ТОП просматриваемых книг сайта:
Goudmyn. Wilbur Smith
Читать онлайн.Название Goudmyn
Год выпуска 0
isbn 9780795708220
Автор произведения Wilbur Smith
Издательство Ingram
Steyner laat val die handdoek in die blik en kom terug na sy sitplek toe. Hy bly ’n minuut lank doodstil sit, terwyl hulle twee mekaar aanstaar.
“Het jy my al die pad hierheen laat kom om dít vir my te se?” vra Jak. Sy hele lyf is gespanne, en sy stem is effe hees. Dis so hittete of hy duik oor die lessenaar en gryp die ander man aan die strot.
“Nee.” Steyner skud sy kop. “Ek het jou laat kom om jou in te lig dat ek ál my invloed, wat ek graag glo nogal iets werd is, sal gebruik om te sorg dat jy aangestel word – en ek bedoel onmiddellik – as Sonderkloof Goudmynmaatskappy Beperk se hoofbestuurder.”
Jak deins terug in sy stoel asof die man in sy gesig gespoeg het. Hy staar verdwaas. “Hoekom?” kry hy dit uiteindelik uit. “Wat wil jy in ruil hê?”
“Nie jou vriendskap of dankbaarheid nie,” sê doktor Steyner. “Net dat jy sonder teenspraak my instruksies uitvoer. Jy sal my gehoorsaam, geheel en al.”
Jak bly staar strak vorentoe terwyl sy gedagtes volstoom werk. Sonder Steyner se ingryping sal hy minstens tien jaar moet wag op bevordering, ás dit ooit kom. Hy wil dit hê, die Here weet, hy wil dit bitter graag hê. Die prestasie, die salarisverhoging, die mag wat met die pos saamgaan. Sy eie myn! Sy eie myn op 38-jarige ouderdom – en ’n bykomende tienduisend rand per jaar.
Maar Jak is nie so goedgelowig dat hy dink Manfred Steyner se prys sal laag wees nie. Wanneer die opdrag kom wat hy sonder teenspraak moet volg, weet hy dit sal stink soos ’n lyk wat tien dae in die son gelê het. Maar as hy eers die werk het, kan hy dalk die opdrag weier. Kry eers die werk, en besluit dan wanneer die opdrag kom of hy dit gaan volg.
“Ek aanvaar dit,” sê hy.
Manfred Steyner staan op agter sy lessenaar. “Jy sal van my hoor. Nou kan jy gaan.”
9
Jak steek die breë geplaveide stoep oor sonder om enigiets te sien of te hoor. Hy is in ’n dwaal terwyl hy oor die grasperk na sy kar toe loop. Sy gedagtes maal oor die pas afgelope gesprek, skeur dit uitmekaar soos ’n trop wildehonde wat ’n karkas toetakel.
Hy loop omtrent in Theresa Steyner vas voordat hy haar opmerk, en eensklaps dink hy glad nie meer aan die pos as hoofbestuurder nie.
Theresa het ander klere aangetrek, haar gesig gegrimeer, en die boksterte is versteek onder ’n lemmetjiegroen syserp – dit alles in die halfuur sedert hy haar laas gesien het. Sy staan by ’n blombedding met ’n mandjie aan een arm gehaak, helder en vrolik soos ’n heuningvoëltjie.
Jak is geamuseer en gevlei, ydel genoeg om te besef die verandering was om sy onthalwe, en genoeg van ’n kenner om die verbetering te waardeer.
“Hallo.”
Sy kyk op, en kry dit reg om tegelyk verbaas en ongekunsteld te lyk. Haar oë is regtig enorm, en die grimering is aangewend om hulle te beklemtoon.
“Jy’s ’n besige miertjie.” Jak laat gly sy kennersoog oor die geblomde broekpak wat sy dra, en sien die blos op haar wange vorm toe sy sy oë op haar voel.
“Was die gesprek suksesvol?”
“Baie.”
“Is jy ’n prokureur?”
“Nee, ek werk vir jou oupa.”
“Op watter terrein?”
“Ek delf goud.”
“Watter myn?”
“Sonderkloof.”
“Wat doen jy daar?”
“Wel, as jou man woord hou, dan’s ek die nuwe hoofbestuurder.”
“Jy’s te jonk,” sê sy.
“Dis wat ek ook gedink het.”
“Oupaps sal wel iets hieroor te sê hê.”
“Oupaps?” vra hy.
“My oupa.”
Jak lag voordat hy hom kan inhou.
“Wat’s miskien so snaaks?”
“Dat GSR se voorsitter ‘Oupaps’ genoem word.”
“Dis net ek wat hom so noem.”
“Daarvan is ek seker.” Hy lag weer. “ ’n Meisie soos jy kan seker allerhande stoutighede aanvang.”
Die seksuele moontlikhede van sy opmerking tref hulle albei en hulle raak stil. Theresa kyk af terwyl sy ’n blomsteel knip.
“Ek het dit nie só bedoel nie,” maak Jak verskoning.
“Nie hoe nie, meneer Stapelberg?” Sy kyk openlik na hom en vra die vraag met onnutsige onskuld, waarop hulle albei lag.
Die ongemak wyk dadelik.
Sy loop saam met hom kar toe en laat dit doodnatuurlik voorkom, en toe hy agter die stuur inklim, merk sy op: “Ek en Manfred kom volgende week Sonderkloof toe. Manfred gaan toekennings vir lang diens en dapperheid aan party van jou mense toeken.” Sy het reeds die uitnodiging om saam met Manfred te gaan van die hand gewys, en sal nou moet sorg dat hy haar weer nooi. “Ek sal jou seker dan sien.”
“Ek sien uit daarna,” sê Jak en laat skiet die koppelaar.
Met die wegry kyk hy in sy truspieëltjie. Sy is ’n merkwaardig aantreklike en aanloklike vrou. As ’n man nie oppas nie, kan jy in daardie oë verdrink.
Doktor Manfred Steyner het vir hom ’n helse probleem op die hals gehaal, besluit hy. Onse Manfred is seker so besig om sy toerusting in te seep en te skrop, dat hy nooit daarby uitkom om dit te gebruik nie.
10
Deur die loodglasvensters sien doktor Steyner ’n flits van die Maserati toe dit om die oprit se draai verdwyn, en hy luister totdat die enjingedruis stil raak. Dan tel hy die telefoon se gehoorbuis op en vee dit met die wit sakdoek af voordat hy dit teen sy oor druk. Hy skakel en terwyl die foon lui, inspekteer hy sy los hand se naels noukeurig.
“Steyner,” sê hy in die mondstuk. “Ja … Ja.”
Hy luister.
“Ja, hy is pas hier weg … Ja, dis gereël … Nee, daar sal nie moeilikheid wees nie, daarvan is ek seker.” Terwyl hy praat, kyk hy na sy handpalm. Hy sien fyn sweetdruppeltjies daarop uitslaan en ’n opwelling van weersin trek sy lippe plat. “Ek is ten volle bewus van die gevolge. Ek kan jou verseker, ek weet.”
Hy maak sy oë toe en luister nog ’n rukkie roerloos terwyl die gehoorstuk krys en klik, dan maak hy sy oë oop. “Dit sal als wel gedoen word, daarvan kan jy maar seker wees. Tot siens.”
Hy lui af en gaan na die wasbak toe. Terwyl hy sy hande inseep, dink hy: Nou moet ek dit net by die ou man verbykry.
11
Hy is nou oud, 78 lang, moeilike jare oud. Sy hare en wenkbroue is spierwit, sy vel is vol voue en plooie, vol merke en vlekke, en hang in sakkies onder sy ken en oë.
Sy lyf het uitgedroog, sodat hy lank en dun en krom staan soos ’n boom wat in sterk wind gegroei het, maar die onderliggende dringendheid spreek nog steeds uit sy houding, met dieselfde dringendheid wat vir hom die naam Hurry Hirschfeld verwerf het toe hy sestig jaar gelede die eerste keer die goudvelde getref het.
Op hierdie Maandagoggend staan hy voor die vollengte vensters in sy dakkantoor en kyk af oor Johannesburg. Reef House staan skouer aan magtige skouer langs die Schlesinger-gebou op Braamfonteinrif, bokant die middestad. Van hierdie hoogte af lyk dit asof Johannesburg voor Hurry Hirschfeld se voete neerbuig, wat heel gepas is.
Lank gelede,