Аннотация

Hulle het deur die woesteny geswerwe op soek na nuwe weiveld vir hul skaap en bees. Ná baie jare het hulle gekom in die land wat deur die Asem op die Water aan hulle gebelowe is. Maar die Vuur onder die Aarde het die versoeking oor hulle pad gebring. Hulle het ’n goue kalf gebou en hulle wette het gedwaal van dié van die Asem op die Water. Daarom het die Asem op die Water het dit laat reent en reent, sodat daar ’n groot see tussen hulle en ander volke gekom lê het. Maar toe raak die Fabelberg te klein vir al die volk. In Tertius Kapp se jongste drama bevind herkenbare vreemdelinge hulle op ’n onwaarskynlike skip. Die skeurbuik knaag, maar daar is darem nog af en toe iets om te braai, en algmampoer vir koerasie.

Аннотация

Hulle’t ’n bees gesteel by die wit man Rabie. Die bees se naam was Rooiland. Hulle’t vir Rooiland geslag en feesgevier. Hulle drink uit die horings: Kilikijan die bloed, Nongoloza die gal. Toe maak hulle ’n print van die wet op die vel. Op die vel van Rooiland. Daai’s die wet. En daai wet het even survive die dag toe die hemel en die aarde geskeur het – toe Kilikijan die klipwette stukkend gegooi het en die 27’s een pad geloop het en die 28’s ’n ander pad. ’n Tronksel. Vier gevangenes. ’n Vloeibare, ongevormde wêreld. ’n Ritueel van bloed en offergawes. ’n Alledaagse geval van tronkgeweld wolk uit tot ’n konflik oor dinge wat van universele belang is.