Аннотация

“Daar is liefde en begrip in sy grys oë, en sonder ’n woord lig sy haar gesig na syne.” ’n Ruiker in die herfs: Paul Wagner was Margaret se eerste liefde, maar elkeen is met iemand anders getroud. Jare later is albei van hulle weer alleen. Het Paul haar nog lief of speel Magda Jooste nou ’n belangriker rol in sy lewe? Vakansie op Kromrivier: Niek Jordaan nooi vir Anna Pauw saam na Kromrivier en daar leer sy hom beter ken. Nou wonder sy: Is Niek nog lief vir Coralie, sy eks-verloofde, en hoekom het hy Anna saamgebring vir die vakansie? Die nimmer-nimmer-berge: Sarie de Klerk moet ná haar ma se dood na hul plaas terugkeer om vir haar pa en broer te kom huishou. Sy voel vasgevang in haar eensame bestaan, totdat die buurplaas ’n nuwe eienaar kry . . . Ons ken almal vir Hermina: Hermina Greef moet ’n onderhoud voer met die beroemde skrywer Paul Walters. Maar Paul is sku vir publisiteit. Hermina beraam ’n slinkse plan om met hom kennis te maak, maar dan vang slim sy baas.

Аннотация

In Minnaar uit die vreemde moet Aletta Vosloo met haar twee susters, Susan en Betsie, die plaas Tiervlei behartig. Die mede-erfgenaam, dr. Frans Naudé, is in Amerika en hy wil nie terugkom of ’n beslissing gee oor die verkoop van die plaas nie, ten spyte van baie aanloklike aanbiedinge. Skuil daar vreemde motiewe agter die hoë aanbiedinge? Aletta moet van die voorman ontslae raak, maar dit lyk of die nuwe voorman, Jim Muller, die bestuur oor die plaas wil oorneem. Intussen is die dorpsprokureur, Gawie Pretorius, smoorverlief op Aletta. Hierdie situasie hanteer Tryna du Toit met die vernuf wat al haar boeke kenmerk.

Аннотация

Laat somer: Agt jaar na haar egskeiding trek Elizabeth Meyer terug na die stad om ’n nuwe lewe as lektrise te begin. Saam met haar gaan die familie: haar seun, Buks, haar mooi, maar koppige stiefsuster Esmé, die trotse ouma Louw, Elsa en Katy. Min het hulle geweet wat in die stad op hulle wag met onder andere snobistiese bure en ’n lastige snydokter-buurman. Elizabeth moet ’n duur prys betaal vir haar gemoedsrus, maar dan vind sy ook die geluk wat sy nie gedink het meer vir haar beskore is nie.

Аннотация

Tryna du Toit se tiende omnibus bevat twee immergewilde liefdesverhale. Minnaar uit die vreemde: Aletta Vosloo moet met haar twee susters, Susan en Betsie, die plaas Tiervlei bestuur. Die mede-erfgenaam, dr. Frans Naudé, is in Amerika en hy wil nie terugkom of ’n beslissing gee oor die verkoop van die plaas nie, ten spyte van baie aanloklike aanbiedinge. Skuil daar vreemde motiewe agter die hoë aanbiedinge? Laat somer: Agt jaar ná haar egskeiding trek Elizabeth Meyer terug na die stad om ’n nuwe lewe as lektrise te begin. Saam met haar gaan die familie: haar seun, Buks, haar mooi, maar koppige stiefsuster Esme, die trotse ouma Louw, Elsa en Katy. Min het hulle geweet wat in die stad op hulle wag met onder andere snobistiese bure en ’n lastige snydokter-buurman. Elizabeth moet ’n duur prys betaal vir haar gemoedsrus, maar dan vind sy ook die geluk wat sy nie gedink het meer vir haar beskore is nie.

Аннотация

Agter die berge: Ná ’n skeiding van vyf jaar ontmoet Veronica Eybers weer haar gewese man by ’n kunsuitstalling. Ou emosies en ideale herleef en sy begin haar jarelange kokon van afsydigheid af te skud – maar om uitdagings te aanvaar en meer skeppend te leef, kos durf.

Аннотация

Die erfgename van La Provence: Nà ’n lang en gevaarlike seereis kom Mathilda Jourdan en haar sestienjarige broer, Pierre, in Februarie 1752 met ’n seilskip in Tafelbaai aan. Sy koester groot verwagtings, maar hoe moes sy weet dat die brief wat sy uit Europa aangestuur het haar onbekende oom Joachim nooit bereik het nie; dat die hooghartige jong man wat die eerste dag tot haar redding kom, haar oom se stiefseun is; dat haar enigste kennis in die Kaap, Eugène Leendert, nie te vertrou is nie?

Аннотация

Agter die berge: Ná ’n skeiding van vyf jaar ontmoet Veronica Eybers wees haar gewese man by ’n kunsuitstalling. Ou emosies en ideale herleef en sy begin jarelange kokon van afsydigheid af te skud – maar om uitdagings te aanvaar en meer skeppend te leef, kos durf.
Die erfgenaam van La Provence: Ná ’n lang en gevaarlike seereis kom Mathilda Jourdan en haar sestienjarige broer, Pierre, in Februarie 1752 met ’n seilskip in Tafelbaai aan. Sy koester groot verwagtings, maar hoe moes sy weet dat die brief wat sy uit Europa aangestuur het haar onbekende oom Joachim nooit bereik het nie; dat die hooghartige jong man wat die eerste dag tot haar redding kom, haar oom se stiefseun is; dat haar enigste kennis in die Kaap, Eugène Leendert, nie te vertrou is nie.

Аннотация

In Die goue gerf bepaal die pragtige Elizabeth Bornman haar by haar mediese studies. Sy moes as kind met die vernedering saamleef dat sy ’n aangenome en dus heel moontlik ’n buitegtelike kind is en nou het sy haar voorgeneem om na haarself om te sien. Die man wat haar verower sal iemand moet wees na wie sy werklik kan opsien. Ryk Malan vind Elizabeth onweerstaanbaar, maar hoe moet ’n warmbloedige man met so ’n ysprinses maak? Wanneer Elizabeth na haar werklike ouers begin soek raak sy met die Hugo’s bevriend, min wetend waar sy uiteindelik haar antwoorde gaan vind.

Аннотация

Op ’n deftige troue sien Tina Louw weer vir Philip Serfontein, ’n jeugvriend, maar haar hart behoort aan Hein Venter wat op skei staan. ’n Week voor die egskeiding finaal sou word, beland Hein se vrou, Lalie, egter in ’n ongeluk en word die egskeiding uitgestel. Dan is daar ’n selfmoordpoging en krisis volg op krisis. Uiteindelik is dit ’n pot rooi malvas wat ’n verrassende wending bring.

Аннотация

Vir Cathy is die wit ringmuur om die geskiedkundige opstal ’n simbool van haar beskermde lewe. Sy wil wegbreek, haar eie paadjie loop en die lewe daarbuite ervaar. Wanneer sy haar verlowing met Andries Louw verbreek, besef sy dat die einde van ’n hoofstuk aangebreek het. Anderkant die ringmuur wag die wye wêreld, wink die toekoms. Nooit het sy kon droom dat sy sou wil terugkeer na die beskerming van die ringmuur nie.