Скачать книгу

wees omdat jy daarna glo dat jou vaginale opening nou wel groot genoeg is. Jy is dan nie meer so bang nie, die spiere van jou bekkenvloer ontspan en penetrasie is moontlik.

      Stel eers vas wat presies jou vaginisme veroorsaak voor jy enige behandeling oorweeg. Vaginisme begin dikwels as ’n fisieke toestand en kry dan ’n sielkundige komponent by.

      Jy kan ook vaginisme laat behandel voor jy die eerste keer seks het. As jy sukkel om ’n tampon gemaklik te gebruik, kry dadelik hulp. Dit kan die verskil tussen ’n onvervulde, traumatiese sekslewe en ’n gelukkige sekslewe en sterk verhouding beteken.

      OPLOSSINGS

      1. ’n Verdowende vaginale room

      Die doel van dié room (soos Remicaine-jel of Emla-room) is om die oorgestimuleerde senu-eindpunte te verdoof sodat seks nie so pynlik is nie.

      2. Fisioterapie

      Die fisioterapeut moet nagraadse opleiding in bekkenvloerterapie hê, asook genoeg ervaring van vaginisme. Sy (of hy) werk dan uitwendig én inwendig.

      Jy word geleer hoe om jou bekkenvloerspiere te laat ontspan en ook om self dié spiere te kan beheer. Indien jy knoppe in jou vagina ontwikkel het – byna soos spierspasmas in jou skouers – kan die fisioterapeut dit diskreet uitvryf.

      Jy sal oefeninge kry om tuis te doen sodat jou spasmas algaande kan verminder. Die fisioterapeut sal jou mettertyd leer dat iets (soos ’n tampon of penis) wél jou vagina kan penetreer, dat jy beheer daaroor het en dit kan toelaat as jy sou wou.

      3. Dilator-terapie

      Wanneer jy gereed is daarvoor, sal jy geleer word hoe om ’n dilator, oftewel verwydingsinstrument, in jou vaginale opening te plaas – vir sowat ’n halfuur per dag. Jy sal mettertyd verskillende groottes beproef – van so klein soos ’n oorstokkie tot by die heel grootste, wat groter as ’n normale penis is. Die spiere word só gerek en jy leer dat jy sélf iets in jou vagina kan sit, sonder pyn. Dis ’n belangrike komponent van jou sielkundige behandeling.

      4. Seksterapie

      Tydens seksterapie sal jy die sintuiglike fokustegniek aanleer. Dit beteken dat seks met (’n poging tot) penetrasie vir ’n tyd lank nie toegelaat word nie, maar wel eers wanneer jy ten volle gereed is daarvoor. Gedurende dié tyd sal jy en jou maat mekaar weer sensueel (deur jul sintuie) kan leer ken, deur aanraking en streling. Só kan julle jul emosionele en fisieke intimiteit begin herstel – sonder druk van enige kant af.

      5. Psigoterapie

      Omdat die sielkundige oorsake van vaginisme dikwels vroeëre seksuele trauma of ’n negatiewe seksopvoeding insluit, moet jou liggaamsgeheue aandag kry. Só kan die effek van trauma op ’n onbewuste en dieper vlak behandel word.

      Kognitiewe gedragsterapie sal jou leer om anders te dink oor seks, om ’n positiewer benadering daarvan te hê.

      6. Botoks

      Indien nie een van die ander metodes vir jou vaginisme gehelp het nie, kan jy behandeling met botoks oorweeg. Maar dis die laaste uitweg vir spierontspanning en is selde nodig. Botoks vir vaginisme is nog in die eksperimentele fase.

      Met dié prosedure (wat tot ’n uur kan duur) word jy onder bewuste sedasie of narkose geplaas. Hierna word jy met ’n lokale verdowingsmiddel ingespuit en kry jy verskeie eenhede botoks. Dié inspuitings word tussen verskillende spiere van jou bekkenvloer verdeel. Jou spiere ontspan, waarna ’n groot verwydingsinstrument in jou vaginale opening geplaas word. Jy word daarmee wakker en assosieer dan nie die instrument met pyn nie. Trouens, vir baie vroue is dit glad nie seer nie. Hulle voel nie eens die instrument nie!

      Hierna word jy geleer om die dilator te verwyder en self terug te plaas. Jy neem dit saam met instruksies huis toe.

      Botoks is egter nie ’n kitsoplossing nie. Al die ander behandelingsmetodes móét eers beproef word.

      DIE SIELKUNDIGE EFFEK

      As jy aan vaginisme ly, dink jy dalk jy is nie volkome vrou nie, of selfs abnormaal. Die probleem, indien onbehandeld, is ooglopend skadelik vir jou selfbeeld.

      Vaginisme is egter nie net jou probleem nie. Dit kan ’n reuse-effek op jou maat hê: Hy kan verwerp voel, en ook skuldig omdat hy seksuele behoeftes het en weet dat seks jou seermaak. Hy kan woedend wees, nie noodwendig vir jou nie, maar vir die probleem. Natuurlik kan die situasie hom ook frustreer want, nes jy, het hy seksuele behoeftes.

      Jou maat kan vrees dat jou vaginisme nie sal regkom nie, selfs dat julle nooit kinders sal kan hê nie. Hy kan dalk ook verkies om ’n ruk elders te gaan bly om só te probeer vergeet.

      Erektiele disfunksie of premature ejakulasie kan nóg ’n gevolg van vaginisme op hom wees. Of hy kan sukkel om te ejakuleer, of ’n lae libido ontwikkel.

      Vaginisme kan tot konflik tussen julle lei. Op die ou end kan julle dalk intimiteit geheel en al vermy, juis omdat dit met pyn, frustrasie en ’n gevoel van mislukking gepaardgaan. Julle hou dalk ook op om behoorlik te kommunikeer.

      Indien julle nie hulp soek nie, kan die effek op jul verhouding vernietigend wees. Daarby mag jou maat ook nie sy gevoelens van frustrasie, woede of stres ontken nie. Hy behoort dit met ’n sielkundige of seksuoloog te gaan bespreek.

      Jul stresvlakke sal begin afneem sodra jy behandeling vir jou vaginisme begin kry. Julle sal weer behoorlik kan kommunikeer en só emosioneel nader aan mekaar raak. Jou maat se seksuele disfunksie sal gewoonlik spontaan regkom en julle sal normaal seks kan hê.

      Die pad wat julle tot hier gestap het, kan selfs jul verhouding laat versterk. En jou maat sal waarskynlik ook, ten spyte van sy frustrasie, empatie met jou hê.

’n Maagdelike geboorteOnbehandelde vaginisme lei dikwels tot egskeiding. ’n Kinderlose huwelik dra baiekeer by tot die spanning.Sommige vroue wat aan vaginisme ly, raak egter wél swanger omdat penetrasie met moeite, gedeeltelike penetrasie of selfs ejakulasie tussen die labia (skaamlippe) tot swangerskap kan lei.Kunsmatige inseminasie word ook soms oorweeg, veral as die man en vrou in alle ander opsigte gelukkig is. Die gevolg kan ’n maagdelike geboorte wees.Dis egter dikwels onnodig, want vaginisme kán behandel word. Klop net aan vir hulp.

      JUL EERSTE SEKS

      Berei só voor

      Doen Kegeloefeninge (genoem na ene dr. Arnold Kegel) voor julle die eerste keer seks het om só die styfheid van jou bekkenvloerspiere te laat verdwyn: Trek die spiere saam wat jy gebruik om urien in te hou, hou dit so vir enkele sekondes en laat ontspan dit weer. Jy móét die spiere weer laat ontspan. Doen hierdie oefeninge daagliks verskeie kere ná mekaar.

      Probeer dié metode ná ’n paar dae se oefen: Doen die Kegel­oefeninge terwyl jy een vinger in jou vagina hou. ’n Smeermiddel sal help. Gebruik later twee vingers en nóg later drie. Jy sal kan voel of jy die regte spiere saamtrek en ook gewoond raak aan iets wat jou vagina penetreer.

      As jy dit nie regkry nie, probeer weer. Jy is gereed vir seks as jy drie vingers kan inhou. As jy bly sukkel, kry professionele hulp.

      DIT KAN HÝ DOEN

      Raad vir hom

      Besef dat vaginisme nie die vrou in jou lewe se skuld is nie. Haar bekkenvloerspiere trek onwillekeurig saam, sy doen dit nie doelbewus nie. Soos gesien, kan emosionele én fisieke faktore ’n rol speel.

      Wees deurentyd positief en geduldig terwyl jou maat behandel word. Ondersteun haar en moedig haar aan. Sorg dat jy presies weet watter stappe sy moet volg, dat jy die probleem verstaan. Wees aan haar sy terwyl sy behandel word.

      Moenie intimiteit afskeep nie, selfs al is penetrasie nie moontlik nie. Bevredig mekaar op ander maniere, soos deur sensuele of seksuele aanraking. As julle intimiteit heeltemal sou vermy, kan jy meer verwerp en skuldig voel en kan julle verhoudingsprobleme ontwikkel.

      Moenie druk op jou maat sit om gepenetreer te word nie.

      Vier elke stap wat julle nader aan ’n oplossing bring: Masseer haar, gee vir haar ’n klein geskenk of bederf haar met ’n spesiale ete.

      Wys vir haar dat

Скачать книгу