Аннотация

Joshua Gumbo, 'n lid van die Lucky Thirteen-sindikaat in Johannesburg, skiet Sonja Griessel se ouers per abuis wanneer hy Sonja se 4x4 probeer kaap. In die proses struikel sy uit die voertuig en plant 'n soen op haar kaper se mond. Die dood van haar ouers traumatiseer Sonja dermate dat sy al haar besittings oppak en padgee na die Kaap, waar sy haar voete weer wil vind. Joshua, wat glo dat die soen hom van sy mojo beroof het, vat haar spoor. Hy probeer sy tanende mojo aanvul deur die moord op meer as 34 mense wat hy van geen kant af ken nie. Bedags die toonbeeld van eerbaarheid, saans die bringer van die dood. Sonja vestig haar in Pringlebaai, waar sy met die hulp van 'n baie beroemde decon-argitek vir haar 'n nuwe huis in Bettysbaai beplan. Tussendeur maak sy kennis met onbetroubare prokureurs, eiendomsagente, boukontrakteurs, vertrouenswendelaars, charismatiese kerkleiers, swartbemagtigingsaktiviste en ’n Afrikaanse literêre biograaf.Deur die reinste van toevalle spoor Joshua eindelik vir Sonja op, en hul paaie is bestem om vir oulaas te kruis – by die geselligheid waaraan die boek sy titel te danke het.Kerneels Breytenbach se eerste roman in agtien jaar, iets wat hy beskryf as “’n speurverhaal sonder ’n speurder”, is ’n stilistiese kragtoer wat lesers lank sal bybly.

Аннотация

Fleur de Villiers is nie ’n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pel Maurice Kumalo haar vra om ’n biografie oor die Springbok-rugbykaptein Katstert Nel te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Haar voorliefdes in die lewe behels eerder fynere dinge, soos ondersoekende joernalistiek, goeie kos en wyn. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in die jaar 2025? 'n Verrassende, hoogs vermaaklike roman.

Аннотация

’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ’n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wêreldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ’n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie . . .