Скачать книгу

teken-grap.

      •As s en j saam een klank vorm, word hulle nie geskei nie, byvoorbeeld: mar-sjeer.

      •As s en j langs mekaar staan maar aparte klanke vorm, word hulle geskei, byvoorbeeld: plaas-japie.

      •As ’n woord op d/t eindig en ’n verkleiningsvorm -jie kry, word daar voor die -jie afgebreek, byvoorbeeld: hand-jie.

      •As ’n woord met -tjie­ verklein word, word daar voor die -tjie afgebreek, byvoorbeeld: rivier-tjie.

      Klankgrepe

      Wanneer ons ’n woord volgens klanke verdeel, word dit klankgrepe genoem. Dit het dus niks te make met die spelling van die woord nie, maar hoe jy dit uitspreek. Let op die verdeling van die volgende woorde in klankgrepe: ro-(m)mel; he-(k)ke.

      Hoofletters

      Onthou: Hoofletters word in die volgende gevalle gebruik:

      •Aan die begin van ’n sin. Wanneer die sin met “ ’n” begin, kry die volgende woord ’n hoofletter.

      •Name en vanne van mense, dae van die week, maande van die jaar, dorpe, stede, provinsies, lande en besighede.

      Werk saam met jou maat

      Beantwoord die taalvrae in jou werkboek.

      1.Verdeel die volgende woorde in lettergrepe:

      a)bedrywe

      b)indrukwekkend

      c)planne

      d)ingeënt

      e)brosjure

      f)kreatuurtjie

      2.Verdeel nou dieselfde woorde in klankgrepe.

      3.Herskryf die volgende paragraaf met hoofletters op die regte plekke.

      suid-afrika is deesdae ’n land wat gereeld deur oorsese toeriste besoek word. toeriste uit lande soos engeland, switserland en rusland geniet ons warm weer en dierelewe soos dié van die krugerwildtuin. In stede soos kaapstad en johannesburg kan toeriste van bustoere gebruik maak om allerhande interessanthede te sien. Die kangogrotte in oudtshoorn en die wynplase in die boland is baie gewilde toeristebestemmings.

      Mondelinge aanbieding

      Ses besoekers van oorsee gaan julle dorp/stad besoek en vir vyf dae oorbly. Jy word gevra om vir hulle verblyf en toere te reël. Jy soek rond en sien op die internet die volgende advertensies vir akkommodasie in julle dorp/stad.

      Opdrag: Elke leerder moet die volgende aan die klas kom aanbied:

      •Keuse van verblyfplek: Kies een van die verblyfplekke vir jou gaste. Verduidelik aan die klas waarom jy die spesifieke verblyfplek kies. (Luuksheid, prys, ligging, ens.)

      •Keuse van besienswaardighede: Doen navorsing oor al die besienswaardighede in julle dorp/stad waarheen jy toeriste kan neem. Vertel vir die klas wat jy alles beplan om vir die toeriste te wys. Onthou om verskeie kultuur-, natuur- en geskiedkundige interessanthede by jou lys in te sluit en dat jy hulle vir vyf dae moet besig hou.

      •Padaanwysings: Jy besef dat jy nie die vyfde dag saam met hulle sal kan gaan nie en besluit om aanwysings na hulle besoekpunt saam te stel sodat hulle op hulle eie daar kan kom. Gee die padaanwysings mondelings in die klas.

      Maatassessering

      Gebruik die volgende kontrolelys om jou maat se mondelinge aanbieding te assesseer voordat jou onderwyser dit formeel gaan assesseer.

KriteriaJaNee
Die keuse van verblyfplek vir toeriste•Deeglik en met oortuiging gedoen.
Keuse van besienswaardighede•Dit is duidelik dat navorsing gedoen is en die spreker ’n goeie kennis het van die plekke wat vir die toeriste gewys gaan word.•Die beskrywing van die plekke is interessant en oortuigend.
Padaanwysings•Aanwysings word duidelik en akkuraat gegee.•Daar is ’n goeie balans tussen handgebare en mondelinge aanwysings.
Algemeen•Aanbieding is dinamies en spreker kom oortuigend oor.•Taalgebruik is baie goed.•Goeie woordeskat en suiwer Afrikaans.•Pas aan by teikengroep.

      Groepwerk: Bring ’n koerantberig saam skool toe

      Elke groeplid moet een of meer kort Afrikaanse koerantberigte saambring. Lees dit deur in julle groepe en vergelyk julle berigte met die inhoud van Pitkos op die volgende bladsy. Voldoen die berigte aan Pitkos se riglyne? Hoe verskil dit?

      Skryf ’n eie koerantberig

      Die Roosboom Gastehuis in julle omgewing het skielik baie belangrike gaste gekry. Hulle het stilletjies gearriveer sonder dat enigeen geweet het, en ’n paar nagte oorgebly. Julle koerant het snuf in die neus gekry en gaan ondersoek instel. Vertel vir jou lesers wie hierdie gaste is, waarom hulle van die pers probeer wegkruip en waarom hulle juis na julle omgewing gekom het. Jy kan selfs ’n foto of twee publiseer!

      Jou koerantberig moet 80-100 woorde lank wees en uit ten minste drie paragrawe bestaan. Maak gebruik van prosesskryf en gebruik die kontrolelys om jou en jou maat se berig te kontroleer.

      Pitkos

      Die koerantberig

      ’n Goeie koerantberig moet antwoorde op vyf vrae gee sodat die berig die leser se belangstelling behou.

      Die vyf vrae waarop jy moet fokus:

      •Wat – Vertel die leser wat gebeur het.

      •Waar, wanneer, waarom en hoe – Gee die agtergrond en groter prentjie vir die leser.

      Ander sake wat ook belangrik is:

      •Gevolge – Wie trek voordeel en wie ly onder die gebeure? Wat kan aan die situasie gedoen word?

      •Hoe raak dit ander mense wat buite die gebeure staan? Hoe raak dit die lesers?

      Belangrike dinge om te onthou:

      •Die titel (kop) van jou berig is baie belangrik omdat dit bepaal of die leser jou berig gaan lees of nie. Hou dit kort, pittig en sorg dat dit die kerngedagte bevat. Woordspeling, alliterasie en assonansie kan gebruik word.

      •Gee spesifieke aandag aan die inleiding en sorg dat dit kort en kragtig is. Breek lang sinne op in korter sinne wat makliker lees.

      •Is die storie regverdig? Word albei kante van ’n saak gegee?

      •Wanneer jy iemand se woorde direk aanhaal, moet jy die aanhalingstekens korrek gebruik.

      •Let veral op na die spelling van name, titels en ouderdomme van mense.

Ek het die volgende gedoen toe ek die koerantberig gefinaliseer hetJaNee
Die kop van die berig trek dadelik die aandag. Dit is kort, vat die kern saam en prikkel belangstelling.
Die inleidingsparagraaf is kort en kragtig.
Beide kante van die saak word gestel.
Die sinne is nie te lank nie. Sinslengtes word afgewissel.
Ek het van verbindingswoorde gebruik gemaak om samehangende paragrawe te skryf.
Ek het die spelling van moeilike woorde nagegaan en seker gemaak dat alles reg gespel is.
Ek het seker gemaak dat alle kommas, punte, aandagstrepe, afkappingstekens, aanhalingstekens en ander leestekens op die regte plekke is.
Ek het elke sin met aandag deurgelees en die nodige woorde verander sodat dit beter klink.

      Self- en formele assessering

      Gebruik die kontrolelys om jou of jou maat se berig te assesseer voor formele assessering.

      Jou onderwyser gaan jou koerantberig formeel assesseer.

      Aktiwiteit 6: Voorbereide en onvoorbereide lees

      •Luister en praat

      •Lees

Скачать книгу