Скачать книгу

na ’n veiling toe gaan nie,” sê Nell verbaas. “’n Veeveiling of ’n vendusie is mos ’n plek wat Oupa nie moet besoek nie. Hy koop enige iets wat vir hom oulik lyk, of ons dit nodig het of nie!”

      “Onthou julle nog die donkies en die troetelvarkies wat hy een jaar gekoop het?” Hein vryf deur sy hare as hy dink hoe vies sy pa was. “En wat was daai snaakse kamelerige ding nou weer wat sulke groen slym gespoeg het?”

      “Die lama,” sê Andrew. “Daai ding moes gou weer waai,­ onthou jy, Hein? Jou pa was baie moeilik oor die gedierte hom in sy gesig gespoeg het.”

      “Ai, ons moet maar vir Oupa se part hoop die ponie is nie een van daardie bedorwe perde nie. ’n Ponie wat byt, skop of hekke oopmaak gaan nie welkom wees op Solitaire nie,” sê Nell.

      “Julle kan seker enige iets van die pony verwag, because … julle oupa het gekoop die ponie by a furniture sale,” verduidelik Andrew. “Hierdie keer was dit my ma wat julle oupa saamgeneem het.”

      Hein en Nell luister nuuskierig. Andrew se ma doen soms dinge baie anders.

      “Sy wou hierdie oude tydse kaste gaan koop het op ’n furniture auction. Toe vat sy jou oupa saam om met die horsebox te help, want die kaste sou glo net mooi in die horsebox pas,” vertel Andrew.

      “Tannie Dok het darem al baie vreemde goed in julle perdesleepwa vervoer,” sê Hein. “Onthou jy die keer toe sy ons almal agterin gelaai het vir jou partytjiepiekniek? Jou pa wou die piep gekry!”

      “Dis seker hoekom sy jou oupa saamgevat het en nie my pa nie,” sê Andrew. “Maar dit was regtig soos om vir Mickey Mouse die au pair te maak; my ma het nie geweet van jou oupa se probleem met sales nie. My ma vertel dat dit baie snaaks was. Hier tussen die furniture sale-goeters, hier bring hulle die perd in, en toe sy weer kyk, toe het jou oupa die perdjie gekoop. My ma vertel dat sy hom nie kon keer nie, maar soos ek vir haar ken, het sy hom seker gehelp,” vertel Andrew.

      “Ratu. Haar naam is Ratu.” Nell staar oor die heining na die geel merrie. Ratu kyk rustig na die drie kinders wat haar dophou.

      “Sy is ’n onbekende kruisras, ‘n palomino-kleur, meer goud as geel,” vertel Nell. “Dok en Oupa meen sy het ’n bietjie Walliese bloed, maar niemand weet verseker nie.”

      “Sterk bene, wakker oë,” weeg Hein die merrie se voor­koms, nou met meer erns. “Nie ’n sportperd nie, maar dalk ’n kinderryperd.”

      “Ek het ’n idee dat oom Sarel en Oupa Sallie nog gaan stry oor hierdie perd,” sê Nell.

      “Wel, jy weet hoe my pa voel oor perde wat net staan en kos opeet,” sê Hein.

      “Jou pa en oupa klink altyd of hulle stry. Hulle rol hulle woorde so vinnig en hulle stemme is so hard, ek kan regtig nie verstaan wat hulle sê as hulle met mekaar praat nie,” vertel Andrew ernstig.

      Nell en Hein kan nie help om te lag nie.

      “Toemaar, Drew, ons sukkel ook party dae om hulle te verstaan. Dit is soos tannie Heike sê, sy dink hulle praat hulle eie opgemaakte taal,” sê Nell.

      “’n … Opgemaakte-taal-waar-jy-jou-stem-geweldig-hard-moet-gebruik-en-jou-woorde-vinnig-moet-aframmel,” sê Hein terwyl hy sy pa en sy oupa se praatstyl na­maak.­

      Nell geniet Hein se grappie. Sy lyk so vrolik dat niemand op hierdie oomblik sou raai watter diep, donker geheim sy in haar hart ronddra nie. ’n Geheim wat so diep weggebêre is dat sy dit self nie ken nie.

      Die merrie lig haar kop en kyk nuuskierig met haar groot, donker oë na die laggende kinders. Sy spits haar ore, snork liggies en wikkel haar maanhare.

      “Ratu!” roep Hein. Die merrie kyk na hulle en stap met gemaklike, rustige treë tot ’n meter van hulle af.

      Die palomino is glad geborsel en haar vel blink. Haar maanhare hang lank en spierwit teen haar geelwit vel. Rondom haar neusgate is die vel donker en haar groot oë kyk wakker rond. Sy draai haar goed gevormde ore vorentoe asof sy intens luister.

      Nell trek haar asem benoud in toe Ratu haar nek rek en met haar neus aan haar elmboog ruik-ruik. Sy voel die vrees in haar keel opstoot en hoor hoe haar hart vinniger klop; die tippe-tippe word gou ’n kloppende gedoef-doef. Haar hande begin sweet, sy voel koud en duiselig. Dr. Coenie het met haar laaste besoek vir haar verduidelik dat die vrees beide sielkundig en biologies is.

      Haal diep asem. Fokus op iets anders. Die lug, die boom, die sproete op Hein se neus. Haal diep asem. Ek is nie bang nie, ek is mal oor perde.

      Ten spyte van haar bes­te pogings om haarself te kalmeer, ruk sy onwillekeurig ­terug. Voor sy haarself kan keer, staan sy ’n meter weg van die heining af. Net nie flou val nie. Haal diep asem. Asem in, asem uit.

      “Sy is rustig, Nell, moenie bang wees nie,” sê Hein sim­patiek.

      Andrew klim in die kamp en gaan staan langs Ratu, wat Nell nuuskierig met haar neus probeer volg het en nou oor die heining loer. Haar kop rus op die boonste balk van die heining.

      “Kyk, sy is so mak soos ’n koei,” demonstreer Andrew. “My pa sê die perd het ’n paar probleme, maar kalme­renheid en wildenheid is nie die probleem nie,” verdui­delik Andrew op sy beste Afrikaans.

      Dit is net wat Nell nodig het om haar aandag af te lei. Sy kry haar asem terug en glimlag.

      “Ek is oukei, net ’n ligte skrik,” antwoord sy verleë.

      Sy stap weer nader en laat toe dat Ratu aan haar ruik. Die vrees sak weg, al hoe dieper tot in die kelder van haar brein, van waar dit seker weer op ’n dag ongevraag en sonder waarskuwing sal uitspring om haar te treiter.

      “Nou wat is dit dan wat jy doen, ou Blondie, dat mense jou nie kan ry nie?” Hein vryf Ratu se neus. “Blaf en byt jy?”

      Oupa Sallie kom uit die saalkamer aangestap met ’n toom en saal oor sy skouer.

      “O, hier kom Oupa Sallie, nou sal ons seker presies weet wat jou geheime is,” sê Hein.

      4

      Die vendusieperd se vreemde toertjie

      “Hallo, hallo, en wat dink julle van my winskopie?” groet Oupa Sallie terwyl hy die saal oor die boonste balk van die heining hang.

      “Sy is baie mooi, ek hou van haar kleur,” sê Hein, “maar wat gaan Oupa met haar doen?”

      “Nee, ek sal maar moet sien, sy het net so verlore gelyk tussen al die ou meubels, ek móés haar net koop,” verduidelik Oupa Sallie. “sy is pragtig, soos julle kan sien. Verder was sy ’n winskoop, ek het haar vir ’n appel en ’n ei gekoop. Ek kon net nie anders nie.

      “En ek het nog ’n paar kissies en koffers en goed ook saam met haar gekry. Ek moet dit nog by die afslaer in die Kaap gaan haal. Daar was nie plek vir ’n ponie met bagasie én outydse kaste in die sleepwa nie.”

      “Oh, she comes with baggage?” spot Andrew.

      “Moenie van die kat vergeet nie,” terg Hein.

      “Ha! Spot maar. Ek dink sy is spesiaal. Geen perd kan so intelligent lyk as sy nie liefdevol versorg is nie,” sê Oupa Sallie.

      “Ja, Oupa, maar sê nou sy is soos tannie Hestertjie se perd – daardie een wat sy soos ’n hond vertroetel het?” vra Nell besorg.

      “Praat jy van die Shetlandponie wat in tannie Hestertjie se kombuis geslaap het?” vra Hein.

      “’n Regte lemon, niemand kon ooit op daardie perdjie gery het nie, hy het gebyt soos ’n hond en geskop soos ’n rodeo-bul,” vertel Hein.

      “Ja, maar daardie perdjie was ook goed versorg,” sê Nell.

      “Wel, ja, Ratu hét snaakse maniere, dit het ek en Dok mos uitgevind,” grinnik Oupa Sallie. “Dok het haar ­bietjie deurgekyk. Sy is gesond en mak, maar sy is net nie ’n ryperd nie. Sy skop en byt darem nie. Sy is baie beter gemanierd as ’n

Скачать книгу