Аннотация

Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste, soms ongelooflike ware stories van toeval soos uitgesaai op RSG se middagprogram Tjailatyd. Luisteraars van dwarsoor die land deel hul ervaringe van die vreemde toeval wat ons lewens soms so onverklaarbaar kan aanraak. Bekendes, doodgewone mense en sommige wat eerder anoniem wil bly vertel hul stories van die waarheid wat vreemder as fiskie kan wees. Amore het net minder as 100 van die beste stories uitgsoek vir 'n boek wat jou sal laat lag, laat huil, en laat wonder.

Аннотация

Op haar gewilde program Tjailatyd op RSG het Amore Bekker luisteraars gevra: deel jul saamrystories met my. Die reaksie? 'n Vloedgolf verhale vanoor die hele land en selfs uit die buiteland: oor taxi's, die Camino, die Helderberg se laaste vlug, verpaste treine, onwaarskynlike rylopers, ontmoetings by rooi robotte en selfs kalfies wat huil. Van Alberton en Merweville tot Roodepoort en Wellington het mense hulle harte oopgemaak. Daar is stories oor eerste liefde, verbode liefde en naasteliefde; stories oor die lewenspad en die draaie waarop dit jou soms vat, maar bowenal stories van mense met 'n hart vir hul medemens.