Аннотация

’n Spierwit geraamte wat teen kranse uitklim. ’n Skrikaanjaende gedaante wat uit ’n rookwolkie vorm aanneem. Die vaskyk in die gesig van ’n dooie … met een oog wat nog lewe! Hierdie grieselige spookstories dateer van die begin van die vorige eeu, maar die indrukwekkende vertellings, ongewone intriges en ontknopings hou lesers vandag nog net so hoendervel en vasgenael soos destyds. C.J. Langenhoven se ervarings as regsgeleerde, parlementslid en joernalis, sy kennis van die sielkunde, die natuur en van die Klein-Karoo – dit alles kom in sy skryfwerk na vore. Met spitsvondigheid, erns en satire gee hy vir ons in die een-en-twintigste eeu ’n sonderlinge beeld van vergange jare; ’n tyd van handkoffers en perdekarre, en toentertyd se Groot Griep. Toe skyndooies alte maklik lewend begrawe is …

Аннотация

Vir alle mense word dit soms nag vir hulle siele, maar dan volg daar weer ’n dag wat helder is. Dink net watter vorme ’n helder dag kan aanneem, hoe wonderlik dit kan wees! Hoe jy dit later onthou asof dit gister gebeur het. Danie Botha versamel hier sy kortverhale, rubrieke, artikels en gedigte waarin hy sulke dae in sy lewe so helder moontlik probeer oproep. Die helderheid ontstaan onder meer met die gebruik van erns, sensitiwiteit én humor. Hy illustreer hoe hy uit benoudheid na vreugde beweeg. Die drie afdelings (jeugjare; professionele lewe; godsdienstige rubrieke) vorm ’n outobiografie in die kleine van dié man van die uitgewerswese, radio en teater. Eerlik, openhartig, spitsvondig. Enige leser wat belangstel in die Afrikaanse letterkunde en teater, op watter vlak ook al, sal Die helder dae insiggewend en besonder onderhoudend vind.