ТОП просматриваемых книг сайта:
Willie Esterhuyse
Список книг автора Willie EsterhuyseАннотация
Dis 1984. PW Botha is desperaat. As Nelson Mandela in die tronk sterf, gaan die land ontplof. Mandela, Prisonier 913, weet dat 'n vryheidstryd se uitkoms afhang van of daar met «die vyand» gepraat word. Kobie Coetsee, minister van justisie, weet dat 913, amptelik 'n gevaarlike gevangene, 'n belangrike leier is wat dringend vrygelaat moet word. In opdrag van Botha begin die enigmatiese Coetsee in die geheim met Mandela praat, die eerste uit die NP om dit te doen. Hulle word spanmaats in 'n ingewikkelde proses op soek na 'n skikking. Boonop sonder die kennis of toestemming van die kabinet. Skrywer en akademikus Willie Esterhuyse, self betrokke by gesprekke tussen die ANC en die NP, vertel saam met Gerhard van Niekerk die onvertelde verhaal van die onbesonge helde van die oorgang. Mense soos Adèle de Waal en Winnie Mandela. Maar veral Coetsee en Mandela, sonder wie se waagmoed daar geen skikking sou wees nie.
Аннотация
Die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en 'n paar uitgesoekte Afrikaners in die onstuimige tagtigerjare, vir die eerste keer vertel deur iemand wat self daar was: Willie Esterhuyse. Dié vertroulike gesprekke in Engeland was nie net deurslaggewend in die begin van onderhandelinge en die uiteindelike oorgang nie; dit was ook die begin van 'n onwaarskynlike, maar durende, vriendskap tussen 'n Stellenbosse professor met 'n Broederbond-agtergrond en 'n vurige jong aktivis en latere President. Merkwaardige anekdotes en 'n persoonlike aanslag gee 'n vars, soms onthutsende blik op bekende Suid-Afrikaanse leiers. Daar is ook fassinerende inligting oor geheime tronkgesprekke met Nelson Mandela, strategië vanuit PW Botha se situasiekamer, en hoe die Intelligensiediens die land van grootskaalse geweld probeer «red» het deur in die skaakspel tussen die partye in te gryp. Die skrywer gee 'n verantwoorde uiteensetting van die metode van nie-amptelike ontmoetings, waar leiers nie hul onverbiddelike openbare standpunte hoef te handhaaf nie. Hy sluit af met 'n uitgesproke en reguit analise van die stand van die Suid-Afrikaanse staat vandag.