ТОП просматриваемых книг сайта:
Die Krag Van Middernag Gebed. Gabriel Agbo
Читать онлайн.Название Die Krag Van Middernag Gebed
Год выпуска 0
isbn 9788893987431
Автор произведения Gabriel Agbo
Жанр Зарубежная эзотерическая и религиозная литература
Издательство Tektime S.r.l.s.
(Uittreksel geneem en losweg vertaal uit die boek: “Deliverance from the Powers of Darkness” (Bevryding van die Magte van Duisternis)
Voorwaar, die Here ons God is groot! Het jy die bostaande gelees? Sy teenwoordigheid beskerm ons en as dit nie vir hierdie soort belydenisse was nie, sou ons nooit weet van die talle gevegte wat ons grote God daagliks vir ons veg nie. Dink jou by die bogenoemde storie in. Asseblief, leef ʼn lewe van lofprysing. En hier bedoel ek opregte lofprysing uit jou hart uit. Dit is altyd ʼn kragtige wapen in die hande van ʼn kind van God.
Kom ons beweeg vinnig aan en oorweeg die ander wapens wat ons het. Ons gaan ook oor meer getuienisse lees. Laat ons na die Naam van Jesus kyk.
Die Naam van Jesus
“Daarom het God Hom ook tot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam. Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: ‘Jesus Christus is HERE!’ En só sal God die Vader verheerlik word!”
Filippense 2:9-11
“Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan Sy regterhand laat sit het. Nou is Christus hoog verhewe bo elke owerheid en gesag en krag en heerskappy, ja, elke noemenswaardige instansie, nie net in hierdie wêreld nie, maar ook in die wêreld wat kom.” … “Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee.”
Efesiërs 1:19-21; 2:6
“Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo: Hulle sal duiwels in My Naam uitdryf, en hulle sal in nuwe tale praat. Hulle sal slange ongedeerd kan hanteer en as hulle iets giftig drink, sal dit hulle nie affekteer nie. Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word.”
Markus 16:17-18
Die naam van Jesus is ʼn baie groot wapen in die hande van ʼn Christen, veral die gebedstryder. Dit is altyd dodelik vir die duiwel en die donker koninkryk wanneer dit deur ʼn gelowige, en selfs soms deur ongelowiges, genoem word. Die naam van Jesus maak die deure van die hemel oop en maak ook al die magte in die hemel, op die aarde, onder die aarde, en in die water onderdanig. Maar hoekom is dit so kragtig?
In die eerste plek, Jesus Christus is die Seun van God wie uit die hemel gekom het. Dit is ʼn baie eenvoudige bekendstelling van Jesus. Maar as jy die Skrif bestudeer, sal jy, sonder twyfel, by die onbetwiste feit uitkom dat Jesus God is. Hy is God, maar het in menslike vorm gekom. Vanaf die Ou Testament na die Nuwe, alles verwys na hierdie feit toe. Dus, as hierdie man God in die vlees was, waarom sou Hy (Sy naam) nie absolute gesag en invloed oor Sy skepping beveel nie? Vertel my.
In die tweede plek, voordat jy my beskuldig dat ek nie weet wat in my Bybel staan nie, Jesus het ook die hoogste gesag ‘verdien’ toe hy die prys vir sonde betaal het en uit die dood uit opgestaan het. Ek hoop jy het die verse aan die begin van die hoofstuk gelees? Hulle is selfverduidelikend. En dit is waarom ek nie veel kommentaar oor hulle lewer nie.
Jy kan die volgende skrifgedeeltes lees en jou eie gevolgtrekkings maak:
“. En omdat julle één is met Christus deel julle in Sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.”
Kolossense 2:9-10
“. Hy is die Eerste van die hele skepping, omdat God alles deur Hom geskep het. Ja, alles in die hemel en op die aarde – die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of magshebbers is – álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep. Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind.”
Kolossense 1:15
Wonderlik! Nou wat wil jy hê moet ek nou weer sê? As Christus hierdie aard en eienskappe het, hoe kan ʼn geskape wese (soos Satan en sy donker agente) ooit voor Hom staan? En dit is die dinge wat ons as Christene moet verstaan. Dat ons Verlosser, Jesus Christus, God is. Dat Hy alles in die ganse heelal geskep het en steeds beheer – of dit nou ʼn krag, owerhede, regeerders, owerhede, trone, heerskappye in die lug, in die water, op die aarde, op die berge, in die donker plekke, of in die dag en in die nag is.
So, wanneer jy Sy naam noem, hoor hierdie geskape wesens die naam van hulle Skepper en hulle het geen ander keuse as om te gehoorsaam, te buig, en om hulself aan Sy gesag te onderwerp nie. ʼn Skepping sal altyd onderhewig aan die skepper wees. Dit is eenvoudig!
Jesus het dit baie goed geweet dit is waarom Hy oor duiwels, siektes, die natuur, en situasies regeer het terwyl Hy nog op aarde was. En selfs op die punt van die dood moes Hy Homself gewillig oorhandig, want sterflinge kon Hom nie fisies in hegtenis neem nie, om nie eers te praat van Hom doodmaak nie. Kom ons kyk net die drama wat tydens sy inhegtenisneming plaasgevind het:
“Nadat Jesus dit gesê het, het Hy saam met Sy dissipels die Kedronspruit oorgesteek. Aan die oorkant was daar ’n tuin geleë. Hy en Sy dissipels het die tuin toe binnegegaan. Judas, die een wat Hom sou uitlewer, het ook die plek geken omdat Jesus en Sy dissipels dikwels daar bymekaargekom het. Judas het op daardie oomblik die afdeling soldate en die wagte van die priesterhoofde en Fariseërs begelei en by die olyftuin aangekom met lanterns, fakkels en wapens.
“Jesus was egter deeglik bewus van alles wat oor Hom sou kom en het op Sy eie uit die groep na vore beweeg en vir hulle gesê: ‘Wie soek julle eintlik?’
“Hulle het Hom geantwoord: ‘Jesus van Nasaret.’
“‘Dit is Ek,’ antwoord Jesus. Judas, die een wat Hom sou uitlewer, het ook daar tussen hulle rondgestaan. En toe Jesus vir hulle sê: . Jesus het Sy vraag aan hulle herhaal: ‘Wie soek julle eintlik?’
“‘Jesus van Nasaret,’ was hulle antwoord.
“Jesus se reaksie was: ‘Ek het dan vir julle gesê dat dit Ek is. As julle Mý dan soek, laat hierdie mense wat saam met My is, weggaan.’ Sodoende het die woord wat Hy vroeër uitgespreek het, waar geword: ‘Uit die mense wat U aan My toevertrou het, het niemand verlore gegaan nie.’
“Simon Petrus het ’n swaard by hom gedra. Hy trek toe sy swaard uit die skede, slaan daarmee na die slaaf van die hoofpriester, en kap sy regteroor af. Die slaaf se naam was Malgus. Jesus sê toe dadelik vir Petrus: ‘Sit die swaard terug in sy skede. Sal Ek dan nie die beker drink wat die Vader aan My gegee het nie?’
Johannes 18:1-11
Sjoe! Jesus se inhegtenisneming was inderdaad ʼn drama. Daar is so baie om te leer uit hierdie skrifgedeelte. Ons het hierdie skrifgedeelte ingesluit sodat jy die gesag en karakter van Jesus terwyl Hy op aarde was kan waardeer. ʼn Bataljon van soldate met al hul wapens kon Hom nie in hegtenis neem nie. Toe Hy vir hulle gesê het: ‘Dit is Ek’, het hulle almal op die grond geval. Hy het Homself later vrywillig aan hulle oorhandig sodat Hy Sy goddelike sending om Sy lewe vir die mensdom te offer kon vervul. Anders sou dit onmoontlik gewees het vir mense om Hom dood te maak.
Ja, Hy was altyd in beheer van elke situasie. Dieselfde Jesus sê dat Hy vir ons daardie gesag gegee het in Sy naam om duiwels uit te dryf, Satan te weerstaan, die siekes gesond te maak, en om owerhede, magte en heersers van die duisternis aan te val. Die gelowige, veral die gebedstryder moet hierdie goed verstaan. Elke