Скачать книгу

rel="nofollow" href="#u3f556827-6d28-5a08-8c4d-252c41b5211f">HOOFSTUK SES

       HOOFSTUK SEWE

       HOOFSTUK AGT

       HOOFSTUK NEGE

       HOOFSTUK TIEN

       HOOFSTUK ELF

       HOOFSTUK TWAALF

       HOOFSTUK DERTIEN

       HOOFSTUK VEERTIEN

       HOOFSTUK VYFTIEN

       HOOFSTUK SESTIEN

       HOOFSTUK SEVENTIEN

       HOOFSTUK AGTIEN

       HOOFSTUK NEGENTIEN

       HOOFSTUK TWINTIG

       HOOFSTUK-EEN-EN-TWINTIG

       HOOFSTUK-TWEE-EN-TWINTIG

       HOOFSTUK-DRIE-EN-TWINTIG

       HOOFSTUK-VIER-EN-TWINTIG

       HOOFSTUK-VYF-EN-TWINTIG

       HOOFSTUK-SES-EN-TWINTIG

       HOOFSTUK-SEWE-EN-TWINTIG

       HOOFSTUK-AGT-EN-TWINTIG

      “Ongemaklik is die hoof wat die kroon dra.”

      ---William Shakespeare

      Henry IV, Part II

      HOOFSTUK EEN

      Die seun staan op die hoogste heuwel van die lae gebied van die Westelike Koningkryk van die Sirkel, met sy blik op die noorde, kyk hy na die sonsopkoms. So ver as wat sy sig strek is rollende groen heuwels, golwende eb en dalinge soos n kameel homp in n reeks van berge en dale. Die helder oranje strale van die vars oggend son luier in die oggend mis, verhelderend en met n magiese betowering wat die seun se gemoed weerspieël. Hy is selde wakker of dwaal ver van sy huis die tyd van die oggend – ook nooit so hoog nie- hy weet hy sal sy vader se wrag ontwaan. Maar vandag, gee hy nie om nie. Vandag, verontagsaam hy die miljoen reëls and regulasies wat hom onderdruk het gedurende sy veertien jaar. Hierdie dag is anders. Dit is die dag dat sy bestemming aangebreek het.

      Die seun, Thorgrin van die Westelike Koningkryk van die Suidelike Provinsie van die McLeod group – alombekend as Thor – die jongste van vier seuns, waarvoor sy vader die minste liefde toon, het die hele nag wakker gebly in afwagting vir hierdie dag. Hy het die hele aand gespook en gespartel, leep-oog vanoggend, die son aangepor om op te kom. Want ’n dag soos vandag breek net een keer aan in menige jare, as hy dit mis sal hy in die klein gemeenskap vasgevang wees om vir altyd sy pa se skaapwagter te wees. Dit was ’n gedagte wat hy nie kon verduur nie.

      Diensplig Dag. Dit is die dag wanneer die Koning se soldate deur die provinsies skif vir vrywilligers vir die Koning se Legioen. So lank as wat hy lêwe, droom Thor oor niks anders as dit nie. Vir hom wentel die lêwe net oor een ding: om aan te sluit by Silwer, die koning se uitverkore mag van bekroonde soldate, uitgevat in die beste pantser en uitgekieste wapens nêrens ander bekombaar in die twee koningkrykte nie. Niemand kan die Silwer betree sonder om eers by die koning se Legioen aan te sluit nie, die groep adelikes met wissellende ouderdomme vanaf veertien tot negentien jaar. As jy nie die seun van ‘n adelike of ‘n befaamde vegter was nie, is daar geen ander manier om by die Legioen aan te sluit nie.

      Diensplig dag was die een uitsondering, die rare geleentheid elke paar jaar wanneer die legioen die land besoek in die werwing van nuwe soldate. Almal is bewus daarvan dat gewone volk selde verkose word en dat selfs nog minder die Legioen behaal.

      Thor bespied die horison intens, op soek na enige teken van beweging. Hy weet die Silwer sal hierdie pad langs kom, die enigste pad na sy klein dorpie en hy wil hulle eerste bespied. Sy skaap kudde protesteer om hom, wel op in hinderlike kreune en por hom aan om hulle berg af te vat, daar waar weiding sappiger is. Hy probeer die lawaai en die reuk ignoreer. Hy moet nou konsentreer.

      Wat dit alles draaglik gemaak het, al die jare van skape oppas, om sy pa se slaaf te wees, sy ouer broers se slaaf te wees, die een wat die hardste gewerk het en die minste waardeer was, was die gedagte dat hy een dag die plek sal verlaat. Eendag, waneer die silwer kom, sal hy almal verras wat hom te min geag het en een van die uitverkorenes wees. In een vinnige beweging, gaan hy van die wa afspring en dié bestaan vaarwel toe roep.

      Thor se pa het hom natuurlik nooit ernstig oorweeg as ’n kandidaat vir die Legioen nie---in teendeel, hy het hom nog nooit oorweeg as kandidaat vir enigiets nie. In plaas daarvan het Thor se drie ouer broers hulle pa se onverdeelde liefde en aandag geniet. Die oudste was negentien en die ander veskil ’n jaar elk, wat Thor drie jaar jonger maak. Dit mag wees omdat die ouderdoms verskille klein was, of dat hulle mekaar se ewebeeld was en hemelsbreed van Thor verskil, dat hulle n groep gevorm het en skaars van Thor se bestaan bewus was.

      Selfs erger, was dat hulle, langer, breër en sterker as hy was en Thor, wie geweet het hy is nié kort nie, het nietemin klein langs hulle gevoel, het gevoel sy gepierde bene is tingerig in vergelyking met hulle boom stompe. Sy pa het geen poging aangewend om enigiets daaromtrent te herstel nie – in teendeel dit het gelyk asof hy genot daaruit put – en Thor gelos om die skape te versorg en wapens skerp te maak, terwyl sy broers toegelaat is om te oefen. Dit was nie ‘n gesproke woord nie, maar altyd verstaan dat Thor sy lewe op die agtergrond sal deurbring en geforseer sal wees om toe te kyk, hoe sy broers presteer en groot hoogtes bereik. Sy lot, as sy pa en broers hulle sin kon kry, sou wees om hier te bly, verswelg deur die dorpie, en vir sy familie die ondersteuning te gee wat hulle eis.

      Erger steeds was dat Thor aangevoel het dat sy broers skynbaar bedreig gevoel het deur hom,en hom miskien selfs gehaat het. Thor kon dit sien in hulle elke blik en blyke. Hy het nie verstaan hoe nie, maar hy het iets soos vrees, of jaloesie, in hulle verwek. Dalk was dit omdat hy anders as hulle was, het nie hulle voorkoms gehad of hulle manier van praat en optrede gehad nie. Hy het nie eens soos hulle geklee nie, sy pa het die beste---die pers en skarlaken mantels, die vergulde wapens---gereserveer vir sy broers, terwyl Thor gelaat is om die grofste vodde te dra.

      Nietemin, het Thor die beste gemaak van wat tot sy beskikking was, ‘n manier gevind om sy klere te laat pas, die hemp met ‘n gordel om sy middel vasgemaak, en noudat dit somer was, die moue afgesny sodat sy gespierde arms gestreel word deur die briese. Sy hemp het gepas by sy growwe linne broek---sy enigste---en stewels van die swakste kwaliteit leer, opgeryg om sy enkels. Dit was nie die kwaliteit van sy broers se skoene nie, maar sy skoene kon die werk doen. Sy uniform was die tipiese uniform van ‘n veewagter.

      Maar hy het nié die tipiese houding gehad nie. Thor was lank en lenig, met ‘n trotse kakebeen, adel ken, hoë wangbene, groen oë en lyk soos n misplaasde krysman. Sy reguit, bruin hare lê golwend op sy kop,

Скачать книгу