Аннотация

How do stories begin, and why? What are the conditions for writing fiction? Need, compulsion, a listener, opportunity, rhetoric. . . In The Snow Sleeper, the art and meaning of storytelling is illuminated in four magically interwoven tales of friendship. In each, a narrator's narrow vision is gradually broadened and transformed into piercing self-knowledge. The characters are linked each to the other in strange, recurring loops, drawing the reader into the depths of a beautiful snowstorm.

Аннотация

Nomaprys vir publikasies in Afrika (1995), CNA-prys (1995), M-Net-prys (1995). Triomf is 'n boek vir die groot lag én die groot huil. Een wat jou pak, jou laat gru, jou betower. 'n Storie wat jou laat met dié verwondering: dat soveel grasie kan kom uit so 'n geneuk. “‘Die inwoners van Martha Straat 127 is ’n kombinasie van dié wat ek elke dag op straat sien. Dié mense en armoede is oral in ons groot stede. Jy hoef net op ’n Saterdag by ’n drankwinkel in ’n minder gegoede buurt in te stap om mense te sien wat sukkel en swaarkry.’ “Die boodskap wat sy in haar boek wil oordra, is dat ryk en arm mense dieselfde emosies ervaar en dat hul worsteling daarmee ewe intens is. ‘’n Mens se hart bly dieselfde, ongeag sy omstandighede. Selfs die versukkeldes kan liefhê, sensueel wees, ontroer en vergewe, eienskappe wat die hoër middelklasse dikwels vir hulself toe-eien.’

Аннотация

Die lotgevalle op die plaas Grootmoedersdrift ontvou deur ’n reeks lewensbepalende verskuiwings van mag en behoefte tussen vier intiem verbonde mense. Milla Redelinghuys, idealistiese erfgenaam van die familieplaas, word op gruwelike wyse ontnugter in haar huwelik met MooiJak de Wet. Agaat Lourier, vir wie Milla met ’n streng en liefdevolle hand opgevoed het tot huishoudster en kinderoppasser, beheer die mense en die boerdery op toenemend tirannieke wyse. Jak herken homself oor die jare met stygende verontwaardiging, as die slagoffer van niksontsiende manipulasie deur die twee vroue van die huis. En Jakkie, hulle enigste seun, verlaat uiteindelik die land as politieke vlugteling om in Kanada heenkome te soek en homself as etnomusikoloog te bekwaam. Hierdie geskiedenis word onthul terwyl Milla – verlam en van spraak ontneem deur motorneuronsiekte – versorg word deur ’n diep bedroefde en wraaksugtige Agaat, nou in haar middeljare.
In Agaat – ’n teer en oorrompelende roman oor plaasvroue, in nood aangewese op mekaar – gee Marlene van Niekerk ’n ontstemmende blik op ’n halfeeu se Afrikaanse landskap, soos gekenmerk deur ontwrigte, verminkte menslikheid maar ook deur nooitaflatende hoop.
Die uitsterste grensgebiede van intimiteit word verken. Hoe word daar afskeid geneem en gesterwe? Deur watter soort genade? Wat is die ware aard van wat mens so maklik “liefde” en “sorg” noem?

Аннотация

Hoe ontstaan stories, en waarom? Dít is die vrae wat die skeppende skrywer besig hou. Wat is die voorwaarde vir die skryf van fiksie? Nood, dwang, ’n luisteraar, ’n geleentheid, ’n retoriek. In Die sneeuslaper word die betekenis van die vertelkuns op magiese wyse deur vier verweefde verhale oor vriendskap vergestalt. Dit is die aanvanklike gebrek aan begrip vir ’n vriend of medemens wat aangrypend deur die spreker in elke verhaal onthul word (nie sonder humor nie), en wat uiteindelik ’n loutering teweegbring – in verteller én leser.“Die swanefluisteraar – ’n intreerede”: ’n Dosent in kreatiewe skryfwerk kom haar moses teë in ’n buitengewone student (“van wie ek alles geleer het wat ’n skrywer moet wéés …”).“Die slagwerker – ’n grafrede”: Die aard van vriendskap ontvou wanneer die vriend van ’n gestorwe outeur roubeklaers toespreek op sy begrafnis. “Die sneeuslaper – ’n veldwerkverslag”: ’n Veldwerker wat meedoen aan ’n ondersoek na haweloses misreken haar met ’n wel ter tale boemelaar. (“Ek sal my sneeustorie mooi vir u verpak. Die verpakking is alles, nie waar nie?”)“Die vriend – ’n lesing”: Die vriendin van ’n fotograaf bely haar skuld aan die tragiese verloop van hulle verhouding. (“Dit was ek wat moes oopgaan…”)Hierdie eksentrieke karakters is almal alter ego’s saamgebind in ’n strange loop wat ook die leser intrek in sy kinkels.