Аннотация

Hier is nog sowat 100 nuwe, oorspronklike grappe vir laerskoolkinders, volgens die wenresep van die eerste titel (Hoe meer haas, hoe minder wortels, 2014), en volgens onderwerpe bymekaar geplaas. Vermaak jou vriende met tongknopers, skater oor sport- en dieregrappe, lag julle slap vir eksamenflaters en kielie julle lagspiere met klop-klop grappe. Maja Sereda se lyntekeninge in swart en wit bring die humor nog verder uit.

Аннотация

Wat gebeur as jy vir ‘n sywurm ‘n grap vertel? Hy lag hom ‘n papie! Lees hierdie boek en vermaak jou vriende met die snaaksste grappe, tongknopers en raaisels wat jy nog ooit gehoor het. Wil jy weet of olifante goeie tafelmaniere het? Of watter sport haaie graag speel? Het jy al ooit gewonder van watter soort musiek konyne hou? Jy sal skaterlag wanneer jy uitvind.