Аннотация

Ons ontmoet Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as Die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ’n klein niksnuts genaamd Muggie. Saartjie reël ’n konsert om geld vir liefdadigheid in te samel en skryf haar eie toneelstuk daarvoor, maar dinge loop nie heeltemal soos beplan nie. ’n Paar dae later sluip sy en haar maats in by ’n bouvallige ou huis waar ’n kluisenaar jare gelede dood is en ontdek ’n geraamte en ’n ysterkis. Hulle het skaars van hierdie avontuur herstel wanneer Saartjie besluit om te gaan heuning uithaal. Die bye steek hulle egter nie so erg soos die arme hoenders op ’n nabygeleë kleinhoewe nie! Die laaste dag op laerskool aap Saartjie tot almal se vermaak party van die onderwysers na en dan moet sy aan ’n debat teen ’n seun deelneem. Ja-nee, sy is beslis ’n besige meisie!

Аннотация

Die Drie Muskiete maak kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan doen – en selfs nog beter! Ons heldin laat haar nie so beledig nie en dit lei tot ’n kragmeting met ’n verrassende einde. Verder is daar ook nog ’n strooptog in ’n vrugteboord en ’n tante wat op ’n baie ontydige tyd kom kuier – om nie te praat van die onmin tussen die Muskiete nie. Gaan die meisies uitmekaar spat noudat hulle op hoërskool is?

Аннотация

Saartjie en haar vriende het tien dae skoolvakansie en hulle benut dit ten volle. Die Drie Muskiete gaan “dêps” sappige ingevoerde turksvye by ’n kwaai oom wat openlik sê hy sal enigiemand wat hom besteel lewendig afslag – en ons heldin kry meer as waarvoor sy haar reggemaak het. Hierna stel die rabbedoe vir haar boetie ’n valstrik in hul sitkamer, maar dan kom mevrou Dominee kuier en dinge loop lelik skeef. Saartjie begin ernstig wonder of sy nie maar liewer ’n non moet word nie. Gelukkig daag die sirkus weer in Lynnekom op en sy vergeet vinnig van haar sorge, want die sirkusleeu ontsnap uit sy hok en juffrou Baumann maak van aangesig tot aangesig met hom kennis! ’n Paar dae later maak ’n wegloperhondjie sy opwagting in Saartjie en Apie se lewens. Hulle wil hom albei dolgraag hê, maar kom ooreen dat die brakkie self moet besluit wie sy baas gaan wees. Intussen kla ’n knorrige nuwe buurman dat die hond dissipline geleer moet word – nes Saartjie-hulle!

Аннотация

Saartjie is kaptein van die netbalspan, maar moet nou kies tussen Anna en Magriet le Roux om in die span te speel. Almal plaas druk op haar en om alles te kroon, moet die span in een van die belangrikste wedstryde nóg speel.

Аннотация

’n Dogtertjie met polio, Clara, kuier op Lynnekom. Sy het soveel karakter en gees dat sy almal betower en gou kruip sy diep in Saartjie-hulle se harte. Clara se suster, Carolina, is Clara se held en sal enigiets doen om haar te help – selfs al beteken dit dat sy ’n belowende musiekloopbaan moet prysgee sodat hulle ouers Clara se mediese onkostes kan bekostig. Saartjie en Carolina moet mekaar die stryd aansê by die jaarlikse kunswedstryd. Carolina moet wen, anders verloor sy die geld wat sy by haar oom geërf het om met haar musieklesse voort te gaan – maar sal sy die briljante Saartjie kan uitstof met haar klavierspel? Op die vooraand van Saartjie se sestiende verjaarsdag verrig sy uiteindelik ’n daad van welwillendheid wat Lynnekom nog lank aan die praat gaan hê.

Аннотация

In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.

Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.

Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. In Saartjie se dapper daad het Saartjie se ouer broer, Kris, groot liefdesprobleme. Sy meisie het hom gelos vir ’n vent met ’n blink motor en ’n snor. Saartjie kom vorendag met ’n skreeusnaakse plan om hom op sy plek te sit. In Saartjie se piekniek beland Apie se rugbybal in die kwaai oom Kerneels se perskeboord. Saartjie probeer help, maar veroorsaak in die proses nóg groter moeilikheid. Hulle kort geld om skadevergoeding te betaal en Saartjie reël ’n piekniek waarvoor Lynnekom se kinders moet opdok. In Saartjie se prys lees Saartjie van kinders wat ’n vriendelikheidsveldtog geloods en almal om hulle se lewens verander het. Wanneer sy haar vriendinne ompraat om saam met haar die toonbeeld van vriendelikheid en goeie maniere te wees, vermoed almal onraad, veral die seuns. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. In Saartjie se skatte sorg spoke en skatte dat Saartjie weereens Lynnekom se heldin word. Sy en Galpil gaan ’n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke en wie nie. In Saartjie se kliek ontdek Saartjie ’n boek oor ’n groep meisies in Engeland wat ’n kliek gevorm het en besluit summier die Drie Muskiete moet ’n ander naam en nuwe doelstellings kry. In Saartjie se kêrel lees Saartjie ’n artikel oor hipnose en besluit dadelik om Anna en Lina as proefkonyne te gebruik. Maar soos gewoonlik verloop dinge nie heeltemal soos beplan nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.