ТОП просматриваемых книг сайта:
Uit die Beek 2019. Barend Vos
Читать онлайн.Название Uit die Beek 2019
Год выпуска 0
isbn 9780796320940
Автор произведения Barend Vos
Жанр Религия: прочее
Издательство Ingram
Dit is die onafwendbaarheid waarop hul volhardende dwaling uitloop: ’n inval, ’n verwoestende strooptog.
Kan God dan so wrokkig wees dat Hy nie sy mense, die “groen olyfboom” wat Hy self geplant het (v. 16-17), genade betoon nie? Kan Hy nie nóg ’n slag van plan verander nie?
So vra hulle, dalk. Só vra ons, gereeld. Hulle, ons, die dissipels van die goedkoop genade-evangelie.
En so kyk ons die Here se trane mis. So vermy ons die eintlike kwessie: ontrou. Verbondsverbreking. Die skaamteloosheid waarmee Godskinders agter al wat ’n afgod is aanhardloop.
____________________
Here, herinner my gereeld daaraan dat daar duur betaal is om my te verlos.
Dinsdag 26 MAART 2019 Lees Romeine 2:12-16
Vreemde genade
Dit sal aan die lig kom … wanneer God … oordeel … (v. 16).
Dit is die ding met Paulus se Romeinebrief: Die sinne is lank en die redenasies ingewikkeld, en gewone Bybellesers blaai dikwels hier verby. En só loop ons van die merkwaardigste gedeeltes in die Bybel mis, tot ons groot skade.
Kyk dan nou hier: Op ’n logiese wyse – al is die taalgebruik nogal ingewikkeld – bevestig Paulus minstens twee Jesusuitsprake wat ons in die Evangelies teëkom. Eers verduidelik Paulus dat nie die hoorders nie maar die doeners van die wet deur God vrygespreek word (vgl. v. 13). Dit rym volledig met Jesus se waarskuwing, reeds in sy preek op die berg, dat die “Here, Here”-sêers ’n groot en onaangename verrassing te wagte kan wees wanneer hulle God van aangesig tot aangesig sal ontmoet (vgl. Matt 7:21-23).
Dié doodskisspyker word behoorlik omgeklink wanneer Jesus sy bergpreek afsluit met die gelykenis van die huise wat onderskeidelik op die rots en op die sand gebou is (vgl. Matt 7:24-27).
Die tweede uitspraak van Paulus in hierdie paar Romeineverse is selfs veelseggender. Hy sê daar sal eendag, wanneer God oor die verborge dinge oordeel, ’n nóg groter verrassing (’n ontnugtering, dalk?) op gelowiges wag: Heidene, wat nie God se wet ken nie omdat hulle dit nooit gehoor het nie en wat nogtans die eise van die wet nakom, sal vrygespreek word.
Goeie genade!
Maar ook dit moet ons nie verras nie. Jesus het immers aan sy volgelinge gesê Hy het ook ander skape “wat nie van hierdie kraal is nie”, maar wat ook na sy stem luister (vgl. Joh 10:16).
O die ruimhartigheid van God, tog! Die groot hande, die wye arms. As ek dit tog net sal raaksien, sal uitleef …
____________________
Ook ék pas in u omhelsing, Here! Leer my om elke dag te doen wat U vra.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.