Аннотация

Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie! Kommisarek, die skool se opsigter, het ’n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir ’n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs hý nie meer so braaf nie . . .

Аннотация

Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie.

Аннотация

Kwaaikofski is ‘n 9jarige seun met ‘n avontuurlike stokperdjie: Hy is ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom , want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Sy eerste speursaak is ’n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind!
Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!