Аннотация

Ons ken almal die gesegde “vergeet en vergewe”, maar dis makliker gesê as gedaan. Dis moeilik om iemand te vergewe wat jou seergemaak of kwaad aangedoen het. Die gevolg is dat baie van ons met bitterheid in ons harte rondloop. En solank as wat ons bitter is, kan ons nie genesing vind nie. Die goeie nuus is dat vergifnis nie ’n emosie is nie, maar ’n besluit – ’n besluit om die pad van herstel te loop, hoe moeilik dit ook al is. Want op die ou end bring dit bevryding. In Ware verhale van vergifnis bring Helana Olivier 25 verhale byeen van mense wat hierdie besluit geneem het. Dis ware verhale wat lesers aan die hart sal gryp. Dit sal vir enigeen wat sukkel met vergifnis hoop en inspirasie bring en wys dis moontlik om genesing te vind.

Аннотация

There is no dress rehearsal to prepare us for life. Sometimes it takes only one crisis to send our lives forever in a new direction. Will that one setback that crossed my path leave me embittered and bewildered? Will my faith be thrown permanently into reverse? And what about successes? Will unexpected breakthroughs change me into an arrogant, cocky being?

Аннотация

Daar is geen kleedrepetisie om ons voor te berei vir die lewe nie. Soms verg dit net een krisis om ons lewe vir altyd in ‘n nuwe rigting te stuur. Gaan daardie een groot terugslag wat skielik my pad gekruis het my verbitterd en verwese agterlaat? Gaan my geloof permanent in trurat gegooi word? En wat van die suksesse? Gaan onverwagse deurbrake my in ‘n arrogante, selfversekerde wese verander?