Аннотация

Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op ’n lêer. Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar – haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie – kon wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy manewales te keer. Daar is egter ook soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan se fisioterapeut te wees? Belangriker nog: Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?

Аннотация

Anelia le Roux wil in haar oorlede pa se joernalis-voetspore volg. Haar nuwe werk by Nuus-Direk bied egter uitdaging op uitdaging. Sy waai op ’n winderige dag teen die navorser Leon de Hanie vas. Daar is onmiddellik ’n wilde aantrekkingskrag tussen die twee en Anelia raak gou halsoorkop verlief. Maar hoe voel hý oor háár? Intussen het Anelia ’n nare ondervinding met een van haar kollegas. Leon se geheimsinnige optrede laat haar ook wonder of hy nie iets vir haar wegsteek nie. Mettertyd ontdek Leon nuwe inligting oor Anelia se pa se sogenaamde selfdood. Dan vertel iemand haar dat Leon doelbewus die inligting aan die media verkoop het om sy eie loopbaan te bevorder. Gaan sy vir Leon ’n kans gee om sy optrede te verduidelik?

Аннотация

Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer alles nie volgens plan verloop nie. Bart Coetzee red haar telkemale uit ’n penarie. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Die feit dat hy dodelik aantreklik is, maak haar rug net nog stywer. Bart het Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. Sal hy kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir ’n toekoms saam met Bart.

Аннотация

Wanneer die jong professor Kira Trollip se buurvrou, Monique Brand, vermoor word, keer haar hele lewe onderstebo in Tot die dood ons skei. Want Kira was nog altyd verlief op Reinhard, Monique se man. En op Stellenbosch was dit geen geheim nie. Skielik is almal wantrouig en selfs Kira begin wonder of Reinhard onskuldig is. Ebbie Basson se hart is gebreek toe haar jare lange verhouding verbrokkel in Altyd die verkeerde man. Toe sy gestuur word om die bemarking van ’n nuwe gholflandgoed aan die Weskus te behartig voel sy teen haar sin aangetrokke tot die ontwikkelaar. Liam Murray het egter nie ’n wonderlike reputasie nie. Die liedjieskrywer Emma Steyn moet na ’n teleurstelling weer haar voete vind in Melktert en kaviaar. Sy aanvaar haar vriende se uitnodiging na Xander Vermeulen se wildplaas. Xander is die eienaar van ’n musiekmaatskappy en hy besef gou hoe talentvol Emma is. Maar hy is ’n moeilike man en sy is nooit seker wat hy regtig van haar dink nie.

Аннотация

Dokter Stella Swift is sedert haar tienerjare heimlik verlief op Arend Barnard. Dit blyk dat hy so min as moontlik met dié rykmanskind en haar gesin te doen wil hê. Jare later is Stella ’n gekwalifiseerde algemene praktisyn en Arend is die donkerkop narkotiseur wat steeds oorloop van ambisie. Asof hy iets het om aan die wêreld – en mense soos Stella se gesin – te bewys. Stella wil op haar eie voete staan en so gou moontlik onafhanklik van die Swift-miljoene funksioneer. Ongelukkig tref die een na die ander terugslag dan haar gesin. Haar jarelange vriend, Tiaan Rademeyer, glo dat hy en Stella bymekaar hoort. Boonop is daar ’n vasberade fisioterapeut wat haar oë én drome op Arend gevestig het. Het die noodlot net besluit die twee dokters se lewenspaaie mag nooit kruis nie, of kan hulle te midde van al die chaos en teleurstelling steeds vrede en geluk in mekaar se arms vind?

Аннотация

Aimee Harrison vlug na ’n kunstenaarsdorpie op die Franse platteland in Liefde is ’n Franse sprokie. Dit stoei in haar: Vlug sy na die plek van drome omdat sy wil wegkruip of omdat sy op soek is na iets wat sy verloor het? Dan word sy deur ’n wildvreemdeling gesoen en voor sy haar oë kan uitvee, moet sy die rol van graaf Pierre-Antoine Blanc se vrou vertolk. Maar nie almal is tevrede met die onbekende Suid-Afrikaner se teenwoordigheid in Pierre-Antoine se lewe nie. Marissa du Plessis en Theo Wessels sal ’n aantal uitdagings moet oorkom as hulle by mekaar wil wees in Tot die dood ons skei. Is dit die moeite werd om die uitdagings in die oë te kyk of sal hul lewens net eenvoudiger wees as hul paaie eerder skei? Adria Bianco werk in ’n manswêreld in Wilde rose, maar sy het groot drome en planne en sy gaan nie toelaat dat enigiets haar van stryk bring nie. Dis egter sewe jaar sedert daardie onvergeetlike aand in Boedapest en Adria besef opnuut: Die liefde vat sy eie koers.

Аннотация

In Eiland in die son begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde is nie. Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel in Señor die seerower – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland . . . In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.

Аннотация

Alana de Koker het die Kaap vir die Goudstad verruil om oor te begin. Sy wil haar aandag uitsluitlik toespits op haar nuwe werk in die trauma-eenheid. Sy móét hard en voortdurend werk, nuwe uitdagings aanvaar en bemeester: enigiets om die duiwels uit haar kop te hou. Dan hoor sy ’n bekende stem agter een van die gordyne by ongevalle. Op die bed lê die laaste persoon op aarde wat sy wou sien. Braam Smit is steeds so aantreklik op sy sorgelose manier. Na vyf jaar moet sy haarself steeds herinner om kalm te bly wanneer hy net na haar kyk. Braam is nie die man vir haar nie. Haar kop kan tog nie verkeerd wees nie? Hoekom voel dit dan of haar hart en lyf ander idees het? Dis ’n ander Alana wat nou voor Braam staan. En sy sal als in haar vermoë doen om seker te maak hy sien nie dat haar wonde steeds rou is nie.

Аннотация

Dr Lily De Angelo is counting down the days before her wedding to Owen Fisher, making sure everything is perfect. For one thing, Owen’s dad from the Cape Flats will be seated far away from Lily’s snobbish parents who keep insinuating that Owen is not good enough for their trust fund baby. And then blonde-haired, long-legged Courtney shows up with her fifteen-year-old daughter, Chiara, who could be Owen’s. Everything goes pear-shaped for Lily, including her bum, that still doesn’t fit into her wedding dress, despite hours in the gym. Courtney and Chiara move in with Lily and Owen and not only is the ex-from-hell making eyes at him, but Owen seems a bit too happy at the thought of potentially being a dad. What happened to their decision to commit to love and marriage, but not the baby carriage? Is he changing his mind about children, about her?

Аннотация

Sophia Joubert en haar skoonfamilie keer terug na die verwoeste familieplaas na afloop van die Anglo-Boereoorlog. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed. Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Daar heers onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.