Аннотация

Liana Louw is ’n rykmansdogter met ’n passie vir armes en mense in nood. Haar ouers verstaan hierdie eiewyse enigste dogter van hulle maar alte goed en maak geen beswaar toe sy haar as verpleegsuster bekwaam en in die hartjie van die bedenklike middestad tussen haar pasiënte gaan woon nie. Hulle hoop dat die suksesvolle ginekoloog dr Pierre Bosman, wat al met Liana bevriend is sedert hulle skooldae, daarin sal slaag om haar hand en haar hart te wen. Wanneer die sjirurg Brink Fouche, self uit ’n arm agtergrond, haar lewe binnestap, is daar vir die eerste keer iemand wat werklik haar passie vir die mense van die middestad verstaan. Brink laat haar knieë lam word, maar vir hom is mooi vroue bloot afleiding. En daar is dr Ellen Dupisanie, sy vennoot, wat reeds haar kleim om Brink afgepen het. Liana word moet haar nie net uit die intriges van die middestad losmaak nie, maar ook van ’n mooi dokter wat steeds na sy vrou hunker. . .

Аннотация

Dr Wilmari Neveling se lewe stort ineen wanneer haar verloofde aan leukemie sterf. Alhoewel sy ’n passie vir pediatrie het, besluit sy om in onkologie te spesialiseer. Sy aanvaar ’n pos by die Nasionale Onkologie-navorsingseenheid aan die bekende Môreson-kliniek. Daar ontmoet sy Môreson se direkteur, Jonatan de Klerk van Jaarsveld. Jonatan is uit die staanspoor gefassineer deur die koel afgetrokke Wilmari wat niks met mans te doen wil hê nie en hom, ten spyte van sy gewildheid onder die vrouegeslag, as “te oud en bekrompe” afmaak. Wilmari se seer oorheers alles in haar lewe en sy begrawe haarself in haar werk. Sal Jonatan se passie vir dié hardekop langbeendokter die verlede kan heel?