Скачать книгу

doel van ’n teks

      Dit is die rede waarom ’n teks geskryf word: is dit om te adverteer, om inligting te verskaf, om mense te oorreed of om mense nuuskierig te maak? Die doel van die teks bepaal die trant waarin ’n mens skryf, asook wat jou inhoud gaan wees.

      Die trant van ’n teks

      As jy skryf om te gesels, sal jy vrolik en informeel skryf. As jy skryf om vir mense inligting te gee, sal jy meer ernstig en formeel skryf.

      Feite en menings

      ’n Feit is iets wat bewys kan word en wat werklik bestaan. Dit kan getoets word met eksperimente of navorsing. As iets ’n feit is, word daar gewoonlik verwys na syfers, name, plekke en datums wat die feit ondersteun.

      ’n Mening of bewering is slegs ’n persoon se siening en kan nie bewys word nie. Let op na woorde soos ongeveer, taamlik, skynbaar, glo. Dit wys vir die leser dat die inligting nie in ’n boek nageslaan kan word nie.

      Skryf ’n dialoog en rolspeel dit.

       Julle gaan nou voorberei om ’n onderhoud met Uilspieël te voer om meer uit te vind oor sy ervarings en wat die volk van hom as Keiser kan verwag.

       Skryf die vrae neer.

       Jy moet ses tot tien vrae aan Uilspieël stel.

       Maak seker dat die vrae duidelik en verstaanbaar is.

       Stel die vrae so dat hy nie net ja of nee moet antwoord nie.

       Die onderhoud moet in dialoogvorm geskryf word. Blaai na Aktiwiteit 1 om seker te maak hoe teks in dialoogvorm lyk.

       Die spreker (vraesteller) se naam verskyn, daarna ’n dubbelpunt en daarna volg die vraag.

       Die vraag word nie tussen aanhalingstekens geskryf nie.

       Die persoon wat die antwoorde in die rolspel moet gee, moet die antwoorde op dieselfde manier neerskryf.

       Maak seker dat die vraag volledig beantwoord word.

       Handig ’n skriftelike weergawe van jou dialoog in wat jou onderwyser formeel saam met jou mondelinge aanbieding kan assesseer. Maak gebruik van die stappe van prosesskryf wanneer jy jou dialoog skryf.

       Jou onderhoud/dialoog moet 1 bladsy lank wees.

       Wanneer julle die dialoog rolspeel, moet dit 4-6 minute duur.

star.png

      Formele assessering

      Jou onderwyser kan jou rolspel en dialoog formeel assesseer.

27422.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n eenbedryf in die groep rollees

       ’n toneel skryf

       mekaar se eenbedrywe lees

       ’n toneel rolspeel

       ’n gedig lees en tersefdertyd jou leesspoed verbeter.

      Rollees ’n eenbedryf.

      Rollees die toneel “Yslik baie oeslak” deur De Waal Venter, wat in die Piekfyn Afrikaans Leesboek verskyn, in julle groepe. Een van die groeplede moet die toneelaanwysings (dele in skuinsdruk) lees sodat julle die toneel kan visualiseer. Beantwoord dan die vrae.

      Skryf ’n toneel en voer dit op.

      Mongmoennet kom van die planeet Skosju. Skryf nou ’n toneel oor gebeure wat op Skosju afgespeel het net vóór Mong na die aarde vertrek het of net ná Mong die oeslak gekry en na Skosju teruggeneem het. Onthou om op die volgende te let:

       Jy moet vooraf die karakters en die toneel beskryf.

       Let op hoe die toneel geskryf word: waar die karakters se name staan, en hoe die toneelaanwysings aangedui word.

       Die toneel moet ten minste 1 bladsy lank wees. Dit kan langer ook wees.

       Maak gebruik van die stappe van prosesskryf.

      Elke groep kom bymekaar en lees mekaar se eenbedrywe. Besluit wie se toneel die interessantste is en rolspeel dit aan die klas.

      Geniet ’n gedig.

      Lees die gedig “Die spook” deur Johan Bekker op bladsy 68 in die Piekfyn Afrikaans Leesboek en beantwoord die vrae.

      Verbeter jou leesspoed.

      Julle moet deur middel van herhaalde lees julle leesspoed probeer verbeter. Maats werk saam. Elkeen kry ’n beurt om die gedig te lees, terwyl jou maat kyk hoe lank dit jou neem. Herhaal dit en kyk of jou leesspoed verbeter het. Ruil om en laat jou maat weer lees terwyl jy sy/haar leesspoed meet.

module_header4.jpg

      Almal streef daarna om fiks te wees, veilig te voel en uiteindelik ’n vreedsame bestaan te voer. Om fiks en gesond te wees, moet jy oefen en reg eet. Deel van veilig wees is byvoorbeeld om uit die pad van aankomende verkeer te bly. Daarvoor moet jou brein flink wees en moet jy genoeg slaap kry. Maar hoe gemaak as jy vreedsaam wil wees?

      Ons begin die module met ’n luisterbegrip en twee gedigte wat baie uiteenlopend is. Jy kry ook die kans om ’n gedig vir hardoplees voor te berei.

      Jy kry heelwat kans om te praat: in groepbesprekings en ook ’n paneelbespreking. Hierdie inligting gaan jy gebruik om twee aaneenskakelende paragrawe te skryf.

      Wat taalstrukture en -konvensies betref, bekyk ons die werkwoord in al sy fasette, die deelwoord en die voegwoord.

      “Vreedsaam” is somtyds oëverblindery. Jy ontleed die karaktereienskappe van Hlaulu in die volksverhaal “Hlaulu en die bosdier” wat in die Piekfyn Afrikaans Leesboek verskyn. Geniet die module!

20302.jpg 18721.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       na ’n koerantberig luister en vrae daaroor beantwoord.

      Luisterbegrip

      Bestudeer die onderstaande vrae voordat jou onderwyser die teks aan julle voorlees.

      Let op na die volgende:

       Die luisterteks word een keer aan die klas voorgelees sodat jy ’n geheelbeeld van die inhoud kan kry. Jy mag geen aantekeninge maak nie.

       Daarna gaan die onderwyser die vrae saam met die klas deurlees. Die vrae gaan jou help om vas te stel wat belangrik is, sodat jy weet waarna jy moet oplet as die luisterteks vir ’n tweede maal voorgelees word. Jy mag nog steeds geen aantekeninge maak nie.

       Wanneer die onderwyser die luisterteks vir ’n tweede maal voorlees, mag jy aantekeninge op ’n aparte stuk papier maak.

       Hierna moet jy die vrae skriftelik beantwoord. Dit sal deur jou onderwyser geassesseer word.

      Vrae

Скачать книгу