Скачать книгу

versaak deur vorige eienaars wat oornag voet in die wind geslaan het. Twee plastiektuinstoele (een is gekraak) en ’n geroeste tafeltjie met mosaïekblad (duidelik die trotse poging van ’n amateur) staan in die sitkamer, en ’n paar torings van wegneem-pizzabokse en poniekoerante. Is dwergarmpies meer gemaklik met ponieformaat? Is sy onsensitief? Omdat sy nog altyd uitgestaan het soos ’n derde duim, put sy genot uit die bestaan van ander mense wat duidelik buite die norm val. Sy voel soveel minder alleen. Slaan op die tente, voer die olifante, die sirkus is in die dorp.

      In die gang is ’n outydse telefoonbankie met ingeboude tafelblad, maar geen telefoon nie. In die kombuis ’n tafel, maar geen stoele nie. ’n Kakkerlak skarrel verskrik onder die enigste kas in. In die voorste slaapkamer is ’n gekarnuffelde sponsrubbermatras (sonder laken of kussing), ’n lae bedkassie met uitheemse pornotydskrifte (is dit Chinees?). Sy is nie lus om daaraan te raak nie, maar op die vetterige glansvoorblad van die boonste een pryk ’n verskrikte Oosterse vrou, naak en oopketel, geboei. In die bedkassielaai is ’n beduimelde notaboekie en gekoude potlood. Die boekie is vol hiërogliewe, geskribbelde Oosterse simbole. Daar is ook ’n half-jack goedkoop whiskey met een sluk oor en ’n velletjie Rennies. En ’n foto van die man op die stasie, wat miskien Myer Spiewak is. Dis ’n meer onlangse foto as die een in Marie Gruber se hoededoos. Sy gesig is effens weggedraai en sy neus is vlesig en gekurf, maar nie in dieselfde liga as Aga s’n nie.

      In die agterste slaapkamer, wat nooit daglig sien nie, is niks, net balpuntpen-graffiti teen die muur, ’n enkele woord: motherfucker. Seker die pennevrug van ’n vorige inwoner, want dis redelik hoog teen die muur? In die res van die huis (spens, badkamer, ingangsportaaltjie) is min of meer niks. Die huis laat ’n slegte smaak in die mond. Hier en daar is ’n ruitjie uit, halfhartig vervang met pizzaboks-karton. Scooters en Debonairs, sy aan sy.

      Daar is geen ingeboude kaste nie en geen verdere laaie of kabinette om te verken nie. Claude stop die foto (wat miskien Myer Spiewak is) en die notaboek in sy sak. Hulle trek die geswelde voordeur met moeite toe. Buite ruik die bewolkte dag na naderende reën en gesnyde gras, die bure s’n. Hulle teug dit diep in.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4SnlRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABBlIAAAEBAAMAAAABCdQAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA0odpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNS4xIFdpbmRvd3MAMjAxMjow NDowNSAxMTozNzoxMwAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAEAAQAAoAIABAAAAAEAAAZSoAMA BAAAAAEAAAnUAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAKF8AAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+IM WElDQ19QUk9GSUxFAAEBAAAMSExpbm8CEAAAbW50clJHQiBYWVogB84AAgAJAAYAMQAAYWNzcE1T RlQAAAAASUVDIHNSR0IAAAAAAAAAAAAAAAAAAPbWAAEAAAAA0y1IUCAgAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAARY3BydAAAAVAAAAAzZGVzYwAAAYQAAABs d3RwdAAAAfAAAAAUYmtwdAAAAgQAAAAUclhZWgAAAhgAAAAUZ1hZWgAAAiwAAAAUYlhZWgAAAkAA AAAUZG1uZAAAAlQAAABwZG1kZAAAAsQAAACIdnVlZAAAA0wAAACGdmlldwAAA9QAAAAkbHVtaQAA A/gAAAAUbWVhcwAABAwAAAAkdGVjaAAABDAAAAAMclRSQwAABDwAAAgMZ1RSQwAABDwAAAgMYlRS QwAABDwAAAgMdGV4dAAAAABDb3B5cmlnaHQgKGMpIDE5OTggSGV3bGV0dC1QYWNrYXJkIENvbXBh bnkAAGRlc2MAAAAAAAAAEnNSR0IgSUVDNjE5NjYtMi4xAAAAAAAAAAAAAAASc1JHQiBJRUM2MTk2 Ni0yLjEAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAFhZ WiAAAAAAAADzUQABAAAAARbMWFlaIAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAABYWVogAAAAAAAAb6IAADj1AAAD kFhZWiAAAAAAAABimQAAt4UAABjaWFlaIAAAAAAAACSgAAAPhAAAts9kZXNjAAAAAAAAABZJRUMg aHR0cDovL3d3dy5pZWMuY2gAAAAAAAAAAAAAABZJRUMgaHR0cDovL3d3dy5pZWMuY

Скачать книгу