Скачать книгу

sê die ander man.

      “Ek … verstaan nie.”

      Blondie lag. “Net ’n joppie wat jy vir ons moet doen – en die cash is joune.”

      “Watse joppie?”

      “Môrenag moet jy twee ouens uit die lewe help. Low risk, albei gaan rustig in hul hotelkamers slaap en jy sal ’n pistol met ’n silencer hê om dit saggies te doen. Jy kry die cash sodra jy die job suksesvol afgehandel het.”

      Frankie kan nie glo wat hy hoor nie. “Julle moet seker mal wees! Ek’s nie ’n bleddie huurmoordenaar nie. Kry iemand anders om julle vuilwerk te doen!”

      Blondie is soos blits op hom en ruk hom aan die arms van die matras op. Hy druk sy gesig teen Frankie s’n. “Luister nou baie mooi na my, Kriel. Jy’t nie ’n fokken choice nie. Doen jy nie presies wat ons jou beveel om te doen nie, is jý die een wat ingespit word.”

      “En jou arme onskuldige vrou gaan saam met jou na daai grave toe,” sê die ander man.

      “Julle los my vrou uit!” skree Frankie. Hy probeer hom loswikkel uit Blondie se greep, maar besef gou hy staan nie ’n kans teen die reus nie.

      Blondie lag, sy warm, suur asem in Frankie se gesig. “Ons hou jou vrou op ’n ander plek aan. En ek kan jou ’n brief gee: Die mean bliksem wat haar oppas, sal haar eers rape voor hy haar doodmaak.”

      “Julle lieg … julle het haar nie …”

      Blondie draai na die ander man. “Wys hom.”

      Dié haal ’n foto uit sy jassak en hou dit uit na Frankie. Hy herken dit dadelik: dis een van hulle troufoto’s.

      Die man haal nog iets uit sy sak en gooi dit na Frankie, wat dit instinktief vang.

      Die nekhangertjie wat Sue altyd dra.

      * * *

      Dis al skemer, maar Kassie besluit om eers by die kantoor aan te gaan om te kyk of Colyn-hulle nog daar is. Hy’s nuuskierig om te hoor hoe die brigadier op die nuus van Maartens se dogter gereageer het.

      Hy kry Colyn en Piedt in hulle kantoor. Albei lyk verwese. Colyn sit met sy kop gestut in sy hande agter die lessenaar en Piedt se hand roteer soos ’n ruitveër oor sy ken.

      “Hoe gaan dit?” vra Kassie.

      Colyn kyk nie eens op nie; Piedt sug net. “You don’t want to know, bru.”

      “Wat’s fout?”

      “Ons moes die dogter vroegmiddag inbring vir ondervraging – brigadier se orders,” sê Colyn. “Ons het haar vir twee ure ondervra.”

      “Brigadier Terror het haar try dissect soes ’n brain surgeon,” sê Piedt. “Maar sy’t heeltyd by haar storie gestick.”

      Colyn gooi sy hande in die lug. “Sy’s fokken onskuldig!”

      “Of sy’s ’n actress of note,” sê Piedt.

      “Hoe verklaar sy die oproepe na haar pa?” vra Kassie.

      “Sy sê dis sý wat hom die Woensdagoggend van die algemene kantoornommer af gebel het,” antwoord Colyn. “Glo om te sê hy mors sy tyd om Dippenaar te bel, want dié weier om oproepe te neem. Dis hoekom Maartens toe nie weer gebel het nie. En Dippenaar het daai oggend vir haar gesê sy hoef nie meer kantoor toe te kom nie, want hy sluit die besigheid vir die volgende twee weke om oorsee te gaan. Sy’t toegegee daar was iemand by Dippenaar in sy kantoor, maar sy weet nie wie dit was nie. Sy’t hom nooit sien inkom nie, net gehoor daar’s ’n ander manstem in die kantoor.”

      “En die oproep die Saterdagoggend na haar pa?”

      “Dit was ook sy. Volgens haar was sy so geskrik toe sy op Dippenaar se lyk afkom dat sy nie helder kon dink nie. Sy’t eers na die ontvangstoonbank gestorm en haar pa gebel. Hy’t haar kalmeer en gesê sy moet die polisie bel. Sy’s toe terug na Dippenaar se kantoor en het die polisie van sy direkte lyn af gebel.”

      “Wat het sy op kantoor gesoek as sy nie veronderstel was om werk toe te gaan nie?”

      “Glo haar selfoonlaaier vergeet.”

      “Sy was so solid soos ’n rock,” sê Piedt. “Nooit gelyk of sy lieg nie.”

      Kassie skud sy kop. “Sy kom eers drie dae later agter sy’s sonder haar selfoonlaaier? En hoekom het Maartens nie vir my gesê sy dogter is die ontvangsdame nie? Ook nie ’n woord oor haar oproepe nie. Hulle móét skuldig wees. Die brigadier moes gewag het vir die vingerafdrukke. Sy’t nou alles opgedonner deur so oorhaastig op te tree.”

      Die feit dat Colyn en Piedt verby hom kyk, laat Kassie vinnig omdraai.

      Die brigadier staan in die deur, haar blik moordend op hom.

      * * *

      Willie tuur nog lank voor hom uit nadat hy die gehoorbuis neergesit het. MacArthur weier om na rede te luister. Weismeyer se referaat is eers vier dae ná sy aankoms, daarom het Willie gevra of hulle sy moord met ’n dag of twee kan uitstel. Dit sal hom kans gee om ’n ordentlike plan te beraam om eers van Lipinsky ontslae te raak.

      “Onder geen omstandighede nie!” het MacArthur gebulder. “’n Mens weet nie hoe los Weismeyer se bek gaan raak tussen sy medegroenes by die kongres nie. Hy’s nou ons eerste prioriteit.”

      MacArthur se beheptheid om die wetswysigings deurgevoer te kry, bedonner sy gesonde oordeel heeltemal, dink Willie. Hy het beveel dat die Lipinsky-moord na die werk van Islamitiese radikale moet lyk, aangesien Lipinsky volgens Althorp ook besig is om ’n spul radikale se bewegings dop te hou.

      Wat Willie veral pla, is dat hy nou direk met Lipinsky se moordenaar sal moet praat. Hy kan dié keer nie bekostig om met ompaaie ’n afstand tussen hom en die moordenaar te skep nie.

      Die enigste bemoedigende nuus van die dag is dat Viking hom ingelig het Frankie is bereid om die job te doen. Volgens Viking is hy skytbang sy vrou kom iets oor.

      “Arme drommel,” prewel Willie toe hy die gehoorbuis optel om die huurmoordenaar in Amerika te bel.

      * * *

      Shaheena stap met ’n stormagtige gemoed by haar huis in. Sy’s ontsteld oor Kasselman se opmerking dat sy Maartens se dogter te vinnig ondervra het. Sy weet hy’s reg, maar sy wou dit nie van hom of enigiemand anders in die kantoor hoor nie. Dis die druk van die bleddie polisiehoof wat haar oorhaastig laat optree het!

      Sy hou in elk geval nie veel van Kasselman nie. Ook nie van sy handlanger Els nie. Die feit dat sy hulle nie aangestel het nie, dra daartoe by. Die ander speurders, wat sy ook geërf het, kom minstens almal uit spesialiseenhede, maar Kasselman en Els was blote stasiespeurders – ’n spesie van wie Shaheena nie veel dink nie, en wat sy beslis nie vir die SGU sou gekeur het nie.

      Al het die werwingsoffisier haar verseker Kasselman het ’n uitstekende rekord, is sy nie oortuig nie. Net geoordeel aan sy voorkoms, lyk hy soos ’n opperste sukkelaar. Van die eerste dag af dra hy daai onaansienlike rooi windbreaker wat soos ’n sak aan hom hang. En besit die man nie broeke wat lank genoeg is nie? Wat hy aan sy hare smeer, weet sy ook nie, maar dit lyk of ’n hond hom elke oggend op sy kop lek. Sy sal met hom moet praat. Sy slordige voorkoms kan die beeld van die SGU ernstig skaad.

      Kasselman is dadelik uit haar gedagtes toe sy Elton se kar in die oprit hoor stilhou. Agtuur. Snaakse tyd vir hom om by die huis aan te kom. Gewoonlik is hy dan lankal weer vort. Sy stap kombuis toe om te kyk wat in die yskas is. Dalk dring hy aan op ’n ete.

      Hy kom in met ’n KFC-houer in die hand. Brom net iets in haar rigting voor hy agter die kombuistafel inskuif om te eet.

      Nuwe broek en baadjie, merk sy op. Waar sou hy die geld gekry het? Roulettetafel?

      “Mooi baadjie,” sê sy.

      Hy kyk gesteurd op. “Nou en dan verdien ek ook my eie geld. So ek kan seker koop wat ek wil.”

      “O, nie geweet

Скачать книгу