Скачать книгу

tion>

      

titel.jpg

      TOEKENNINGS

      1999 – Finalis in die De Kat, Human & Rousseau kort-kortverhaalkompetisie. Sy inskrywing Weersiens verskyn in die bundel Vonkfiksie.

      2000 – Die Losprys. Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramaskryfkompetisie vir beginners.

      2002 – Agter geslote deure. Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramaskryfkompetisie vir ervare skrywers.

      2005 – BreinBliksem. Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur .

      2006 – BreinBliksem. M.E.R.-prys vir jeuglektuur.

      2007 – Geraamte in die klas. M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke.

      2007 – Geraamte in die klass. ATKV-Woordveertjie.

      2007 – Onderwêreld. Silwer Sanlam-prys vir jeuglektuur.

      2008 – Slym en die gogga-sirkus. ATKV-Woordveertjies vir die teks en die illustrasies.

      2009 – Verneukkind (kortverhaal) Finalis in MML-kortverhaalkompetisie. Die verhaal verskyn in die bundel Sussie Veer is dood.

      2009 – Onderwêreld. ATKV-Woordveertjie.

      2009 – Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood. ATKV-Woordveertjie.

      2010 – Slym en die beker van geluk. 2 ATKV-Woordveertjies vir die teks en die illustrasies.

      2010 – Poenk. Naaswenner in Lapa se jeugromankompetisie. (Word in 2012 gepubliseer as Betower)

      2011 - Nova: Die Begin. ATKV-Woordveertjie

      2012 – Grilbrigade. ATKV-Woordveertjie

      1

      DAAR IS BLOED op Buyi se vuiste. En bloed op die ou voor hom se gesig. Sy naam is Jonathan. ’n Klomp leerders drom saam om hulle in die skoolgang. Jonathan lê nog op die vloer. Hy kyk op na Buyi. Sy oë uitdagend. Hy glimlag toe hy die bloed van sy oogbank wegvee.

      “Lucky shot!” sê hy.

      “You want some more then?” In ’n oogwenk speel die vuishou wat Jonathan vloer toe gestuur het, oor in Buyi kop. Die spanning in sy spiere. Knersende tande. Die oomblik toe hulle oë ontmoet. Pyn skiet deur sy vuis en blits op met sy arm toe die hou val.

      Die spul ouens en meisies om hulle is soos ’n trop hiënas, steeds honger vir meer.

      En toe kom die onderwyser.

      Daar is moeilikheid aan die broei. Buyi weet dit net. Dae lank al voel hy dit aan. Dit stoot op deur die koue, nat strate. Oral waar hy gaan, asem hy dit in: die oorvol treine van die Londen Underground, klaskamers, die koerantstalletjie op die straathoek. Dit gaan nou al vir weke so aan. En dit maak hom bang.

      Dit is laatmiddag. Vrydag. Hy vat die roltrap en uiteindelik ontsnap hy uit die bedompige ondergrondse treintonnels. Agter hom hoor hy nog ’n straatmusikant se saksofoon. Die oggendreën lê steeds op die strate. Spikkels lig van winkelvensters spieël op die nat sypaadjies, soos diamante onder die sole van verbygangers.

      Hy hoor mense se voetstappe en wonder skielik of hulle syne kan hoor. Hy wonder of hulle ooit luister, of hulle ooit omgee.

      Natuurlik nie, dis Vrydag. Hulle wil so gou moontlik by die huis kom. Grys wolke hang swaar oor die stad. Dit gaan binnekort weer reën.

      Moeilikheid, dink hy. Daar is beslis moeilikheid aan die broei.

      Die benouende vrees maak dat hy sy pas versnel. Hy soek na troos in die warmte van sy baadjie, in die bekende omgewing, die mure oortrek met graffiti. Maar die onrustigheid bly op sy hakke. Dit jag hom soos ’n dier.

      Terwyl hy loop, vang sy oog sy weerkaatsing in ’n winkelvenster. Swart gesig, kake geklem van die koue. Die sny op sy lip.

      En hy voel soos ’n vreemdeling.

      Hoekom? Hy woon nog sy hele lewe lank in Londen. Hy bly hier saam met sy ma in ’n tweeslaapkamer-woonstel bo die bakkery. Hy gaan hier na ’n staatskool toe.

      Maar op ’n manier ís hy ’n vreemdeling.

      Buyisiwe. Sy naam eggo in sy kop. ’n Vreemdeling se naam. Hoekom nie James, Chris of Peter nie? Of dan selfs Jonathan? Hoekom nie enige ander naam soos die meeste ouens in die skool nie?

      ¤

      Hy is skaars ’n blok van hulle woonstel af toe die reën in harder vlae uitsak. Hy het intussen stadiger begin loop, maar sit nou weer spoed aan. Sy klere is koud en nat toe hy uiteindelik voor die deur staan. Hy blaas sy asem hard uit, vasberade om sy vrees buite te los. Toe stap hy in, sonder om terug te kyk.

      Binne voel dit warm. Veilig.

      Hy stoot sy hoodie terug en vat die trappe na die tweede vloer.

      Skreeuende stemme klink op uit een van die woonstelle. Hy ignoreer dit soos altyd. Hulle sal een of ander tyd ophou, maar nie voordat daar ’n geklap van deure en ’n gebreek van glas is nie. Hy ken nie die mense wat om hulle bly nie. Elke nou en dan sien hy een van hulle in die portaal, op die trappe of in die gang, maar hy weet nie eens wat hulle name is nie.

      Hulle ken ook nie syne nie.

      Hulle gee nie om nie, hy ook nie.

      Sy ma is nog nie terug nie, sien Buyi toe hy die woonsteldeur oopsluit. Hy sit die TV aan op pad kombuis toe. Agter hom doof die strokiesprentklanke van Tom and Jerry die res van die wêreld uit. In die kombuis vat hy ’n paar slukke melk sommerso uit die kartonhouer. As sy ma hom nou moet sien . . .

      “How many times do I have to tell you to use a glass?”

      Dis wat sy sal sê. Hy doen dit soms net om haar kwaad te maak.

      Hy sit die melk terug, krap deur die yskas en kom af op die vorige aand se oorskiet-pizza. Die kaas het intussen verkleur na ’n onsmaaklike vaalgeel met olywe, pynappel en stukkies salami bo-oor gestrooi. Hy gril, maar sy maag skree so dat hy dit tog maar uithaal en in die mikrogolfoond druk.

      Terwyl die pizza opwarm, slenter hy terug sitkamer toe. Hy val op die bank neer en maak homself gemaklik met ’n paar kussings. Eindelose beelde flits oor die TV-skerm, maar hy gee nie eintlik aandag daaraan nie; sy gedagtes bly teruggaan na die geveg by die skool. Daardie verpeslike Jonathan verdien alles wat hy gekry het, sê Buyi vir homself en vou sy arms oor sy bors.

      “Zulu!” hoor hy nog Jonathan se stem in sy ore.

      “What are you doing here, Zulu? Why don’t you go live with your people?”

      Your people. Jou mense.

      Hierdie ís sy huis. Hy ken nie ’n ander plek nie.

      Vies verander Buyi die TV-kanaal en staan op om die pizza te gaan haal.

      Maar tog weet hy dis nie net Jonathan se woorde wat hom vandag so pla nie. Daar is iets anders: vanoggend se haastige gesprek tussen hom en sy ma.

      “Ons

Скачать книгу