ТОП просматриваемых книг сайта:
Gerrit Rautenbach
Список книг автора Gerrit RautenbachАннотация
Watter soort pad is ’n hartepad? Is dit bloot ’n pad van die hart? Of het dit iets met die ware hardepad te doen? Dis ’n mengsel van albei, want reis is blootstellend. Jy ervaar die ongerief (Paul Theroux het gesê “travel is glamorous only in retrospect”), maar wanneer jy terugkom, onthou jy net die uniekheid, die mooi en betekenisvolheid van dit wat jy ervaar het. Elke verhaal in hierdie bundel is ’n reisstorie, maar vat jou nie net na mooi plekke toe nie – dit neem jou op ’n emosionele reis ook. ’n Tipe reis na bínne. Daar’s baie onthou van kleintyd se dinge, maar daar is ook stories wat ’n lagreis word sonder om ’n grap te vertel. Dit gaan nie soseer oor die liefde nie, maar beslis oor die liefde vir reis. Vir ervaar en vir die raaksien van die dieper betekenis van reis. Van jouself blootstel aan die vreemde en altyd op die uitkyk wees vir ’n storie wat besig is om rondom jou af te speel. Want elke reis word ’n storie om oor te vertel. Van Hangklip se hotel regdeur Afrika tot in Mama se kombuis in Napels.
Аннотация
Elke reis het ’n storie en elke storie is ’n reis. Want wat is ’n reis? Dis sekerlik wanneer ’n mens van A na B beweeg, ’n tog van een plek na ’n ander. Die vraag is nou net, hoe definieer ’n mens een plek en ’n ander plek? En hoe definieer ’n mens “beweeg”? Konvensioneel gesproke beweeg ’n mens met die een of ander vorm van vervoer. Van voete tot fietse tot treine tot viertrek-voertuie tot vliegtuie. Soos jy aanskuif, gebeur dinge langs die pad. Word jy blootgestel aan ander plekke, mense, sienswyses en gewoontes. ’n Magdom interessanthede. Interessanthede wat ’n storie word om te vertel. Dit verteenwoordig fisiese reise waar jy moet wýd kyk. Minder konvensioneel kan ’n mens ook sê jy beweeg aan in jou denke. Sonder om fisiek van een plek na ’n ander te beweeg, beweeg jy in jou ervaringsveld. In jou kennis van jouself, die lewe en die mensdom om jou. Kortom, solank jy lewe, reis jy. Dis ’n reis in jou kop waar jy moet skerp kyk. En dis net so ’n goeie storie om te vertel.