ТОП просматриваемых книг сайта:
Ena Murray
Список книг автора Ena MurrayАннотация
Het Zonika Pierre maar liewer nie haar pa, seerowerkaptein van die Seekat, gedwing om kaptein Hercule Cordier te laat kielhaal net omdat hy haar durf beledig het nie . . . Wat ’n man kan doen, kan Zonika ook doen – selfs beter. Maar die dinge wat ’n man aan ’n vrou – en haar hart – kan doen . . . Wel, dis ’n ander storie – een wat die onskuldige seerowermeisie nog nie ken nie. En by kaptein Emile Pierre raak dit ’n obsessie om te weet wie en wat Hercule Cordier is. Watter verband het die kaptein van die Hercule met die D’Arcy-skat in Frankryk?
Аннотация
Die geheim van Hercule Cordier: Het Zonika Pierre maar liewer nie haar pa, seerowerkaptein van die Seekat, gedwing om kaptein Hercule Cordier te laat kielhaal net omdat hy haar durf beledig het nie . . . Wat ’n man kan doen, kan Zonika ook doen – selfs beter. Maar die dinge wat ’n man aan ’n vrou – en haar hart – kan doen . . . Wel, dis ’n ander storie – een wat die onskuldige seerowermeisie nog nie ken nie. En by kaptein Emile Pierre raak dit ’n obsessie om te weet wie en wat Hercule Cordier is. Watter verband het die kaptein van die Hercule met die D’Arcy-skat in Frankryk? Paspoort na gevaar: Die vurige Nicolette de Lille vlug na die Kaap van die Goeie Hoop, want sy sien nie kans om met ’n Franse laventelhaan te trou nie. Maar ’n soortgelyke dilemma wag hier op haar . . . ’n Bruid vir graaf Debussy: Jean-Paul Debussy is al dertig, die ouderdom waarop ’n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne ’n maand ’n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op ’n stormnag in ’n herberg teë. ’n Misverstand dryf hulle egter uiteen . . . Maar Simone besluit om haar man terug te wen.
Аннотация
In talle huise het Ena Murray deur die jare ’n bekende en geliefde naam geword. Wie haar boeke ken, sal weet: hier is iemand aan die woord na wie ’n mens graag luister, iemand by wie jy tuis voel. En nou, in dié hersiene, bygewerkte uitgawe (bygewerk met nuwe stukkies en gedigte uit haar boek Roosknop vir ’n engel – verse vir ’n vrou) van Ena Murray Oordenkings kom lê sy weer besoek af by haar duisende vriende – hierdie keer met ’n dwingende uitnodiging: Kom loop saam met my die pad wat die Here vir sy mense bestem het! Uit haar persoonlike omgang met die Skrif, uit haar eie ervaring met die lewe van die gees bring sy in 366 dagstukke boodskappe vir elke dag van die jaar. Sy vermaan, sy verduidelik, sy bemoedig, sy roep op tot nadenke. En dan, aan die einde van elke dagstuk, lei sy haar lesers in ’n kort, kernagtige gebed na die Troon van Genade. Ena Murray Oordenkings is ’n boek vir die private stiltetyd, ongeag die ouderdom van die leser. Dit is ook ’n boek vir die gesin wat sáám oor die dinge van God wil besin
Аннотация
In Tahiti, verre land vaar Weda Henkel as verpleegster saam met die toekomstige bruid van Louis de Bougainville op ’n luukse-passasiersboot na Tahiti – maar die liefde het vreemde weë . . .
Аннотация
In Reënboog van koraal sou Estelle nooit kon droom dat, toe sy in die dartelende Crystelle se plek na Inhaca moes vlieg om die kastaiings vir haar identiese tweelingsuster uit die vuur te gaan krap, dié paradys ook ’n slang het nie.
Аннотация
In Oos na die son word daar op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland meer as ’n paar geheime van die Polinesiërs se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . . .

En in Tahiti, verre land vaar Weda Henkel as verpleegster saam met die toekomstige bruid van Louis de Bougainville op ’n luukse-passasiersboot na Tahiti – maar die liefde het vreemde weë . . .