling (character development) by ’n hoofkarakter nie. Partykeer ervaar ’n karakter konflik (conflict) oor iets of iemand en dan kan daar ontwikkeling of verandering by die karakter wees. Karakters kan op meer as een manier aan die leser bekendgestel word:

       Die karakter(s) word direk beskryf (voorkoms, ens.).

       Die karakter(s) se optrede (handelinge) word beskryf.

       Wat die ander karakters sê en dink, m.a.w. hul dialoog en gedagtegang kan beskryf word.

       ’n Karakter se naam kan die karakter beskryf.

      Verteller

      In kortverhale kan die hoofkarakter ook dikwels as die ek-verteller optree. Die meeste kortverhale word in die derde persoon geskryf.

      Die tema (motief of kernidee)

      ’n Kortverhaal het gewoonlik net een motief of kerngedagte. Vra jouself die vraag: Waaroor gaan dit in hierdie verhaal?

      Intrige

      Die intrige is die patroon van gebeure in ’n verhaal. Dit kan kortliks soos volg voorgestel word:

       Die probleem of uiteensetting: Dit bepaal die hoofkarakter se probleem en dinge wat tot die gebeure aanleiding gee.

       Konflik: Dit is 'n gebeurtenis wat die hoofkarakter in ’n stryd met homself of met ’n ander karakter bring, en oploop na die hoogtepunt (climax).

       Ontknoping (unravelling of the plot): Die einde van die verhaal, en ’n gemotiveerde oplossing.

      Tyd

      Tyd is die verloop van gebeure. Dit is die tydperk waarin die verhaal afspeel, byvoorbeeld een dag, twee maande, ensovoorts. Die tyd van ’n kortverhaal hou ook gewoonlik verband met die tema en die ruimte.

      Ruimte, agtergrond

      Dit is die fisiese agtergrond of tydperk waarin die verhaal afspeel. Die plek en omstandighede kan bydra tot die tema, atmosfeer en karakterisering.

      Toon

      Dit is die atmosfeer wat in die verhaal heers. Sekere woordkeuses bevorder die stemming en beskryf die omstandighede/situasie en die skrywer se gevoelens daaroor.

      Taal en styl

      Styl is die manier waarop die taal aangebied word. Woordkeuse, sinslengte en sinstruktuur dra by om ’n bepaalde atmosfeer te skep.

      Die reis

      Barry Hough

      Prelees – groepbespreking

      Bespreek die volgende met ’n maat:

       Ken jy iemand wat hakkel of stotter?

       Hoe, dink jy, tree mense op teenoor mense/kinders wat hakkel?

       Hoe behoort ’n mens op te tree?

       Kyk na die illustrasie en voorspel wie die hoofkarakters in die verhaal is.

       Voorspel wat die betekenis van die titel is. Waarna kan die “reis” moontlik verwys? Dink aan ’n letterlike reis en ’n figuurlike reis. (Raadpleeg ook ’n woordeboek, indien nodig.)

       Gesels oor die bekroonde film The king’s speech – wat het julle die meeste aangeraak?

      Die verhaal

      “Hoekom hakkel jy nie as jy skree nie?”vra Thembi hom waar hulle pouse op die bank onder die peperboom met sy fyn blommetjies sit. Sy draai haar gesig weg van Johan sodat sy lippe aan haar dun vlegseltjies met die krale raak.

      “Ek soen nie ’n seun wat hakkel nie. And do we really want to spoil a lovely friendship by complicating it?” Haar lippe trek en hy kan sien sy probeer hard om nie te glimlag nie.

      “M-m-maar dis d-diskriminasie,” lag hy. En tog klem sy vuiste sodat sy naels in sy palms insny. “Ek h-hakkel ook nie as ek sing nie.”

      “Die lewe is nie ’n musical nie. Wanneer jy vir my kan fluister sonder om te hakkel, whisper sweet nothings, dan kan jy my soen.” Thembi vou Johan se vuis oop en druk sy hand saggies.

      Die klok lui.

      Gedurende Wiskunde ruik hy nog steeds die soet geur van Thembi se vlegsels en haar wreedheid krap aan hom. Hy begryp dit nie.

      Toe sy by die skool gekom het, was hy van die begin af vriendelik teenoor haar, al het sy hom eers gewantrou. Haar ouers het ver weg gewoon en sy was ’n kosganger. Hy het haar eensaamheid aangevoel en sy ouers gevra om haar een Sondag vir middagete te nooi. Thembi en sy ma het goed klaargekom en sy het ’n gereelde besoeker geword.

      Hy het sy ore oopgehou. Niemand het rêrig nare dinge gesê nie. Maar die uitdrukking in die ander se oë het erger gekwets. En dis dié stil “taal” wat hy eerste leer lees het – vandat hy geweet het sy manier van praat maak hom anders as ander kinders.

      Dit was sy begrip vir hierdie taal wat hom na aan Thembi en beskermd teenoor haar laat voel het. Nie dat Thembi eintlik ooit beskerming nodig gehad het nie. Sy was bekkig, skerp. En deesdae is sy voorsitter van die debatsvereniging. Hoewel haar Afrikaans soms bietjie skeef uitkom, is haar Engelse uitspraak volmaak.

      En Thembi is slim, veral in Wetenskap en Biologie. Sy wil ’n dokter word, soos haar pa. Sy wil dinge dóén, nie net praat nie. Van politici hou sy nie. “Hulle is almal word pedlars,” sê sy. “En woorde is goedkoop. Hulle praat almal ’n gat in die kop.”

      Tog het Johan haar betrap op die dag van president Mandela se inhuldiging. Hy en Thembi en ’n paar maats het by sy huis TV gekyk. Thembi het lekker saamgelag oor die snaakse hooftooisels en uithangmodes – oor Marike de Klerk wat ’n bietjie soos Meryl Streep in Out of Africa lyk, en oor Mandela se dogter wat so onder haar groot-groot hoed wegkruip.

      Johan het saamgeskerts hoewel sy aandag meer vasgevang is deur die sprekers. Hulle praat almal seepglad, het hy gedink. Die mense wat kommentaar lewer, en die imbongi wat so singpraat.

      Maar toe Die Stem en Nkosi Sikelel’ iAfrika speel en die kanonsaluut opklink en die vliegtuie verbyvlieg terwyl Mandela met sy hoed op sy bors staan, loer Johan vir Thembi en sien hoe sy trane afvee. Hy stamp aan haar. “Ek dag hulle’s almal w-word pedlars.”

Скачать книгу