Аннотация

Laura Els is glad nie baie gelukkig in die hospitaal waar sy verpleeg nie. Miskien is dit omdat haar kêrel, Braam, weg is Engeland toe. Of dalk is dit nog die nadraai van die tsoenami-gebeure. Wat ook al, Laura besluit om Engeland toe te gaan, na Braam toe. Maar eers wil sy terug Thailand toe, vir ’n kort vakansie en om te werk om deur die herinneringe aan die tsoenami en haar tyd daar. In Thailand ontmoet sy toevallig weer vir Francis, die Engelse sakeman wie se lewe sy destyds gered het. Laura skryf die aantrekkingskrag tussen hulle toe aan die feit dat sy hom destyds gered het. Natuurlik sal so iets mens nader aan mekaar bring! En sy is immers nog verlief op Braam. In Patong het die lewe egter sy eie loop . . .

Аннотация

Fisioterapeut Isabelle van der Walt kry die kans van ’n leeftyd wanneer die sakereus Ernst Joubert haar nader om saam met haar kêrel, Dolf Dreyer, by sy nuwe hotel in Zanzibar te gaan werk. Isabelle moet die terapeute by ’n spa oplei en Dolf moet die nuwe hotel se rolstoelgeriewe kom ondersoek. Maar die idilliese eilandlewe is nie al wat met Isabelle se kop smokkel nie. Isabelle het ernstige bedenkinge oor haar verhouding met Dolf en wanneer een van die opleidingsbeamptes haar boonop die hof begin maak, gryp Ernst in. Min weet Ernst egter dat ook hý blykbaar nie bestand is teen die romantiese uitwerking van Zanzibar se palmbome en asuurblou see nie. . .