Скачать книгу

kamer en trek die deur oop. Daar staan twee wagte.

      MacGil kook van woede terwyl die wagte hom vraend aankyk.

      Maar Godfrey het nie gewag nie; hy stoot sy pad verby hulle, en uit in die oop saal.

      “Hou hom aan!” skree MacGil. “En hou hom weg van die Koningin af. Ek wil nie sy ma belas met die sig van hom op haar dogter se troudag nie.”

      “Ja, my Heer,” antwoord hulle, maak die deur agter hulle toe as hulle hom vining agterna sit.

      MacGil sit daar, haal swaar asem, rooi in die gesig, en prober kalmeer. Vir die duisendste keer wonder hy wat hy verkeerd gedoen het om so ‘n kind te verdien.

      Hy kyk terug na sy oorblywende kinders. Die vier van hulle kyk terug, wagtend in die swaar stilte. MacGil haal diep asem, en prober focus.

      “Dit laat net twee van julle,” gaan hy aan.”En uit hierdie twee, het ek ‘n opvolger gekies.”

      MacGil draai na sy dogter.

      “Gwendolyn, dit sal jy wees.”

      Daar was ‘n snak in die vertrek; sy kinders blyk om almal geskok te wees, meeste van almal Gwendolyn.

      “Het u reg gepraat, Vader?” vra Gareth. “Het u gesê Gwendolyn?”

      “Vader, ek is geëerd,” sê Gwendolyn. “Maar ek kan nie aanvaar nie. Ek is ‘n vrou.”

      “Dis waar, ‘n vrou het nog nooit op die troon van die MacGils gesit nie. Maar ek het besluit dat dit tyd is om tradisie te verander, Gwendolyn, jy het van die beste brein en gees as menige jong vrou wat ek nog ooit ontmoet het. Jy is jonk, maar as die Here behoed, sal ek nie binnekort sterf nie, en as die tyd aanbreek, sal jy wys genoeg wees om te regeer. Die koninkryk sal joune wees.”

      “Maar Vader!” Gareth skreeu, sy gesig wasbleek.” Ek is die oudste wettige seun! Nog altyd, in die hele geskiedenis van die MacGils, het die koningskap na die oudste seun gegaan!”

      “Ek is Koning,” antwoord MacGil donker, “en ek dikteer tradisie.”

      “Maar dit is nie regverdig nie!” pleit Gareth, sy stem klaend.”Ek is veronderstel om Koning te wees. Nie my suster nie. Nie ‘n vrou nie!”

      “Hou jou tong dop, seun!” skreeu MacGil woedend.”Durf jy my oordeel bevraagteken?”

      “Ek word dus oorgesien vir ‘n vrou? Is di twat u van my dink?”

      “Ek het my keuse gemaak,” sê MacGil. “Jy sal dit respekteer, en dienswillig navolg, soos elke ander onderdaan van my koninkryk. Nou mag julle almal my verlaat.”

      Sy kinders buig hulle hoofed vining en haas uit die vertrek uit.

      Maar Gareth stop by die deur, hy kan homself nie so ver bring om te gaan nie.

      Hy draai terug, en alleen vat hy sy pa aan.

      MacGil kon die teleustelling op sy gesig sien. Duidelik het hy verwag om benoem te word vandag. Meer nog: Hy wou dit hê. Desperaat. Dit verbaas macGil nie in die minste nie---en dit was presies waarom hy dit nie vir hom gegee het nie.

      “Waarom haat u my, Vader?” vra hy.

      “Ek haat jou nie. Ek dink net nie jy is geskik om my koninkryk te regeer nie.”

      “En hoekom nie?” druk Gareth voort.

      “Want dit is presies wat jy wil hê.”

      Gareth se gesig raak al die skakerings van rooi. Duidelik, het MacGil hom insig gegee tot sy diepste wese. MacGil hou sy oë dop, sien hoe hulle brand met haat vir hom wat hy nooit gedink het moontlik was nie.

      Sonder ‘n verdere woord, storm Gareth uit die vertrek en slaan die deur agter hom toe.

      In die weergalmde eggo, sidder MacGil. Hy onthou sy seun se staar en het ‘n haat aangevoel, baie diep, dieper selfs as enige van sy vyande. Op daardie oomblik dink hy aan Argon, aan sy bekendmaking, van gevaar wat naby was.

      Kon die gevaar so naby wees?

      HOOFSTUK SES

      Thor naêl oor die groot veld van die arena, met al die spoed waaroor hy beskik. Agter hom hoor hy die voetspore van die Koning se wagte, kort op sy hakke. Hulle jaag hom oor die warm en stowwerige landskap, vloekend. Voor hom uitgestrek is die lede—en die nuwe rekrute---van die Legioen, dosyne seuns, dieselfde as hy, maar ouer en sterker. Hulle word opgelei en getoets in verskeie formasies, party gooi spies, ander gooi dolke, terwyl ander werk aan hulle lanse se greep. Hulle mik na vêraf teikens, en gooi selde mis. Dit was sy kompetisie, en hulle vertoon indrukwekkend.

      Tussen hulle was dosyne regte ridders, lede van die Silwer, staande in ‘n half-sirkel en hou die aksie dop. Beoordelend. Besluit wie mag bly en wie word huistoe gestuur.

      Thor het geweet hy moet homself bewys, hy moet hierdie mans beïndruk. Binne minute sal die wagte by hom wees, en as hy enige kans staan om hulle te beïndruk, was dit nou. Maar hoe? Sy verstand maal terwyl hy oor die binnehof hardloop, vasbeslote om nie weggewys te word nie.

      Terwyl Thor hardloop, begin ander notisie neem. Party van die rekrute stop waarmee hulle besig was en draai om, en so ook sommige van die ridders. Binne oomblikke voel Thor al die aandag is op hom gevestig. Hulle lyk verbaas, en hy besef hulle wonder wie hy was, naêlend oor hulle gronde met drie van die Koning se wagte in tou. Dit was nie hoe hy ‘n induk wou skep nie. Sy lêwe lank, waneer hy gedroom het om by die Legioen aan te sluit, het hy dit nie afgespeel soos dit nou gebeur nie. Soos Thor hardloop, wonder hy wat om te doen, en skielik word dit duidelik. Een groot seun, ‘n rekruut, besluit self dat hy die ander gaan beïndruk, deur vir Thor te stop. Lank, gespierd, en bykans twee keer so groot as Thor, lig hy sy hout swaard om Thor se weg te blokkeer. Thor kon sien dat hy vasbeslote was om hom neer te trek, om ‘n gek van hom te maak voor almal, en daardeuur vir homself ‘n voorsprong gee oor die ander rekrute.

      Dit laat Thor woedend.Thor het nie ‘n appeltjie te skil met die seun nie, en dit was nie sy geveg nie. Maar hy maak dit sy geveg, net om voordeel daaruit te trek.

      Soos hy nader kom, kon Thor skaars glo hoe groot die seun is: hy toring bokand hom, frons af na hom met lokke dik swart hare wat oor sy voorkop val, met die grootste, vierkantigste ken wat Thor nog ooit gesien het. Hy kon nie sien hoe hy iets aan die seun kon doen nie.

      Die seun storm op hom af met sy hout sward, en Thor besef as hy nie vinnig optree nie, sal hy uitgeslaan word.

      Thor se refleksies tree in. Hy reik instinktief na sy slinger, trek terug en gooi ‘n klip na die seun se hand. Dit was raak en slaan die sward uit die seun se hand, net toe die seun sy hand ondertoe bring. Dit vlieg en die seun, skreeuend, gryp sy hand.

      Thor mors nie tyd nie. Hy storm, trek voordeel uit die situasie, spring deur die lug, en skop die seun, plant sy twee voete vierkantig op die seun se bors. Maar die seun was so dik, dit was soos om ‘n dik eike boom te skop. Die seun strompel skaars ‘n duim agtertoe, terwyl Thor val voor die seun se voete.

      Dit het niks goeds voorspel nie, dink Thor, waneer hy die grond tref met ‘n knal, sy ore fluitend. Thor prober om tot sy voete te kom, maar die seun is vinniger as hy. Hy reik na onder, gryp Thor aan sy rug, en gooi hom vliëend, gesig eerste, in die grond.

      ‘n Groep seuns vergader vinnig in ‘n kring rondom hulle en juig. Thor word rooi, verneder.

      Thor draai om op te kom, maar die seun is te vinnig. Hy was reeds bo-op hom, pen hom vas. Voor Thor homself kon kry was dit ‘n stoeigeveg, en die seun se gewig was ongelooflik.

      Thor kon die gedempte roepe van die ander rekrute hoor terwyl hulle ‘n kring vorm, skreeuend, angstig om bloed te sien. Die seun se gesig is boosaardig bokant hom, hy reik uit met sy duime en bring dit nader aan Thor se oë. Thor kon dit nie glo nie---dit kom voor asof die seun hom regtig wil seermaak. Wou hy regtig so graag die voordeel hê?

      Op die laaste sekonde, rol Thor sy kop uit die pad, en die seun se hande vlieg verby, in die grond in.

Скачать книгу