Аннотация

Xanthe Patterson kan nie verstaan waarom haar pa die huis op hul plasie aan ’n vreemdeling, ene Hanko Joubert, sou nalaat nie. Wat gaan sy met die vent onder haar voete maak? Veral aangesien sy mooi hande haar gedagtes laat dwaal . . . Sy kan nie nou bekostig om te dagdroom nie. Haar pa het aan Xanthe sy bou-onderneming nagelaat en sy kan haar lewenslange droom bewaarheid om in die boubedryf te werk. Maar aangesien haar ouers haar vroeër juis uit dié bedryf probeer weghou het, het sy geen benul van hoe om die taak aan te pak nie. Dan kom Xanthe se kritiese stiefma en halfsuster kuier en gaan dit net nog doller. Vir Hanko kom die erfenis net betyds om ’n nuwe lewe in Suid-Afrika te begin na vyftien jaar in Engeland. Hy sien hoe die mooi groenoogvrou sukkel en aangesien hy die boubedryf ken, wil hy help. Maar Xanthe laat hom mooi verstaan dat sy g’n man met ridderneigings duld nie. Sal Xanthe aanhou om met Hanko koppe te stamp, of is hy die man by wie haar hart tuishoort?

Аннотация

Sanita het ’n geheim. Twee dekades gelede moes sy ’n baba afgee en ’n jeugliefde daarby. Maar sy’t aanbeweeg, getrou en ’n seun, Hanko, bygekry, en ’n lewe geskep saam met haar man. Hul gastehuis, Waaiwater, is haar lewe ná Markus se dood. Maar nou wil alles inmekaar tuimel: Develcor het groot planne vir Sanita se rustige kusdorpie en hul bouery gaan haar besigheid lelik knou. En watter Develcor-indoena is daarheen gestuur om met Sanita te onderhandel? Einste Fourie Burger wat sy destyds so onwillig moes agterlaat, einste Fourie wat nog al die jare niks weet van hul kind nie . . . Nou is Fourie hier, in haar gastehuis, en hul tienerjare se vonke is nog geensins geblus nie. Maar hoe gaan die twee mekaar weer vind en verby die lang jare se verswyging kom, tussendeur die hele Develcor-drama, Hanko se weerbarstige-tienerprobleme en Fourie se skok oor die onverwagse nuus dat hy iewers ’n mondige seun het?

Аннотация

Annemé het voor De Wet se oë grootgeword. Eens was sy bloot die skattige nuwe buurdogtertjie, veel jonger as hy, maar met die jare het sy gevoelens vir haar verdiep. Nou is Annemé ’n volwasse vrou . . . ’n Volwasse vrou wat wil trou. Haar eie huislike omstandighede – met dikwels afwesige, koel ouers en sonder broers of susters – was nie wat sy as kind wou hê nie, en sy’s nou meer as gereed om haar eie gesin te begin. Tot dusver het sy self maar vrot gekies onder die manne, en wie beter om vir haar ’n gawe bruidegom te vind as haar ou-ou vriend, haar amper-ouboet, De Wet? Onder sy pelle moet daar mos ’n goeie kandidaat wees, en Annemé weet presies watter een sy eerste op die proef wil stel. Wanneer De Wet besef dat Annemé ernstig is, moet hy alles uithaal om te keer. Hy’t al foute gemaak, en Annemé ook – daar is mislukte verlowings en egskeidings in hul onderskeie verledes – maar as sy darem met dáárdie vent deurmekaar moet raak, sal dit haar grootste fout nóg wees. Nee, De Wet kan dink aan ’n beter bruidegom vir Annemé…

Аннотация

Die bodem val uit Candy Cilliers se wêreld toe haar ouers feitlik oornag álles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar oom, Fouché Mulder, en sy is die een wat die gelag moet betaal. Letterlik. Hy verwag van haar om vir hom te gaan huishou, êrens in die grammadoelas waar hy sowaar toelaat dat mense onskuldige bokkies met gewere jag, en haar kwasterige ouma te help versorg.Candy arriveer op die plaas met 'n verstuite enkel, midde-in die familietwis, en vind gou haar stadsmaniertjies en rykmansdogtergeite staan haar “oom” glad nie aan nie. Fouché is arrogant, baas-spelerig, en wat haar betref nie juis modelmateriaal nie. Hy is boonop allesbehalwe oud en mansmens genoeg om enige vrou die vlaktes in te jaag van frustrasie.

Аннотация

Toe groentjie-joernalis Michaela Beekman agter ’n storie aan gestuur is, het sy nooit kon raai dat sy die storie sou word nie!Haar hele lewe lank het sy die gemis aan ’n pa ervaar, maar dit probeer wegsteek, en nou ontdek sy dat die vrou wat haar grootgemaak het nie haar ma is nie. Dat sy eintlik ’n ander naam en van het, en dat haar ware ouers geskei is as gevolg van die tragedie wat die gesin getref het.Voor al die drade egter ontrafel kan word, word die geskiedenis byna herhaal. Maar die ramp word afgeweer deur Kayne Richardson, ’n man na wie ’n vrou sommer sonder ophou wil kyk, haar beste vriendin se amperse verloofde, en doring in Michaela se vlees. . .