Аннотация

“Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wíl doen, inpas nie.” Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie! Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, dáár waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie.Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het. Jy reis immer voort, en telkens kom die wete: “Tydens die reise wat vir ons sin maak, eindig ons maar altyd op ’n ánder plek, maak nie ’n hel saak hoe ons ook al beplan nie”… Soos Laurence Block gesê het: “A man has to die of something. Live long enough, and sooner or later you die of too much living!”

Аннотация

Openbaring is ’n inspirerende reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes – C. Johan Bakkes en sy reisgenote trotseer die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ’n bestaan maak, in onderskeidelik die snerpende Siberiese koue en die verswelgende hitte van die Danakil-depressie. Hoekom? Want dié reisigers doen hul bes om nie “lou” te wees nie, maar met absolute oorgawe te lewe!

Аннотация

The author’s adventurous spirit has taken him to destinations all over the world, the common thread being that these places are almost always off the beaten track . . . This collection of thrilling stories recounts his numerous exploits, such as climbing the Ras Deshen, the highest peak in Ethiopia, or venturing into the Danakil desert, one of the most inhospitable places on earth. He also writes enchantingly about adventures much closer to home. To hell and gone is a book to inspire the adventurer in us all.

Аннотация

“Oepse daisy” kon net sowel “O bliksem”, “O gits” of “O magtag” gewees het, maar miskien is dit tyd om Juanita du Plessis in plaas van Jack Parow te speel. So sê Johan Bakkes. Die maklik begaanbare weë hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle weë wat met bloedsweet gepaardgaan. Dáár waar min ander dit nog gewaag het. Hier is oudergewoonte heerlike, avontuurlustige vertellings oor ver én naby reise, propvol humor, en nooit sonder deernis vir die medemens nie.