Аннотация

Die subtitel “artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan” dui reeds op die belangrikste temas in Breytenbach se nuwe bundel: afskeid, verganklikheid, die dood. Maar tog is daar ook, soos altyd, gedigte wat ’n viering is van die lewe en van die liefde. Katalekte vorm ’n drieluik met sy vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Soos voorheen, gedigte wat aards is én liries, sintuiglik én abstrak, eenvoudig én kompleks, onthutsend én teer. En steeds, die assosiasie van letsels, oorblyfsels, flardes, van onvolledigheid. En uiteindelik, ’n oorgang na “die bevryding van onsigbaarheid”.Die boek sluit 20 afbeeldings in kleur in, van pampoen tot nar: ’n integrale deel van die teks.

Аннотация

’n Verbeeldingryke speurroman of ’n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak. Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot. Die ontrafeling van die moord op Aga se ma, Rosalie Schwarzbraun, en op die olfaktoriese wetenskaplike Boas Birkenbaum, haar biologiese pa, geskied boonop met die hulp van Claude, die rowwejack mechanic-buurman wat nooit op sy mond geval is nie. Die intrige spin vinnig ‘n web wat selfs die Chinese Mafia insluit en beweeg van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria. Ongewoon en boeiend. ‘n Vaardige skrywer met ‘n goeie oog, ‘n heerlike sin vir humor en fyn taalhantering. Die karakters is interessant en die storie is verleidelik.– Hettie Scholtz ’n Vars bries tussen die hedendaagse misdaadverhale en rillers. Hier is ’n uitstekende storieverteller aan die woord. Dis ’n “annerlike” roman wat in menige opsig ’n leesplesier is en ten spyte van sy ligte aanslag nie sonder diepte is nie, versteek soos dit mag lyk.– Linda RodeDit is die soort boek wat lesers gaan boei vanweë ’n hele spektrum van kleurvolle karakters en ’n interessante intrige. Die vertelstyl is lewendig, oorspronklik en veral onderhoudend.– Louise Viljoen

Аннотация

Buyi kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. ’n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy volgende prooi . . . Hoe gaan die avontuurlike André en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook dié in hy hart, verwerk?

Аннотация

Die derde omnibus in Louise Prinsloo se gewilde spookstories in die Gedaantes en Geraamtes-reeks. Die titels in hierdie omnibus is: Spookhuis by die see, Skimme van gister en Duiwel-in-die-bos – lg. ’n splinternuwe verhaal wat nog nie voorheen verskyn het nie. Die teks van die eerste twee stories is ten volle hersien en lesers behoort van nuuts af aan die drie vriende, Wikus, Karel en Giepie se lekker grillerige spookavonture te geniet

Аннотация

Man van Gister is ’n plaasroman wat afspeel teen die agtergrond van die Oos-Vrystaat. Twee pare jongmense, Peet en Maryn en Eugene en Elsje hoop op ’n idilliese vakansie op Damplaas voordat die viertal uitmekaar gaan, maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak, is daar diep emosionele onderstrome. Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles, ’n Bruid vir vier Seisoene en Huwelik in die Herfs. In ’n Bruid vir vier Seisoene gaan Sanet Bornman in Venesië vakansie hou. Dis daar dat sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. In Huwelik in die Herfs moet Amara oor verskeie huweliksaanbiedinge dink … In Uur van die Sewester kom Clara, ’n pottebakker, tuis na haar omswerwinge in Italië. Sy ontdek dat daar vreemde dinge aan die gang is in die Oos-Vrystaatse berge – dwelm- en wapensmokkelary. Helene de Kock kyk met deernis na haar karakters. Vier ontroerende verhale wat aan die leser genot sal verskaf tot op die laaste bladsy

Аннотация

A translation of the Afrikaans novel Roepman, done by Elsa Silke. Both funny and terrible, magical and grimly realistic, this is a coming of age novel about a young boy living in a railway settlement in Durban in the mid-sixties. Its narrator, thirteen-year-old Timus, is part of a large family who struggles to make ends meet, and where the father’s obsession with the church has distressing consequences. As youngest member of the family, he is cocooned in his own world and lags behind his peer group when it comes to the sweet and dark things in life. Although the life he observes around him is often sad and disturbing, the narration is suffused with a sense of wonder and has an emotional resonance that touches the reader’s heart. From reviews of the Afrikaans edition: “Roepman is a great South African novel.” – David Williams on Litnet“an absorbing reading experience . . . it entertains and shocks” – Willie Burger in Beeld“enjoyable and disturbing . . . a bittersweet reading experience” – Philip John in Die Burger“Van Tonder is a master of subtlety and suggestion” – Joan Hambidge in Die Volksblad

Аннотация

Meegevoer deur hulle jong liefde gee Debbie en Paul hulself oor aan hulle hartsog en verwoes so amper hulle jong lewens in Groen Koring. Paul is ’n rykmanskind en slim en het dit nog altyd maklik gehad en Debbie is skaars agttien. Maar hy sweer trou aan Debbie en belowe haar dat hy na haar sal terugkom wanneer hy klaar is met sy studies. Maar die lewe werk nie altyd na mens se sin uit nie. Wanneer Debbie ’n kindjie verwag weier sy om ’n meulsteen om Paul se nek te wees. Paul en Debbie moet eers ouer en wyser word voor hulle geluk kan vind.In Die goue gerf bepaal die pragtige Elizabeth Bornman haar by haar mediese studies. Sy moes as kind met die vernedering saamleef dat sy ’n aangenome en dus heel moontlik ’n buitegtelike kind is en nou het sy haar voorgeneem om na haarself om te sien. Die man wat haar verower sal iemand moet wees na wie sy werklik kan opsien. Ryk Malan vind Elizabeth onweerstaanbaar, maar hoe moet ’n warmbloedige man met so ’n ysprinses maak? Wanneer Elizabeth na haar werklike ouers begin soek raak sy met die Hugo’s bevriend, min wetend waar sy uiteindelik haar antwoorde gaan vind.

Аннотация

Wat gaan in Kamer 13 aan? En hoekom is dit net Bennie wat voel iets is nie reg nie? Wat sal sy ma sê as sy uitvind van die swelsel op sy rug en hoekom is Klitser, sy hond, skielik so anders teenoor hom? En dan is daar die stem in sy kop wat hom snaakse dinge laat doen.

Аннотация

Wat is dit wat Tiaan deur die venster in die bos gesien het en watter geheime hou die muwwe ou huis van hulle eksentrieke tante in? En wat gaan skielik met Rolf aan? Hulle is nou wel ’n tweeling, maar dit beteken nie dat hulle dinge dieselfde ervaar nie – veral as hulle begin agterkom iets in die huis en die donker woud is nie pluis nie. Hoe nader hulle daaraan kom om die geheim te ontrafel, hoe gevaarliker word dit . . . totdat een van hulle se lewe op die spel is.

Аннотация

Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap. Om stories oor helde te skryf is moeilik. Om die weggesteekte mense onvergeetlik te maak is moeiliker, daarom is Dana se stories so onvergeetlik. Daaroor, en omdat die mense in sy stories van ver af kom. Hulle ry Valiants en weet nog van Uncle Charlie’s, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommuniste. Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en oom Jorrie en so aan. Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Party emigreer. Ander bly, hulle kyk sport en reis en kom mense teë. Elke nou en dan sien mens ‘n reënboog. “Ek is eintlik ’n baie gewone ou. Rustig. Daar is nie probleme nie. Op die toneel.” Nota: Dana het onlangs vir hom ’n 1973-Valiant aangeskaf. So ’n bruine.