ТОП просматриваемых книг сайта:
Uit die Beek 2015. Attie van Wijk
Читать онлайн.Название Uit die Beek 2015
Год выпуска 0
isbn 9780796318121
Автор произведения Attie van Wijk
Жанр Религия: прочее
Серия Uit die Beek
Издательство Ingram
Die offers moes sonder enige gebrek wees. Maar dit was bloot ’n voorafskaduwing van wat Christus sou kom doen. Toe Annas verklaar dat dit beter sou wees dat een man vir die hele volk sterf, het hy nie besef dat dit presies was wat God beplan het nie (vgl Joh 11:50). En toe Pilatus verklaar: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie” (Luk 23:4) het hy daarmee aangedui dat dié offer sonder enige gebrek was, geskik om as offer te dien.
GEBED: Here, U is my God. Ek is gereed om U alleen te dien.
Lees vanaand in Levitikus 23:1-14 hoe ons die rusdag as ’n fees vir die Here moet vier. Watter ander feeste word hier genoem?
Woensdag 4 Februarie 2105 • Lees eers Levitikus 23:15-25
Die oesfees
Op hierdie dag moet julle ’n gewyde byeenkoms hou (23:21).
GESELSVRAAG:
Wanneer is dit ’n goeie tyd vir ons om ’n oesfees te hou?
“Die woord Pinkster kom van ’n Griekse woord wat ‘vyftig’ beteken. Dit verwys na die dankfees vir die oes wat die Jode elke jaar gehou het. Op dieselfde dag is die Heilige Gees op die gemeente in Jerusalem uitgestort en die eerste oes van 3 000 nuwe bekeerlinge is op daardie dag ingesamel.” So ontdek ons die verband tussen die Joodse feeste en die Christelike kerk. Die eerste Pinksterfees was presies 50 dae nadat Christus aan die kruis gesterf het.
Baie gemeentes, veral op die platteland, hou ’n jaarlikse fees aan die einde van die oestyd. Dit verskil volgens die aard van die boerdery in die omgewing. Tydens dié fees word die Here geloof en gedank vir sy genade, dat Hy reën op sy tyd gestuur het en dat die oes veilig ingesamel kon word. Dit is ’n tyd van groot blydskap. Dit val ook dikwels saam met ’n spesiale insameling vir die werk van die Here.
Ek hoop julle sien so uit na die Pinksterbyeenkomste in jul gemeente. Dit is tradisioneel ’n tyd van nuwe oorgawe, en baie mense kan hul dag van bekering aan ’n Pinksterdiens koppel. Dit is ’n ander soort oesfees. Die gewone oeste gaan verby, maar die geestelike oes bly tot in ewigheid. Ouers se gebed moet wees dat hul kinders en kleinkinders betyds deel van die Here se oes sal wees.
GEBED: Dankie vir al u tydelike en ewige seëninge, Here.
Lees vanaand in Levitikus 23:26-44 van die drie feeste wat in September en Oktober gehou is. Wanneer vier julle fees?
Donderdag 5 Februarie 2105 • Lees eers Levitikus 24:1-9
Lig in die donker
Aäron moet sorg dat daar dwarsdeur die nag ’n lig brand in die tent van ontmoeting … (24:3).
GESELSVRAAG:
Wat doen julle tydens ’n kragonderbreking?
“Ek is die koning van die duisternis,” probeer die duiwel ’n tannie bang maak. “O, dan werk jy seker vir Eskom!” reageer sy. Dit is maar een van die baie grappies wat die ronde doen sedert ons nie aldag seker is van ons elektriese toevoer nie. Ons is so gewoond aan elektriese krag dat ons vergeet mense het eeue lank goed daarsonder klaargekom. En as die elektriese toevoer onderbreek word, sit ons met die hande in die hare, want alles wat ons doen, het elektrisiteit nodig.
Die Israeliete se kamp het nie straatligte gehad nie. Elke tent het net ’n klein liggie gehad wat nie lank gebrand het nie. Almal is vroeg bed toe, want olie was skaars. Hier en daar het nog ’n vuurtjie gebrand, maar die kamp was gou in duister gehul. Maar op een plek was daar nie donkerte nie. In die tabernakel het daar ’n lamp met sewe vlammetjies gestaan en dié het die hele nag deur gebrand. Dit was die simbool dat die Here die hele nag wakker was en oor sy volk gewaak het. Dit herinner ons daaraan dat die Here Jesus vandag nog vir ons intree (vgl Rom 8:34). Hy slaap nooit nie.
As jy vanaand bekommerd is en nie kan slaap nie, onthou: Daar is Iemand op wag. Hy sluimer of slaap nie. Sy lig gaan nooit uit nie – vertrou Hom met jou bekommernisse (vgl 1 Pet 5:7).
GEBED: Dankie dat U altyd wakker is, Here.
Lees vanaand in Levitikus 24:10-23 hoe lewensgevaarlik dit is om God se Naam ydellik te gebruik.
Vrydag 6 Februarie 2105 • Lees eers Levitikus 25:1-12
Landboubeginsels
… maar die sewende jaar moet die hele land ’n rustyd hê, ’n sabbatsjaar tot eer van die Here (25:4).
GESELSVRAAG:
Hoe kan ons die land ekologies herstel?
“Indien die mens dit regkry om alle insekte uit te roei, sal die hele aarde binne 50 jaar ’n groot woestyn wees,” lees ek op die internet. “Maar as alle mense deur ’n verskriklike ramp van die planeet af verdwyn, sal die hele aarde binne 50 jaar volkome herstel en die volle biodiversiteit sal terugkom.” Dit laat ’n mens dink, nè? Die grootste bedreiging vir die aarde is die mens.
Die Israeliete was nou op pad na die beloofde land. Maar die land sou nie aan hulle behoort nie. Dit is God se land. Hy bepaal dus hoe hulle daardie land vir Hom moet bestuur. Een van die bepalings is dat die land elke sewende jaar moet braak lê om van oorbeweiding en oorproduksie te herstel. In daardie jaar sou hulle die Here kon vertrou om vir hulle te voorsien. Dit was dus ’n geloofstap om dié beginsels in die praktyk toe te pas.
Baie van ons kan getuig hoe wonderlik weiding kan herstel as jy ’n kamp ’n jaar lank kan laat rus. Maar ons sien ook oral in ons land dele wat deur oorbeweiding in ’n woestyn aan ’t verander is. Aardverwarming is ’n feit, en die manier waarop mense die aarde uitbuit en wanbestuur, het baie daarmee te doen. Ons kan gerus weer ’n slag na die Bybel luister.
GEBED: Here, help my om die stukkie aarde wat U aan my toevertrou het, reg en volhoudend te bestuur.
Lees vanaand in Levitikus 25:13-22 dat elke familie elke 50 jaar hul grond sou terugkry. Sou dit in ons land ’n oplossing wees?
Saterdag 7 Februarie 2105 • Lees eers Levitikus 25:23-34
God se land
Julle is slegs vreemdelinge en bywoners by My (25:23).
GESELSVRAAG:
Wanneer behoort iets ten volle aan jou?
“Myne!” is een van die eerste woorde wat kindertjies aanleer en gebruik. Elke mens is van kleins af selfsugtig. As ons nie groei nie, bly ons selfsugtig en lewe net vir onsself. Dit veroorsaak oneerlikheid, korrupsie en wanadministrasie. Tradisioneel het alle grond in Afrika aan die hoofman behoort, en hy kon dit uitdeel aan wie hy wou, solank die eienaar dit reg bestuur. Anders kon hy dit aan iemand anders gee. Die Voortrekkers het dit nie besef nie, en dit het tot baie stryd en bloedvergieting gelei.
Die Israeliete moes leer dat die hele land aan God behoort. Elkeen kon ’n deel daarvan bestuur, maar hulle moes rekenskap gee aan die Eienaar. God het bepaal dat elke eiendom ná 50 jaar aan die oorspronklike eienaar teruggegee moes word as teenvoeter vir armoede. Mense het ook die reg gehad om hul eiendom voor daardie tyd terug te koop indien dit finansieel met hulle beter gaan. Slegs in die stede kon jy eiendom permanent koop (vgl v 29). Op die platteland het jy eintlik net die opbrengs van die grond gekoop, nie die grond nie.
Hoe kan ons armoede in ons land bestry? Dit is die groot uitdaging vir die regering, die kerk en vir elke burger. Onkundiges praat van verdeling van rykdom – wat neerkom op verdeling van armoede, soos in Zimbabwe. Ons almal moet eers verander voordat ons vir ander mense sal omgee. Mag die Here ons daarmee help.
GEBED: Here, wys ons hoe ons armoede kan bestry.
Lees vanaand in Levitikus 25:35-46 hoe Israeliete verplig was om mekaar te help en vir mekaar te sorg.
Sondag 8 Februarie 2015 • Lees eers Psalm 28:1-5
As God swyg
As